Wil jy graag in luukse huise wêreldwyd bly en boonop betaal word daarvoor? Hier is jou geleentheid.
Die aanlyn bemarkingswebwerf HushHush.com, wat homself die “Amazon vir miljoenêrs” noem, stel persone aan om in luukse eiendomme te bly, onder andere ʼn château op die Franse Riviera, ʼn 25-slaapkamerhuis in Spanje, ʼn strandhuis in Florida se eksklusiewe Ocean Reef Club en yslike groot huis in San Francisco. Die huispryse wissel tussen £462 250 (R8,7 miljoen) en £81 046 350 (R1,5 miljard).
Die maatskappy sal tussen vyf en 10 persone aanstel om in dié luukse eiendomme te bly. Suksesvolle kandidate sal boonop £2 000 (ongeveer R38 000) betaal word vir elke huis waarin jy bly.
Op jou beurt moet jy, binne vyf dae ná jy in die huis gebly het, ʼn opstel van 800 woorde indien met ʼn resensie van die huis. Jy sal die eiendom se ligging, toeganklikheid, styl, gerief, en gepastheid vir die webwerf moet assesseer.
Jou werk is dus om die huise te “toets” om seker te maak dit voldoen aan die standaarde van welgestelde kliënte voor dit op die mark geplaas word.
Die werk sal op ʼn ad hoc-basis plaasvind en suksesvolle kandidate sal op kort kennisgewing moet reis, maar al jou reisonkoste sal gedek word.
HushHush sê hulle is op soek na betroubare persone met ʼn oog vir detail en goeie skryfvernuf.
As jy wil aansoek doen, kan jy bloot ʼn vorm aanlyn invul en verduidelik waarom jy een van die kandidate moet wees.
*Maroela Media het geen verbintenis met die maatskappy nie en kan geen aanspreeklikheid aanvaar vir enige kommunikasie wat jy met hulle het nie. -Red
Wow, Hier gaan ek.
Waaraan sal die mensdom NOG dink??
Ek kan nie help om te wonder waar die “catch” is nie.
Jip, dalk n human trafficking catch.
Dis baie harde werk!!! Nie net geval van bly daar en hou vakansie nie!!! Die “salaris” moet waarskynlik gebruik word om fasiliteite te gebruik en te toets, jy moet goeie kennis beskik van die area, moet leefstyl artikels skryf oor elke property en die geskiktheid van elke property beoordeel vir die doel waarvoor dit ge adverteer gaan word. Jy moet ‘n goeie skrywer wees! Als harde werk! Natuurlik is daar ‘n kans dat dit fake advertising is!
So moet ek al my dokumentasie al regkry?
En daar is my droom werk
Ek dink hulle gaan baie BAIE streng optree want as die verkeerde karakters hier infiltreer gaan daar fout kom.
Ek stem saam, vir die regte persoon kan dit ‘n baie lekker tipe “werk/leefstyl” wees. :-)
Dit klink nou heerlik!!!
My aansoek is so pas ingestuur…
Whahahaha !!!
Sal graag wil sien hoe werk dit uit in ZA ???
“Scamadviser” (www.scamdadviser.com) waarsku dat dit moontlik nie legitiem is nie. Wees dus maar versigtig watter inligting u beskikbaar maak.
When something sound’s to good to be true it’s most probably not true.
Onttrek asseblief hierdie artikel. Of beter nog, skryf en versprei ‘n verskoning en waarskuwing. Hierdie artikel word nou vreeslik op sosiale media versprei en gaan baie mense baie hartseer veroorsaak as hulle begin handel met hierdie ‘scam’. Sien asb hierdie link van mense wat reeds ingedoen is deur HushHush. https://www.aspokesmansaid.com/shopping/company-4807/hushhush/1