Man bou ‘hoenderkerk’ ná visie van God

hoender 1Diep in Indonesië is ʼn ‘kerk’ wat soos ʼn reusagtige hoender lyk.

Die struktuur, wat al jare lank verlate staan, lok steeds nuuskierige reisigers en fotograwe na die heuwels van Magelang, sentraal Java.

Volgens die eksentrieke skepper is die gebou egter nie ʼn hoender of ʼn kerk nie. Daniel Alamsjah (67) het sowat 550 km daarvandaan in Jakarta gewerk toe hy ʼn “Goddelike boodskap” ontvang het dat hy ʼn gebedshuis in die vorm van ʼn duif moet bou. “Miskien, weens my Christelike geloof, het baie mense gedink ek bou ʼn kerk,” het Alamsjah aan die Jakarta Globe gesê. “Maar dis nie ʼn kerk nie. Dit was ʼn gebedshuis. ʼn Plek vir mense wat in God glo.”

Hy het in 1989 deur Magelang gereis toe hy die landskap opmerk – soortgelyk aan dit wat hy in sy visie gesien het. “Ek het die hele aand lank gebid en die openbaring gekry dat ek die gebedshuis daar moet oprig.”

Die gebedshuis moes in 2000 sy deure sluit, aangesien die boukoste te hoog was.

Talle persone van verskillende godsdienste, Boeddhiste, Moslems en Chritene, besoek steeds dié afgeleë gebedshuis om op hul eie manier te aanbid.

Lees meer: Huffington Post, Jakarta Globe

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.