Man koop $1 miljoen se speelgoed voor Toys R Us toemaak

Toys R Us (Foto: AP Photo/Alan Diaz, File)

Die speelgoedwinkel Toys R Us in Amerika het verlede week Vrydag sy laaste winkels toegemaak, maar ʼn anonieme man het eers $1 miljoen (meer as R13,7 miljoen) se speelgoed gekoop.

Die maatskappy, wat ook die Babies R Us-groep besit, het meer as $5 miljard skuld gehad. Meer as 30 000 personeellede moet nou ander werk soek. Toys R Us se finansiële verknorsing het ook ʼn impak gehad op speelgoedvervaardigers soos Mattel en Hasbro.

Die maatskappy het in Januarie sy planne bekend gemaak om ongeveer 180 winkels se deure te sluit, maar het in Maart aangekondig die res van die 735 winkels sal ook gelikwideer word.

ʼn Anonieme koper het egter ʼn yslike inkopietog onderneem voor die winkels gesluit het. Die man het soveel speelgoed gekoop dat ʼn winkel in Raleigh, Noord Carolina, nie eens Vrydag handel gedryf het nie.

CNN se filiaal, WNCN, het berig die koper het $1 miljoen spandeer aan die speelgoed wat nog op die rakke beskikbaar was. Aldus WNCN word al dié speelgoed nou aan behoeftige kinders geskenk.

ʼn Werknemer by die winkel het gesê die man het by verskillende winkels aangeklop om die speelgoed te koop, omdat hulle nie meer genoeg voorraad gehad het nie.

Kohlberg Kravis Roberts & Co, die eienaar van Toys R Us, het nie reageer op ʼn versoek om kommentaar deur CNN nie.

Sommige klante voer aan dit was Bill Gates of Amazon wat die speelgoed gekoop het.

Die maatskappy was 70 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

A ·

Gaan dinge ooit weer beter gaan? Oral maak maatskappye net toe en mense sit sonder werk.

Danie ·

Dis wonderlike nuus want hierdie groot maatskappye het soveel klein speelgoedwinkels uit die mark gedruk. Laat ons eerder klein plaaslike entrepreneurs ondersteun en die globale reuse wat ons ekonomie so tap laat ondergaan.

Louis Jansen van Rensburg ·

Ek glo dinge gaan beter gaan. Dit is mens se eie skuld dat dinge sleg gaan en ons beplan nooit as dit sleg gaan nie. Geen risko strategie nie . ” Skills ” van mense veskil van mens to mens en daarom met mense meer as net een skill set he om te beplan wat kan gebeur. Opleiding is duur maar gebruik die werk om jouself te bevorder en “skills” te leer op jou eie tyd. Ek leer elke dag nuwe goed en ‘n dokters graad wat ek behaal het maak die werksgeleenthede beter nie. Dit is soms self kennis wat gedeel word.

Aanlyn vaardighede ·

Daar is duisende baie goeie kursusse sonder koste aanlyn soos by Coursera en Edx.

Piet Pompies ·

Hierdie berig verwys na TRus Amerika, van die kommentaar lyk of dit na SA se TRus verwys. TRus SA is gesond en word nie geraak deur bankrotskap in Amerika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.