Ma verander baba se naam oor publiek se reaksie

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Soms maak dit nie saak hoe ma’s en pa’s op ʼn naam besluit nie – sodra hulle die naam in alledaagse situasies begin gebruik, kan dit daartoe lei dat hulle die besluit heroorweeg.

Vir een ma was die berou oor die naam wat sy vir haar seun gekies het só groot, dat sy begin “terugdeins” het elke keer wanneer sy hom voorgestel het. Sy het drie maande later besluit om die naam te verander.

Kate, van Australië, het aanvanklik gedink dit is ʼn “cool idee” om haar kind “Cash” te noem. “In my slapelose ná-geboorte waansin het ek gedink ons sal dit kan doen. Jy weet, soos ʼn herinnering aan Johnny Cash – selfs al kon ek net een van sy liedjies noem, ‘I Walk the Line’.”

Ná die naam amptelik geregistreer is, het ʼn paar interaksies egter die ouers se illusie van ʼn “cool” naam verwoes. Die eerste was toe Apple sy jongste iPhone-sagteware-opgradering bekendgestel het en emoji’s verskyn wanneer sekere woorde getik word. Sy het dus elke keer na ʼn sakkie geld gestaar wanneer sy haar seun se naam getik het.

Mense wou ook grappig weet of sy die naam met ʼn dollarteken skryf, soos musiekster Ke$ha en kort voor lank het sy ook ʼn T-hemp ontvang met die slagspreuk “Cash is King”, berig Kidspot.

Die laaste druppel wat die emmer laat oorloop het, was toe ʼn ander ouer na Cash verwys het as “ʼn hipster-naam” en Kate het begin terugdeins elke keer wanneer sy haar seuntjie aan iemand voorgestel het.

Toe Cash drie maande oud is, is sy naam wettig na Reuben verander en Kate se vriende het laat weet hulle is almal verlig. ʼn Vriendin het tot selfs ʼn herdoop-seremonie vir Reuben gereël. “Ek is lekker uitgehaal. ʼn Sin van humor is altyd nodig in sulke tipe situasies!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Danie ·

Daar moet verseker mooi gedink oor die name wat mens jou kinders gee. En nee almal hoef nie jou dom idees net te aanvaar omdat jy dink dit is “cool” nie.

Jack ·

Nee, dan liewer Debit. Almal sal haar Debbie noem en dink sy heet regtig Deborah.

VaalDonkie ·

Dankie tog! Die arme kind. Daar is twee soorte name wat vir my walglik is: die bogenoemde wat sommer net veronderstel is om “cool” te wees, en die ander is wanneer jy al die grootouers se name probeer inforseer op daai lyntjie in die registrasie dokument. Ja, ons weet jy is lief vir Oupa en Ouma, maar niemand verdien om Stefanella-Marie of Du Toit Du Randt genoem te word nie. die truuk is om jouself te verbeel jou kind verskyn op die nuus en hulle noem sy naam. Klink hy professioneel, of soos ‘n pedofiel uit kathu?

Anel ·

Haha. Wel. Name het geskiedenis. En dit is vir my mooi. Ons kinders het almal n klomp name en hulle kla zero (almal nog op skool). Weet nie hoekom mense so n renons het aan familiename nie. Dis weird….

Hennie ·

Shame on her.Om te worry wat ander dink.
Ek kan niks fout sien.Het iemand al geding ,shoe Johnny Cash se naam is weard.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.