Ma se slim wenk om skoene te koop – sonder die kinders

skool-skoolskoene-onderwys

(Argieffoto)

ʼn Ma van Australië het op sosiale media ʼn wenk gedeel hoe sy skoene vir haar kinders kan koop, wat hulle elke keer perfek pas, sonder dat sy hulle hoef saam te sleep op die uitmergelende inkopietog.

Dis gewoonlik moeilik genoeg om saam met jou kinders inkopies te doen, maar om hulle boonop te oorreed om kort-kort diksool leerskoene aan te pas – wat langer as net ʼn paar maande sal hou – is soms ʼn onmoontlike saak.

Nou kan jy van al dié uitdagings vergeet, danksy die ma se eenvoudige wenk, berig die Daily Star.

Die ma het verduidelik dat sy karton-patrone gebruik van haar kinders se voete. Sy gebruik dan dié patrone om te kyk of die skoene sal pas. Sy laat haar kinders op die karton staan en trek dan met ʼn pen die buitelyne van hul voete. Sodra sy dit uitgeknip het, is sy gereed vir haar inkopietog.

Duisende ouers het haar plasing op Facebook geloof en gesê hulle gaan beslis dié tegniek probeer.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Androclus ·

Jy moet natuurlik seker die karton dan in die skoen steek om seker te maak dat die skoen die regte grootte is.

Racheltjie Debeer ·

Hopelik maak sy patrone van albei voete. My voete is nie dieselfde grootte nie, so ek moet maar aanpas.

Mel84 ·

Swartbees, jy sal verbaas wees om te sien dat jou voete ook nie ewe groot is nie. Soms pas ‘n skoen aan een voet nie die ander. Ek bv MOET ‘n skoen aan my linkervoet pas, want hy is effens effens groter as my regtervoet. Dis heeltemal normaal….

Anoniem ·

Stem, elke mens se voetgrootte verskil. Die een is groter as die ander een.

AH ·

Ek het dit al 30 jaar gelede gedoen om vir my kleuters skoentjies te koop. Dit het beter gewerk as om skoene vir ‘n bedrywige kleuter te probeer aanpas en uit te werk of dit pas.

Leonard ·

Dis hoe skoene uit die Riemland (Oos-Vrystaat) van Port Elizabeth in die 1940/50’s bestel is vir die kinders: knipsels van kinders se voete op papier afgeteken is deur gewone pos gestuur met ‘n tjek daarby, en die pakkie skoene so 2 – 3 weke later deur gewone (pakket)pos ontvang.

As mense dit geniet om basiese lewensvaardighede te herontdek en dit in die media te berig, is dit goed. Toentertyd is dit maar net uit noodsaak so gedoen, sonder Facebook om ‘n bohaai daaroor te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.