
Foto: Markusspiske/Pixabay.com
ʼn Maatskappy in Japan het ʼn kreatiewe benadering gekies om werknemers aan te moedig om op te hou rook. ʼn Nuwe beleid van Piala Inc. dui nou aan dat werknemers wat nié rook nie ses ekstra dae verlof per jaar kry ter vergoeding om op te maak vir die werktyd wat rokende werknemers “verniet” kry.
Aangesien die maatskappy op die 29ste verdieping is, moet werknemers in die kelder gaan rook. Dié “rookpouse” duur glo 15 minute.
Hirotaka Matsushima, ʼn woordvoerder vir die maatskappy, het gesê een van die nierokende werknemers het ʼn voorstelnota in die voorstelboks gegooi oor die konstante rookbreuke wat soveel probleme veroorsaak. “Ons hoof het dit ingesien en dus ingestem om nierokers te vergoed.”
Minstens 30 van die maatskappy se 120 werknemers het reeds hul nuwe verlofdae gebruik en vier werknemers het glo intussen opgehou rook.
“Ek hoop om mense aan te moedig om op te hou rook juis deur beloning, en nie strafmaatreëls nie, in te span,” het die uitvoerende hoof van die maatskappy gesê.
Bron: Bored Panda
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
44 Kommentare
Die rokers is heeldag op n smoke break terwyl die res werk ! Hulle besoedel ook deur stink stompies by die motor se venster uit tegooi wat n vieslike smeerige gewoonte,
Wens hul wil die wetgewing in Suid Afrika instel. Sommige mense vat elke halfuur 10 min “smoke break”. Bereken en kyk self hóé regverdig of onregverdig is dit teen nie-rokers. En dan is daar ‘n rook policy word dit nogstééds geïgnoreer.
Hulle moes eerder 6 dae verlof by die rokers afgetrek het.
Sjoeh maar julle hoogheilige nie-rokers is darem maar vinnig om klippe te gooi. Hopelik rook jul kinders nie skelm agter jul rûe nie.
Julle wat so aangaan oor rokers sit weer heeldag op Facebook i.p.v. om te werk. As ek klaar gerook het werk ek.