Maande later spoel haar beursie weer uit

(Foto: off.grid.on.the.coast/Instagram)

Verbeel jou jy verloor jou beursie in die see, en maande later spoel dit weer uit!

Dis presies wat met Marcie Callawaert van ʼn afgeleë eiland naby Tofino, Brits-Kolombië aan die weskus van Kanada, gebeur het.

Sy het met haar honde op die strand gaan stap en iets bekend in die opdrifsels opgemerk. Dit was haar eie beursie wat sy in Junie 2023 verloor het!

Dit was maande ná sy dit per ongeluk in die see laat val het toe sy op ʼn boot geklim het.

“Ek het nie die sakkie op my rugsak toegerits waar die beursie gebêre is nie. Ek het net ʼn plons gehoor toe ek op my boot geklim het,” het sy intussen aan CHEK News gesê.

Callawaert, wat gereeld haar avonture op die eiland op haar TikTok-profiel met meer as 47 000 volgelinge deel, het vroeër aanvaar die beursie is vir altyd verlore toe ʼn soektog deur ʼn duiker niks opgelewer het nie.

Die oseaan het egter vir haar ʼn verrassing beplan.

Alhoewel die ritssluiter in die soutwater verroes het, het die res van die inhoud – kaarte en kontant – behoue gebly.

“Ek het dadelik geweet [toe sy die beursie sien]. Ek het in my spoor stilgehou,” het sy bygevoeg.

Die $20 kontant, haar kaarte en identiteitskaart was ongeskonde ná agt maande in die see.

Meer as 7 miljoen mense het haar video oor die voorval op TikTok gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Janine ·

Ek glo dit vir geen oomblik nie! Wanneer goed na maande uitspoel, gaan daar beslis skulpies ens aan die ding vassit. Daai beursie lyk of hy nou net op die sand geval het. Aikona!

KAIROS ·

Word gedoen om volgers te lok en te kry …. net nog n manier om klicks en likes te genereer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.