Man bel 911 ná kat hulle ‘aanval’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Connecticut in die VSA het die 911-noodnommer gebel nadat hy en sy vrou glo deur hul kat aangeval is en hulle nie weer in die huis kon kom nie.

CBS berig Mohammed Lokman het Woensdagoggend omstreeks 01:30 (Amerikaanse tyd) die 911-noodnommer gebel. “Ek het ʼn probleem in my huis,” het Lokman aan die 911-operateur gesê. “Ek kan nie in my huis ingaan nie.”

Lokman het verder verduidelik dat hul kat baie aggressief geraak het en hulle in die huis aangeval het. Lokman en sy vrou is na buite met die kat wat steeds in die huis was. Hy het aan die 911-operateur gesê dat hy en sy vrou reeds vier ure buite die huis is en nie terug in die huis kan kom nie.

“Oukei, jy het gesê ʼn kat?” was die 911-operateur se onmiddellike reaksie. Die operateur het verder gevra of Lokman wil hê die polisie moet die kat kom verwyder en of daar iets fout is met die kat. Lokman het gesê die kat het die vorige aand ʼn kleintjie gehad.

“Ons kan nie beweeg nie. Ons kan niks doen nie. Dit [die kat] is so aggressief en aaklig,” het Lokman gesê.
Polisiebeamptes is na die huis ontbied en die egpaar kon uiteindelik teruggaan in hul huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.