Maatskappy vergoed nierokers met ekstra verlofdae

sigarette-rook-nikotien

Foto: Markusspiske/Pixabay.com

ʼn Maatskappy in Japan het ʼn kreatiewe benadering gekies om werknemers aan te moedig om op te hou rook. ʼn Nuwe beleid van Piala Inc. dui nou aan dat werknemers wat nié rook nie ses ekstra dae verlof per jaar kry ter vergoeding om op te maak vir die werktyd wat rokende werknemers “verniet” kry.

Aangesien die maatskappy op die 29ste verdieping is, moet werknemers in die kelder gaan rook. Dié “rookpouse” duur glo 15 minute.

Hirotaka Matsushima, ʼn woordvoerder vir die maatskappy, het gesê een van die nierokende werknemers het ʼn voorstelnota in die voorstelboks gegooi oor die konstante rookbreuke wat soveel probleme veroorsaak. “Ons hoof het dit ingesien en dus ingestem om nierokers te vergoed.”

Minstens 30 van die maatskappy se 120 werknemers het reeds hul nuwe verlofdae gebruik en vier werknemers het glo intussen opgehou rook.

“Ek hoop om mense aan te moedig om op te hou rook juis deur beloning, en nie strafmaatreëls nie, in te span,” het die uitvoerende hoof van die maatskappy gesê.

Bron: Bored Panda

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Johannes van Staden ·

Die rokers is heeldag op n smoke break terwyl die res werk ! Hulle besoedel ook deur stink stompies by die motor se venster uit tegooi wat n vieslike smeerige gewoonte,

Nie Roker ·

Dit is nie asof jy 20% meer werk ‘n dag doen as ‘n roker nie. Die roker doen net so veel soos jy (indien nie meer nie) op ‘n dag.

Dis net jammer vir hulle slegte gewoontes om hulle stompies by die vensters uit te skiet.

Hannelie ·

Wens hul wil die wetgewing in Suid Afrika instel. Sommige mense vat elke halfuur 10 min “smoke break”. Bereken en kyk self hóé regverdig of onregverdig is dit teen nie-rokers. En dan is daar ‘n rook policy word dit nogstééds geïgnoreer.

THEA SWART ·

by ons werk is ek aangestel met die wete dat ek wel rook – die ander meisies in ons kantoor vat tot 2 ure lank etenstyd ek werk vanaf 5uur die oggend af en hulle arriver eers 8-9 uur in die oggend met etenstyd vanaf 12-2 dan kom ons eers terug van die winkel af en moet daar dan eers ge-eet word – teen die tyd dat ek huis toe gaan eet hulle nogsteeds – as ek rookbreuk vat is dit slegs 5 min met geen etenstyd of teetyd nie – wie werk die hardste/meeste?

Lourens ·

Hulle moes eerder 6 dae verlof by die rokers afgetrek het.

Wysneusies ·

Sjoeh maar julle hoogheilige nie-rokers is darem maar vinnig om klippe te gooi. Hopelik rook jul kinders nie skelm agter jul rûe nie.

Jaco Weber ·

Wat het kinders se skelm rokery te doen met rokers wat minder werk?

Johann ·

Julle wat so aangaan oor rokers sit weer heeldag op Facebook i.p.v. om te werk. As ek klaar gerook het werk ek.

Daan ·

Waaroor die selsugtige Nie-Rokers te kere gaan, verbaas my. Rook is nie so gevaarlik nie. Oudste man nou kort oorlede, 143 jaar bereik, strawwe roker sy hele lewe. Voor 2005 as ek reg was konmens oorals rook, tot in dokters se spreekkamers, toe kom die selfdugtige nie-rokers agter dit stink. Die afgelope week berig, Long, Pankreas en Kolon kaker is nou bewys dat lugbesoedeling van motors en ander nywerheids gasse die grootste oorsaak van kanker is.
Die werkgewer jaag die roker uit na buite, so hy gee hom die verlof, gee dan die Nie-Roker ook sulke periodes om in ‘n luukse sitkamer te gaan ontspan en gee hom sommer ‘n bier ook. Ek daag werkgewers uit om bietjie navorsing te doen, gaan stel vas wat die produktivitet van rokers en nie rokers te bepaal. In ons besigheid wat verkope doen, selfoonwinkel, is die rokers amper 2 keer meer produktief as nie rokers. As ons dus verlof moet gee vir elkeen se verkope, kan die rkers meer buite gaan staan en rook. Beste rooker by ons verkoop gemiddeld 110 kontrakte per maand, dame wat kwaai teen rook gekant was, se gemiddelde verkope was 32 kontrakte per maand. Hoekom is mens in besigheid, dit is om maksimum verkope te kan doen per maand en sodoende meer winsgewend te kan wees, nou wil die artikel sê gee die minder produktiewe mense meer verlof. Verstaan julle dit ???!!!???

