Maatskappy verwyder wekker wat al sedert 2004 lui

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

ʼn Maatskappy het ʼn gesin van Pennsylvania bygestaan om ʼn wekker uit ʼn muur te verwyder wat al byna 13 jaar lank daagliks afgaan.

Maroela Media het vroeër berig Jerry Lynn, die huiseienaar, het verduidelik hy het 13 jaar gelede die wekker aan ʼn toutjie vasgemaak en dit van die tweede verdieping in ʼn huis deur ʼn ventilasieopening laat afsak om te bepaal waar hy ʼn gat in die muur in die sitkamer moet maak vir ʼn TV-koppeling. Hy het die wekker gestel om 10 minute later af te gaan.

“Die volgende oomblik hoor ek hoe die wekker val toe dit van die toutjie losgekom het,” het hy verduidelik. “Ek het gedink dis nie ʼn probleem nie, want die wekker sou in elk geval afgaan.” Hy kon egter nie weer die wekker terugkry nie.

“Ek het gedink, miskien sal die battery binne drie of vier maande pap word, so dis nie ʼn groot probleem nie. Dit was in September 2004. Die wekker gaan nog steeds elke dag af.” Die wekker lui daagliks om 19:50.

Keith Andreen en Dawn Michelucci van Loc-Cost Heating and Air Conditioning het die berig verlede maand op KDKA-TV gesien en hulle is vandeesweek na die gesin se huis om te kyk of hulle dalk die wekker kan verwyder.

Lynn het aan KDKA gesê die kontrakteurs kon die wekker deur ʼn ventilasiegat in die motorhuis verwyder.

ʼn Verroeste battery het steeds krag gegee vir die wekker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

LB ·

hulle moet assbelief die maak van daardie batterye laat weet! Myne hou nooit langer as so drie maande nie : )

Voorlaaier ·

Watse battery gebruik hy?…Dis mos i ordentlike ding!!!!…..

Ashlee ·

The battery could not be identified due to corrosion. However, the owner remembered the battery came with the ⏰.

Paarl ·

Ongelooflik!!
Hulle is nou al so gewoond dat die wekker 19.50 elke dag afgaan, dit gaan ‘n tydjie neem om aan die stilte gewoond te raak

anton ·

Daai moet n wonderlike goeie wekker wees wat so lank hou en so min krag gebruik. Wens ek kan so een in die hande kry. En ja die battery moet ook goed wees. Verseker alles is ”MADE IN THE USA.”

Danie ·

Geen idee waar jy aan “Made in Japan” kom nie. Die battery waarmee die horlosie uitgekom het is ‘n rayovac battery. Rayovac is ‘n Amerikaanse maatskappy wat uit staat Wisconsin (Amerika) sake doen. Volgens ‘n ander artikel is dit ‘n horlosie wat deur Elgin gemaak word. Elgin doen sake vanuit Denver (Amerika). Dalk eers bietjie meer navorsing doen voordat fopnuus die wêreld ingestuur word. (Dit het my ongeveer 10 minute geneem)

johan ·

As zuma se wekker net wil afgaan,maar daar is tog baie spasie in sy groot kop,stuur die wekker solank na die bok boer en fire fighter se beskeie bordeel.

Chris Beets ·

As daar n lugreeling naby is wat warm lug uitblaas, en solank die battery hitte kry dan laai hy, vat enige pap everready battery wat pap is en sit dit naby hitte neer en kyk wat gebeur toets dit sien self, dis hoekom daardie battery so lank gehou het (as dit n herlaai battery is) of n gwone een.

anton ·

En hoe verklaar jy dit dan as die lugreëling koue lug uitblaas in die somer???
Geen eers herlaaibare battery het my al 13 jaar gehou nie! Max. 5-6 jaar.

Swartkat ·

Kan sien die battery is nie in China gemaak nie anders was dit binne ‘n dag pap en sonder waarborg

Piet ·

Hoekom twyfel enigiemand watter soort battery dit was ? Natuurlik ‘n ‘ DURACELL !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.