Ma se slim plan dat kinders groente wil eet

Foto: Jane Stine/Facebook

ʼn Mens moet soms kreatief raak met idees om seker te maak jou kinders eet gesond!

Jane Stine, ʼn ma met kinders, het ʼn baie slim plan op Facebook gedeel hoe om haar kinders te kry om groente te eet.

In ʼn plasing op Facebook het sy ʼn foto van ʼn Winnie the Pooh-plakker op ʼn groot botterskorsie en haar geniale plan verduidelik.

“Hier is een van my beste ouerskapwenke. Kinders soek mos altyd Paw Patrol-jogurt of Disney-wafels. Vat jou eie plakkers winkel toe en begin plak!” skryf sy. “Vandag geniet ons Winnie the Pooh-handelsmerk spaghetti-botterskorsie. Dit is heerlik saam met Toy Story-broccoli.”

Here’s my best parenting hack. You know how kids always want Paw Patrol yogurt or Disney waffles or whatever? Bring your…

Posted by Jane Stine on Monday, March 2, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gawie ·

Baie slim!
Vertel vir die kinders dat Juffrou by die skool gesê het hulle moet groente eet. Kinders glo mos alles wat Juffrou sê, maak nie saak wat Mamma sê nie!

Patch ·

Baie slim! Wens ek het daaraan gedink toe my twee seuns nog klein was. Nou is hulle twee groot lummels van 19 en 23 maar gelukkig baie lief vir groente. Popeye kos so saam met die gym en rugby….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.