Jaco Weber ·

Ja ons verstaan dat dit, met alle respek, totaal belaglike redenasies is wat jy opper. As mens gaaf wil wees kan jy dit gedagtespronge noem, maar regtig…

Hoe rokers kan uitwerk dat dit die nie-rokers is wat selfsugtig is, weet nugter. Feit is dat dit ‘n vieslike gewoonte is wat ‘n wetenskaplik bewese (nie ‘n interpretasie van iemand in ‘n selfoonwinkel nie) verband het met 42 soorte kankers – gaan lees gerus op – van mense wat ontoereikende persoonlike persoonlikhede het. Dis die rede waarom hulle heeltyd moet staan en suig aan iets en altyd ‘n kruk moet hê om te kan cope. Lees gerus daaroor ook op.

Sarie ·

Ek dink die mense wat so suur is moet kyk die rokers doen meer werk om te kan gaan rook . Al is daar n party wat lyf wegsteek wat ook rook wat my ook kwaad maak. Maar hoeveel wat nie rook lè op facebook en whatsapp plas van om te werk.

FM ·

Nou wat van die wat rook en nog op facebook ook bedrywig is. Ga rokers!!

Johannes van Staden ·

Alles ruik sleg veral die asem so moet eintlik nie eers by die werk toegelaat word sonder n tandeborsel asb

Johan Lotz ·

Ek was n roker gewees nou al baie jare opgehou en rook en rokers stink ek kan nie glo ek het ook so geruik nie Ek verloor my eetlus as n roker langs, my sit want al rook hy of sy nie op daai oomblik nie kleef die reuk aan hulle Rokers asseblief hou op jy doen jou self slegs skade

Pieter ·

Ek’s n roker. 6 dae is belaglik, ek is elke dag al 6:45am by die werk al begin ek eers 7:30 en loop eers 5:10 alhoewel ek 4:30 kan stop, ek werk net so hard, ek doen meer, as die wetgewing ooit in SA kom sal ek aandring op elke sekond se oortyd. Hier sit die heilige nie rokers en lewer kommentaar hier.

Piet Pompies ·

Rook by die werk in nie ‘n reg, maar ‘n voorreg. Wetgewing bepaal dat die werkgewer ‘n spesiale plek identifiseer vir rokers, dit moet voldoen aan standaarde soos die wet bepaal.
Enige werkgewer kan rook gedurende werksure verbied en hy is nie verplig om rook stasies te verskaf. Rook by die werk is ‘n vergunning!

bgj van der westhuizen ·

ek rook nie en as eimand wil rook is dit sy saak maar wat my die hel in maak is dat rokers oral hulle stompies gooi en dink hulle het die reg om dit te doen en ja rokers kan se net wat hulle wil ek het saam met ookers gewerk gewerk as jy die man soek dan staan hy buit en ook maak nie saak of hy sy werk doen of nie hy hou ander uit die werk te wand hy is nie by sy werk stasie waar hy moet wees nie

Mike ·

Het ook saam met mense gewerk op 19de vloer en kan se klokslag elke 60 minute was hulle op ” smoke break” vir 10 minute plus terwyl ons nie rokers werk. Die beste van alles is hulle kan nie alleen rook nie en maak altyd ‘n groepen loop saam. Stem gee meer voordele aan noie rokers.

Jurie Kotze ·

Janeewat kom ons hou op rook, ek dink die nie -rokers sal met groot plesier die 10% ekstra persoonlike belasting met vreugde dra ! Ek gaan vir my ‘n bord by my hek opsit, moenie inkom nie, die eienaar rook, Wat is jou nood ? , tel die lee bierblikke op in die straat asb en los ‘n briefie en jou nommer in die posbus ! Gaan dit sommer nou doen !

MERAAI ·

ROOK IS LEKKER!!!!!!! HOELANK VAT JY OM TEE TE MAAK,EKS AL TERUG – KLAAR GEROOK DAN STAAN JY NOG STEEDS EN BESKINDER JOU MENSE OM JOU!

