Man leef (gesond) op minder as R40 per jaar

William Reid (Foto: USA Today)

William Reid (Foto: USA Today)

William Reid, ʼn nagraadse student aan die American University in Washington D.C., het in die laaste twee jaar slegs $5.50 (ongeveer R78) aan kruideniersware bestee, hoewel hy tot dusver elke dag met ʼn vol maag gaan slaap het.

Reid het aan USA Today vertel hy kry die res van sy kos uit vullisdromme.

Die student, wat nou deeltyds vir die D.C.- openbare biblioteek werk, sê voordat hy dié inkomste gekry het, het sy knap begroting daartoe gelei dat hy baie ongesonde kos geëet het. Hy het baie geprosesseerde, goedkoop kos geëet. “Nou eet ek fênsie kos – en ek eet dit verniet.”

Hy skat hy het intussen al bykans $10,000 (R142 000) se kos uit vullisdromme geëet.

“Dit alles het begin toe ek vrywilligerswerk vir die organisasie Food Not Bombs, gedoen het. Ons het gevra vir skenkings van kos en dit dan vir behoeftiges op die straat voorberei. Dit is hier waar ek ontdek het dat die meeste van die kos op die vullishoop sou beland het, as dit nie aan ons geskenk is nie,” het hy verduidelik.

William Reid (Foto: USA Today)

William Reid (Foto: USA Today)

Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies het gereageer deur te sê die meeste kos wat na stortingsterreine of vullisdromme toe gaan is veilig, voedsaam en nog geskik vir mense om te eet en voor te berei.

Reid meen hy eet skoner en gesonder uit die vullisdrome as voorheen. “Ek kry kos soos vrugte, groente, sap, melk, vleis en soms ook sjokolade-croissants. Behalwe as daar niks in die vullisdromme is nie, eet ek presies wat ander mense in die winkels koop. Die kos in die vullisdromme is nog heeltemal reg en het dikwels nog nie ʼn vervaldatum bereik nie. Dit is selfs nog in plastiek verpak,” het hy vertel.

Hy beveel nou die leefstyl ook vir ander mense aan. “Solank as wat daar gesonde en veilige kos in die vullisdromme is, sal ek dit doen tot ek 87 is.”

Bron: USA Today

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Die Amerikaners is uiters gesteld daarop om kos NIE te eet selfs ‘n dag na die vervaldatum.
Ek het onlangs ‘n blik van 3,5 kg ingelegde pere oopgemaak wat reeds in JULIE 2013 verval het, dit geeët en absoluut NIKS daarvan oorgekom. Daar was toe nog ‘n blik wat ek ook verorber het met GEEN nagevolge. Die geheim is egter om nie vis en hoender so te probeer na die vervaldatum asook ‘n blik wat opgeblaas is want dit is duidelik moeilikheid soek.
Wat sê die kundiges van kos na die vervaldatum?

Ronnie ·

Wat-ek-lees: Ek hou baie van pere, maar ek bewonder jou pere-kapasiteit. Om 3,5kg pere op te eet, sit nie in enige persoon se broek nie…!

shilo ·

Op TLC kry jy ook die program van die mense wat hul kos uit vullisdromme haal. Dis disgusting! En die res van hul doen die road runner ding! Tel enige dier op wat dood gery is! Ekt al baie baie swaer in my lewe gekry maar dan bou ek n groente tuin en maak hom nat met badwater of ek hou hoenders aan. Dis hoe ek geleer is, as jy n boemelaar is ‘by all means’ dan kan mens verstaan. Maar ekt nou al die program gekyk, dis selfsug. Hul is geld gierig, die 1 ou het tot op sy huweliks herdenking vir sy vrou n bos blomme uit asblik gaan haal en haar na eetplek gevat en die mense wat besig is om te eet en hul mes en vurk by mekaar sit (dat hul klaar is) gevra vir die kos. En sy vrou was so verneder syt uit gestap en hom gelos. Dis n siekte.

Drieks ·

In Amerika en Europa kan alle arme mense uit asdromme leef. As hul asdromme net een dag in Afrika kon staan sou almal kos en meubels gehad het.

johann cb ·

Ek skat die man het iewers ‘n skroef los – hy lyk, met alle respek, nie vir my té goed nie.

Karin ·

Johann cb, ek het nou so lekker gelag vir jou kommentaar, want dis presies wat ek gedink het :-))

Jef ·

Ek het mense in Europa leer ken wat op straat lewe en hul kos uit afvalbakke haal en dit eet om te oorleef en my is toe vertel dat as jy honger is dan sal jy alles eet wat jy kan vind.
Groot supermarkte gooi groente en vrugte en brood weg wat dan bedoel is vir die diere op boerderye maar daar word verskriklik baie voedsel weggegooi dat die mense en diere daarvan eet en die oortollige voedsel wat nie gekonsumeer word nie word gewoonweg verbrand.

Denise ·

As die kos nog geseel is sien ek regtig nie iets fout daarmee nie die kos wat die jongman van praat is van die duurste winkels en eetplekke die mense by die eetplekke sit ook die weggooi kos in sakkies en knoop dit toe hulle weet daar is honger mense wat dit kan eet !!! Ek koop gereeld kos wat na die verval datum afgemerk is niks fout daarmee wat nie dood maak nie maak vet jy kan mos sien wat goed is of sleg !!!!

Denise ·

Wat nie dood maak nie maak vet , die mense sit die kos in sakkies want hulle weet daar is honger mense wat dit kan eet en die kos is van die duurste eetplekke en winkels niks fout solank dit skoon is !!!

Lizl ·

Dit is hoekom ek die hone en kat bollie ook in die vullisdrom gooi, ek het die minimum asblik krappers. Ga, om jou kos tussen bollie te loop uitkrap….

Karin ·

Dan gaan oes ek maar liewer mopaniewurms en krieke en sulke gediertes al sou ek my doodgril om dit te moet eet.

Denise ·

Ordentlike mense sit kos wat nog eetbaar is in n sakkie of bakkie en gooi dit nie in die drom nie daar is altyd iemand wat honger is !!! Kos gan nog so duur raak en die wat dit so mors jammer vir julle!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.