Ma se slim truuk om kleuter tevrede te hou

Fuki Sato (Foto: Neji Sato/Twitter)

Dié ma het ʼn slim plan beraam om seker te maak haar kleuter bly tevrede – selfs al sou sy vinnig uit die vertrek wou verdwyn.

Fuki Sato van Japan word geloof vir haar plan om te verhoed dat haar kleuterseuntjie begin huil.

“Dis moeilik, want my eenjarige huil sodra hy nie meer sy ma kan sien nie,” het Neji Sato, Fuki se man, op Twitter gesê.

Fuki het ʼn lewensgrootte kartonuitknipsel van haarself laat maak en los dit nou in die vertrek sodat haar kleuter kan dink sy is nog steeds daar.

Die egpaar het verskillende kartonuitknipsels van Fuki laat maak – een waar sy regop staan en ʼn ander waar sy byvoorbeeld kniel.

Neji het gesê dit duur gewoonlik 20 minute voor hul seuntjie agterkom dis nie regtig sy ma nie. Hy het ook ‘n video gedeel om te wys hoe die ma stilletjies verdwyn en haar “plaasvervanger” sy doel dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

A Mac ·

Baie oulike idee. Dan sit jy nog ‘n stukkie musiekie by wat soos Stukkie van der Merwe klink (grappie).

Grapgat ·

En as mens die karton uitknipsel om draai dan staan die Boogieman daar… vir wanneer hy stout is.

Nettie ·

Ag nee, dit is nou plein stoutgeit van daardie kind. Genade, watter vrou, in die hedendaagse lewe, het vandag tyd om 100% van haar tyd aan haar kind te spandeer en 100% by te wees die hele tyd? Kinders moet mos leer om hulself te vermaak ook.

Anna-Maria Flanegan ·

Nettie, ek glo nie ‘n eenjarige kind sal aspris stout wees nie. Eerder nog onseker en nodig nog sy ma. So ‘n klein kind kan nooit genoeg liefde kry nie….. Die kind is maar 12 mnde oud en moet nog baie dinge leer en verstaan. Ja, daar kom wel tyd vir dissipline, maar een jaar is nog bietjie baie klein volgens my.

Michelle ·

Baie goeie.
Jammer ek het nie daarin gedink 30 jaar terug nie.
My dogter was en is nogsteeds baie ma-vas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.