Piet Pompies ·

Die afwesigheid van rokers by hul werk stasie is ‘n groot probleem. In ons besigheid is daar heelwat kommunikasie tussen werkers by verskillende werk stasies gedurende die dag. Hierdie kommunikasie is of telefonies, e-pos of Lync, nou benodig jy daardie persoon se insette tov ‘n besigheids proses en hy geniet sy rokie. ‘n Rokie gee gewoonlik aanleiding tot ‘n toilet besoek, gevolglik is die persoon se werkplek onbeman vir 20 minute plus, dit is nou per sigaret.
Moet jou nie met twak ophou en hou op rook…

Jurie Kotze ·

Piet ek het simpatie maar dink jy vir een oomblik daai rokers gaan skielik “high flyers” raak as hulle ophou ? vertrou my ek het nuus vir jou !!
As jy moeg raak vir ‘n knaende vergadering kom kyk wie is eerste by die rokers groepie, daar is ons broers my maat, dan kom die laventel Johnny’s so aangesluip soos skoothondjies, hulle “cookie break” pelle praat dan net oor nuwe modes ! Ek rook en stink na twak op my eie koste en vermy onwelkome huisleers as jy rustigheid verkies naweke, net dit maak die rook die moeite werd !

Albatros ·

Piet as jy jou besigheid so bedryf dat alles still staan omdat jy nie onmiddelik insake van alle persone kry nie, het jy dalk groter probleme as wat jy dink.

Piet Pompies ·

Beste Albatros, dit gaan goed met ons besigheid, ons Nett profyt Okt 2017 was R67M…laat mens dink…

techie ·

Net iets wat ek nog nooit kon verstaan nie… WAAROM rook mense???

Marlie ·

Dit is so waar! Rokers ruik regtig sleg. Jammer, ek probeer regtig nie onbeskof wees nie, maar die rook kleef aan hulle klere, hare en velle en die eerste sigaret van die oggend se reuk begin oud ruik en so so voorts met elke volgende sigaret. Wanneer ‘n derde van die dag verby is ruik rokers soos ‘n oorvol ou asbak. En so neem hulle daardie walm oral met hulle saam – as ‘n roker ‘n kantoor betree vul die reuk die hele kantoor. En jy is verder ook reg dat veral die “ou, opgehoopte” rook reuk op die asem baie erg is.

SANNIE ·

Rokers geniet hul gifpyltjies te lekker. Die enigste probleem wat ek met rokers het is dat hulle dink nie-rokers wil die stink reuk en besoedelde sigaret rook inasem. As jy rook dis jou saak maar moenie verwag ander moet glimlag as hul in jou gesig of teenwoordigheid die walms blaas sonder om te dink dat net miskien hou jy nie van die sigaret reuk. Dink aan die om jou. En dink aan jou gesondheid. Skoon longe is soveel gesonder. Ja ek weet daar is lugbesoedeling deur gasse ens. Maar solank ons ander in ag neem kan ek nie sien dat daar enigsins probleem sal wees. Rook of nie. Bly jou eie keuse. Altyd interessant. Die mens probeer altyd die slegte justify. Net sodat niemand te erg in die gesig vat word nie. Hoekom rede soek om nie op te hou. Wat van eerder rede vind om op te hou.

Annoniem ·

Interressante berekening:
Jy is geregtig op:
15 min tee soggens
30 min middagete
15 min tee middaes
Gestel jy neem ektra 15 min soggens vir rook en ekstra 15 min middag rook
Dus 30 min per dag
Per gemiddelde 20 werksdae maand werk dit uit op 20 x 30min = 600 minute/60 min per uur = 10ure
10 ure per maand x 12 maande = 120 ure / 8 werks ure per dag = 15 werks dae
Dus rokers kry 15 dae meer af as nie rokers.
Dit klink nie regverdig nie?

Jurie Kotze ·

Marlie dis ‘n feit ! Ek rook en ek kan myself ruik ek spuit en was gedurig en vra verskoning daaroor , ek haat ‘n stink asbak ook en was hom, maar ek kan nie vir my vrou weghol nie !
Sy soen my al rook ek. Net om aan te haal : Einstein het op die dieselfde vraag geantwoord ” a pipe gives a wise man time to think, and a fool to stick something in his mouth !” En ek is nie Einstein nie. As ek moet ophou rook prosedeer my Dr, tandarts en Apteek nog hierdie maand !
Dis ‘n slegte gewoonte maar ek dink van ‘n paar ander slegte gewoontes mag dalk erger wees ! Rook soos ‘n Gentleman en niemand sal jou pla of jy hulle nie en beste van als , vermy nie-rokers, ons is beslis verskillend en dra wynig by tot mekaar se siele vreugde.
En ja glo dit as jy wil ek is ‘n opregte kind van God en as ek opgestaan het van my kniee af dan krap ek my pyp en het nog geen kwade gevoelens van my Skepper daaroor gekry nie, dan bepeins ek my lewe so bietjie en gaan klim in die bed met ‘n lied in my hart.

