Man dagvaar ouers oor sy geboorte ‘sonder toestemming’

ʼn Man van Indië wil sy ouers dagvaar omdat hulle kwansuis nie sy toestemming gehad het om gebore te word nie.

Raphael Samuel (27) vergelyk om kinders te hê met “ontvoering en slawerny” en sê sy ouers het hom “slegs vir hul plesier en vreugde geskep”.

Hy glo iemand wat nie toestemming gegee het om gebore te word nie, moet nie in die wêreld ingebring word nie.

Ondanks sy houding oor voortplanting, voer hy aan hy het ʼn “wonderlike verhouding” met sy ouers. “My lewe is wonderlik, maar ek kan nie sien hoekom ek enigiemand anders deur die warboel van ʼn skoolloopbaan en om ʼn werk te vind, moet sit nie – veral nie as hulle nie gevra het om te bestaan nie,” het hy aan The Print gesê

Raphael, van Moembai, het ook ʼn Facebook-blad genaamd “Nihilanand” wat deur meer as 2 000 sosialemediagebruikers gevolg word.

Die anti-natale beweging het in Indië begin waar jonger mense poog om sosiale druk te weerstaan om kinders te kry.

“Jou ouers het jou gekry in plaas van ʼn speelding of ʼn hond. Jy skuld hulle niks nie. Jy is bloot hulle vermaak.”

Hoewel Raphael wye mediadekking geniet oor sy uitsprake, is dit nie duidelik of hy wel van plan is om sy ouers te dagvaar en of dit moontlik deel is van ʼn promosieveldtog nie. Gebruikers bevraagteken sy pogings om sy identiteit te verbloem en die vals baard wat hy in die onderstaande video dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Isak ·

Wat n pateet. Hoe stupid wil jy Nou eindlik wees. Regtig Seun Gaan spring in die dam jou grapgat. Hoop jou ouers Kan jou vergewe en Vir jou lag. Kan nie Glo daar is n regstelsel wat die gemors wil aan hoor nie.

Santjie ·

Ek het vanoggend lekker gelag, maar nou het ek NOG lekkerder gelag….. waar sou sy ouers hom in die hande kon kry om met hom te praat? Sou sy ma nou naby pappa se magie moes praat? hahahaha!!

geboorte ·

Ja Ramkat ek stem saam. Hoe vra jy ‘n fetus of eiersel toestemming. Dalk is my kop net te plat om te verstaan

Super sot ·

Onthou net as jy jou ouers niks skuld nie, skuld hulle jou ook niks nie. Groot uitgevrete man wat seker nie vir homself kan sorg nie.

Alta Green ·

Hy het toestemming gegee toe hy uit sy pappa na sy mamma geswem het en verby 100000000e spermpies gejaag het om die eiertjie te bevrug ?

Hanna patat ·

Ek is seker as sy ouers n keuse gehad het…Het hulle hom ook nie gekies nie HAHAHAHA

Anni ·

Ek dink al waaraan die lat se ouers skuldig is, is dat hulle hom nie genoeg aandag gegee het nie, en nou maak hy ‘n spektakel van homself om aandag te probeer kry.

Ek sien sommer baie terapie in die lat se toekoms.

Stompers ·

Dalk het Raphael n punt beet! Vra die arm, mishandelde, ongewenste. onversorgde, honger en onbeplande kinders in die wereld. Oorbevolking veroorsaak dat kinders ouers blameer , kon die ouers nie gesien het wat aangaan nie? As 26 mense die helfte van alle rykdom op aarde besit, watter hoop het die armstes van die armes? Een derde van S.A. se ouers is enkelouers. Wat wys dit vir ons? Gelukkige ourhuise? DINK voor jy besluit om kinders te he!

Mel ·

Ek stem 200% met jou saam Stompers!

Die kinders in daardie haglike omstandighede en ellende het nie ‘n keuse gehad nie. Maar hulle ouers het. En hulle moes van beter geweet het!

Hendrina ·

Stem saam stompers, maar nie eers dink voor hulle die kind het nie, maar dink voor hulle in die bed spring.

Avra ·

Stomper, baie meisies word deur ouers gedwing om swanger te word om toelaes vanaf die staat te kry.

Guanita ·

Ek dink die mense verstaan selfs nie jou prentjie nie LOL

toy ·

Hete hy moet ‘n baie ongelukkige mens wees. Dit is nou ‘n eerste vir my.

aj ·

Die WAARHEID!

Die werklose, verwaarloosde, onwelkome, misdadigers van die 2039 moenie vanjaar (2019) gebore word nie!
R
Kyk na China om te sien hoe goed dit werk!

Mel ·

Belaglik – ja. Maar uit ‘n ander oogpunt (en ek dink die is bloot ‘n deel van ‘n groter prentjie) dink ek dis dalk ‘n uitstekende promosieveldtog.
Ek glo nie dit gaan sommer die ouer in die armmoede en ellende aanraak om nie nog kinders te he en hulle nie in haglike omstandighede groot te maak nie, maar dit maak dalk die regte mense bewus om die mense in te lig, en bystand te bied (voorbehoedmiddels, ens) en sodoende dalk ‘n verskil te maak.

