Ma se slim plan toe tandemuis sy afspraak misloop

ʼn Ma wat vergeet het om geld van die tandemuis onder haar dogter se kussing te plaas, het op sosiale media laat weet hoe sy die probleem opgelos het, en ander ouers is dol daaroor.

Sabrina Anna het ʼn brief namens die karaktertjie geskryf waar die tandemuis haar dogter Avery om verskoning vra dat hy so laat is.

Sabrina het die oulike briefie op sosiale media gedeel waar ander ouers haar geloof het vir die plan.

“Liewe Avery, dankie vir jou mooi tandjie,” begin die briefie. “Ek is so jammer ek is laat! Ek het gisteraand in ʼn taai spinnerak vasgesit en toe ek myself uiteindelik losgewikkel het, was dit reeds byna sonop. Ek moet voor sonop reeds terug wees in feetjieland. Ek wens ek was vroeër hier vir jou vierde tand, maar ek is baie trots daarop dat jy so geduldig gewag het!”

Sy het ʼn foto van die briefie op Twitter gedeel en geskryf: “Wanneer mens vergeet om die tandemuis te wees … #parentingfail”

Ander ouers het dadelik reageer. “Dit is soooo oulik!” het een geskryf. “Hierdie lyk soos ʼn #parentingwin vir my!” skryf ʼn ander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nozi ·

Te sweet. Ek is dood seker dat Avery die tandemuis sommer dadelik vergewe het.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Oulik! Selfs ek sou nie beter kon doen nie…

Mariska ·

Ek het altyd drome gedroom oor wat die tandemuis met almal se tande bou.. toe my seun een keer sy tand verloor het voor ons dit vir die tandemuis kon los, was daar baie krokodil trane. Ek het ek hom toe gehelp om ‘n brief te skryf en vir die muis mooi te verduidelik wat gebeur het. En sowaar! Die volgende oggend was daar sowaar ‘n geldjie én ‘n brief van die gawe tandemuis wat gesê het hy verstaan heeltemal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.