Piet Pompies ·

Kyk, hier is nou behoorlik “rook” opgeskop oor rook by die werk…… party skrywers het sommer aan die brand geslaan. Verslawing is ‘n ernstige ding en rokers sal tot ‘n rekenaar sleutelbord oorlog oorgaan om hul verslawing te regverdig….

Alabtros ·

Die ironie is, al gee hulle nie-rokers 6 dae af sal dit nie veel verander nie. Mense soos Johannes van Staden sal nogsteeds onaangenaam wees om mee saam te werk, en ander soos Marlie sal volgende oor ‘die ander dames se cheap perfume’ begin kla. Ek wil graag noem, ek stem saam, dit ruik glad nie aangenaam nie, en ek pes die stompies, en daarom het ek uit my eie so jaar terug n elektroniese sigarette(?) begin gebruik. Interesant genoeg, die wet verbied my nie om binne ons gebou te rook nie (nog nie), maar ten spyte daarvan staan ek eerder buite, want ek (ons) respekteer julle regte. Wens ek kon dieselfde vir julle se.

Pierre ·

Om te rook is sekerlik jou eie keuse -solank jy nie jou stompies rondstrooi of jou rook in my gesig blaas nie, het ek vrede met jou besluit. Die interessante waarneming in my kantoorkompleks is dat daar talle nierokers is wat net soveel tyd mors as moedswillige rokers – natuurlik is daar diegene wat langer buite as binne is. Of jy nou binne sit en niks doen nie en of jy buite staan en rook, is om’t ewe. Die keerkant van die munt toon ook rokers wat gereeld n kort rookbreek neem, maar tussenin gehaltewerk lewer. Om mense dus te beloon bloot omdat hulle nie rook nie, blyk vir my onregverdig te wees – ek word moontlik beloon omdat ek nie rook nie, maar dit bewys nie dat my in-mandjie altyd leeg is nie!

Cath ·

Stem :)

Vir die res van julle… vra ek net RERIG?
Ek rook wel maar ek het besluit ek sal nie so lelik wees teenoor my medemens en kla en more nie.

Dankie vir jou comment alabtros :) Maak sin.

Lorraine ·

Ek werk in Dr se kamers en elke dag aanskou ek dieselfde mense wat buite kom rook. Dit is dieselfde mense heeltyd en jammer daar gaan nie eers 50 minute om voor hul weer hier is en dan word daar gesit vir tussen 10-15 minute. Ek dink dit is nie regverdig teenoor die werkgewers nie.

Lorraine ·

Ek werk in Dr se kamers en elke dag aanskou ek dieselfde mense wat buite kom rook. Dit is dieselfde mense heeltyd en jammer daar gaan nie eers 50 minute om voor hul weer hier is en dan word daar gesit vir tussen 10-15 minute. Ek dink dit is nie regverdig teenoor die werkgewers nie. Dit is amazing dat die werkgewer sy nie-rokers in so opsig vergoed.

Jurie Kotze ·

Man dis nou ‘n lekker gesels groep ! Kry vir ons meer sulkes, kom ons begin sommer met Loraine se dr’s toonbank dan gesels ons oor verslawing ! Dit kan interresant wees of wat se julle van ons kweek ons eie “Tabak ” ons mag mos nou, dan kan die nie-rokers die pynlike belastig las wat ons moet dra sommer help dra, dis mos nou regverdig ! Of hoe dan ?

Neilia ·

En hoeveel van julle nie rokers drink ? Dag maar net ek vra. My rook veroorsaak nie padongelukke nie . Ek respekteer wel nie rokers nie. As ek bv by n kuierplek is en n nie roker kom sit naby sal ek beweeg en onverskoning vra as my rook na hulke toe waai. Maar kyk ek kla nie as jy drink en boonop onskuldige mense se lewens in gevaar stel indien jy sou ry na n lekker aandtjie uit. So hou op kla oor my rook.

roker ·

Ek vra niemand om my sigarette te koop of te rook nie, so ek dink nie n “nie roker” kan hulle monde uitspoel oor ons rokers nie. Ek as rooker hou by my breek tuie, n nie roker kry dieselfde voordeel in breek tuie, om te gaan tee maak of eet ens. Al verskil is ons gebruik ons breek tuie om te gaan rook en nie rokers om te gaan eet of kuier in die kombuis.

Wouter ·

Gaan Japan toe dan besef jy wat ons nie het nie. N nasie met trots en respek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.