Daardie kinders het nie ‘n keuse nie. Maar die ouers moes van beter geweet het!

SNEL ·

As ek sy ma is, dagvaar ek hom dan vir pyn en lyding, verlies van goeie nagrus, vergoeding vir tyd en versorging en sy pa moet hom dagvaar vir verlies van finansies agv voedsel, opvoeding (alhoewel ek nie weet of dit na die mannetjie se eis geloofwaardig gaan wees nie), klere, verblyf en en en. Nee wat, elke ou wil lyk my deesdae meer belaglik as die ander een word. Net as jy dink jy het nou alles gehoor dan pop daar weer iets op.

Veleska Steyn ·

Ek stel voor hy vra sy ouers omverskoning dat hy hul in die skande steek met hierdie belaglike gedagtegang.

Theresa ·

Shame die arme man…. niemand van ons het gevra om hier te wees nie… maar hiers ons almal! Dink meer hyt n kopwurm.

Neef ·

Hy bedoel dit nie, hy doen dit net om sosiale media volgelinge en mediadelling te kry want hoe meer volgelinge hoe meer geld kry jy deur advertensies.

Jannie Jammergat* ·

Ek stem saam met Theresa. Die lewe skuld jou niks, “make your choice!!!!” Hy hoef nie hier te wees as hy nie wil nie, of miskien trek hy net aandag!

Se maar net ·

Ek voel so jammer vir jou ou seun. Weet jy wat se GROOT klap in die gesig is dit vir die Here wat jou geskape het? Hyt jou ouers gekies om jou in die wereld te bring met n doel en n rede. En as jy n baie goeie verhouding met jou ouers het, waarom hul dan dagvaar? Jyt regtig hulp nodig. Maar meer en deels wonder ek of jy nie dalk aandag en publisiteit soek nie. Want as ek n judge was wat in die hof moes sit en luister na jou belaglike optrede, glo my ek sal lag vir jou. As jy niks beters het om te doen nie en nie n werk het of kry nie oorweeg dan om n komediant te word op n verhoog waar jy mense kan vermaak.

LHS ·

Hy het sopas sy doel ten volle bereik om aandag te trek met al die comments. Dit is presies hoe sekere politici ook te werk gaan, ignore flat en kyk hoe vinnig verdwyn hulle.

Anoniem ·

Wel dit wil vir my voorkom dat hy te skaam is om sy eie gesig te wys vir die wereld, hy moet derhalwe skaam wees vir sy eie ‘veldtog’ en ‘uitsprake’ dan ook?? Ek meen hoe verklaar ‘n mens dit dan anders. Elk geval, as die lewe dan nou vir hom so verskriklik tragies is, wel, hy’t altyd ‘n keuse ek meen. Want deur na hom te luister……….so word ons eie kinders se integriteit besoedel deur onnuuswaardige gemors in die media

Johann cb ·

Absoluut belaglik! Hy probeer aandag op homself vestig, en maak terselfdertyd geld daaruit!

Leon Gansbaai ·

Uiteindelik iemand wat die feite van die lewe stel soos dit is! Depressie en selfmoord is aan die orde van die dag soos die mensdom net eenvoudig opgee om sin te maak van die lewe. Miljoene ander dompel hulself in een of ander godsdiens waar geheimsinnige, stom en dooie gode ‘n vorm van selfhipnose skep wat darem hierdie hel op aarde meer verteerbaar maak. Heeltemal tereg; voordat jy kinders kry besef dat jy die mag het om lewe te skep wat deur dieselfde hel/misterie as jy moet gaan!

Terra ·

Ek dink ek nou meer vir van die kommentaar gelag as die berig. Ongelukkig … Ongelukkig is dit nou te laat, maar GELUKKIG het jy ‘n groter kans om ‘n hofsaak teen jou ouers te wen as hierdie twat!

Johan ·

Hierdie man se baard lyk vir my asof dit vals is. Indien wel, is die berig in alle waarskynlikheid ook vals…

rika ·

Ek het lanklaas so lekker gelag OMW waar val die ou uit sorry stop die bus die drywer is dronk hahahaha

AH ·

Siestog, aandag soek is beslis wat hy doen, maar hoekom dan agter ‘n vals baard wegkruip? Sy ouers wou hom sekerlik gehad het, so hy is niks minder as ‘n ondankbare bedorwe brokkie nie! As die lewe dan vir hom so sleg is, wat maak hy nog hier………

Gaitsigubib ·

Hoe weet hy sy pa het hom dalk nie toestemming gegee nie? Ek meen as jy geweet het dat die spermsel wat voor swem n idioot is ,sou jy hom tog sekerlik wou keer! Dalk wou hy nie die vrou swanger maak nie, maar die spermsel het ander planne gehad. Ek dink dis tyd vir n teen eis!

Nie Die Vropeet ·

Maar hy het dan ook geen protes aangeteken om verwek te word nie!!!

Stilswye is toestemming!

(Die vals baard gee die grap weg, ha-ha!)

PJN ·

Nou wanneer wou hy besluit het om gebore toe word…………………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.