Man beseer toe ‘loerkamera’ ontplof

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

ʼn Man is beseer toe ʼn kamera op sy skoen, wat hy wou gebruik om onder vroue se rokke in te loer, ontplof het.

Mike Koval, hoof van polisie in Madison, Wisconsin in die VSA, het gesê die 32-jarige man het hom verlede week aan die polisie oorgegee. Hy is egter nie in hegtenis geneem nie, want hy kon nie enige video’s verfilm voor die kamera ontplof het nie. “Hy het ʼn skoenkamera gekoop wat hy wou gebruik om onder vroue se rokke in te loer, maar die battery van die kamera het ontplof voor hy enige beeldmateriaal kon bekom,” het Koval verduidelik.

Die man het geringe brandwonde opgedoen toe die battery ontplof het. Die voorval het by sy huis gebeur, toe hy die toestel wou toets. Hy het daarna sy mentor, ʼn dominee, gekontak. Die predikant het hom aangeraai om die voorval by die polisie aan te meld en het hom na die polisiestasie vergesel.

“Hy is gewaarsku en vrygelaat, aangesien geen onwettige video geneem is nie,” het Koval bygevoeg.

Volgens wetgewing in Wisconsin is dit onwettig om enige toestel te installeer wat foto’s of video’s afneem onder iemand se klere sonder daardie persoon se toestemming. Oortreders kan tot 3½ jaar tronkstraf of $10 000 boete gevonnis word.

Klein afloerkameras, wat gebruikers in skoene, knope of iewers anders kan wegsteek, kan teen ongeveer $40 (ongeveer R550) aanlyn gekoop word. Gevorderde weergawes, soos ʼn doelgemaakte skoenkamera, word vir ongeveer $350 (ongeveer R4 800) verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Koos ·

Watter tipe man het nodig om dit te doen. Kry eerder vir jou die real deal!!

Nettie ·

Wys jou ….. CRIME DOES NOT PAY, not even voyeurism …….. Boontjie kry sy loontjie, boet!

Valerie ·

Die loerder het homself letterlik en figuurlik in die voet geskiet. Mooi so. Die “perverts” is oral, vroue, veral wanneer daar baie mense bymekaar is.

Alida ·

Hoe lekker lag ek nou. Wat is die mooi Afrikaans vir poetic justice?

Amandie vd Merwe ·

Hy is die “toonaangewende” fotograaf in die dorp!

Basjan ·

Ha ha ha! Skerp Amandie, vlymskerp! Jy slaap seker in die messe laai.

lekker gelag ·

Dankie aan al die grapjasse…julle het my dag gemaak.. Baie snaaks en skerp

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.