Man beken skuld oor diefstal van goue troon

Die goue toilet wat Maurizio Cattelan vervaardig het (Foto: Blenheim-paleis)

James “Jimmy” Sheen (39) van Wellingborough in Northamptonshire, het skuld beken op aanklag van diefstal.

Hy het erken dat hy ʼn soliede goue toilet ter waarde van £4,8 miljoen (sowat R113 miljoen) uit Blenheim-paleis gesteel het, berig The Guardian.

Die 18 karaat toilet, wat ten volle werk en as “America” bekend staan, is in September 2019 uit die paleis in Woodstock, naby Oxford in die suide van Engeland, gesteel.

Dit was een van die grootste toeriste-aantreklikhede in ʼn uitstalling deur die Italiaanse kunstenaar Maurizio Cattelan by die paleis. Die paleis is die tuiste van die hertog van Marlborough en geboorteplek van Brittanje se voormalige eerste minister Winston Churchill.

Die 18de eeuse huis is ook ʼn Unesco-wêrelderfenisgebied.

Sheen dien reeds 17 jaar tronkstraf uit vir ‘n rits diefstalle, insluitend trekkers en trofees ter waarde van sowat £400 000 uit die nasionale museum vir perdewedrenne.

Drie ander mans, wat ook van die diefstal verdink word, het skuld ontken. Hulle saak kom in Februarie 2025 voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.