Ma se slim plan om telkens ‘n perfekte stukkie koek te sny

Skermgreep uit die video wat op TikTok gedeel is

As jy al ooit gevra is om ʼn koek by ʼn partytjie of enige ander spesiale geleentheid te sny, sal jy weet hoe groot verantwoordelikheid dit kan wees – veral as almal presies dieselfde grootte porsie wil hê.

Boonop kan die koek uitmekaar val as jy die mes nie presies regop hou nie of as jy dalk linkshandig is, kan jy die koek teen ʼn “verkeerde” hoek sny.

Dié ma het egter met ʼn vindingryke plan vorendag gekom om die takie sommer baie maklik te maak – en dit is reeds meer as 5 miljoen keer op die sosialemediawebwerf TikTok gekyk.

In plaas daarvan om ʼn mes te gebruik, gebruik die vrou ʼn kostang. Sy draai die tang om en gebruik die hoekkant om ʼn perfekte driehoek te sny. Dan gebruik sy die tang om die stukkie koek ook uit te lig – sonder dat dit mors of uitmekaar val.

“Geniaal!” het iemand in die kommentaarblokkie geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kerneels ·

Sjoe, dis ‘n magtige stuk koek wat sy so afsny! ‘n Regte Obelix porsie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.