CNN berig Chris O’Leary van New York het vroeër die week dié ondervinding gehad…wel minstens vir ʼn paar minute. O’Leary het Dinsdag van Cleveland na New York gevlieg met Delta Airlines. Die vlug was erg vertraag en al die ander passasiers is op ander vlugte geplaas.
O’Leary is egter nie op ʼn ander vlug geplaas nie en was stoksielalleen op Vlug 6259. Hy het foto’s geneem en oor sy ervaring getwiet. Die vliegtuig was op pad om op te styg toe nog ʼn passasier aan boord geklim het.
O’Leary het aan ABC News gesê dat hy en die ander passasier mekaar egter nie geselskap gehou het nie aangesien die ander passasier die grootste gedeelte van die vlug geslaap het.
Lugrederye sal dikwels vlugte kanselleer indien daar nie genoeg passasiers is nie. Volgens Delta Airlines moes die vliegtuig egter na La Guardia-lughawe gevlieg het vir ander vlugte later die dag.
O’Leary het gesê dit was definitief sy mees onvergeetlike vlug en dat hy dit nie sommer sal vergeet nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Het nou 5 Jan, 15H20 ekonomiese klas SAA vlug Oos London toe gevlieg. Net 3 of 4 besigheidsklas sitplekke was verkoop. Vluegtuig se wiel moet geruil word terwyl ons in vliegtuig sit, en so moet lugreëling afgesit word. Ek sit links teen venster en son bak die hel uit my uit. Staan op en gaan sit op n oop sitplek aan regterkant van vliegtuig om uit die “sauna” te kom. Binne n minuut verkla lugwaardin my by chief en word ek aangesê om my weer by my klas aan te sluit want ek sit nou op n “BESIGHEIDS KLAS” sitplek.… Lees meer »