Man se fooitjie-idee het meeste warm onder die kraag

Die foto wat op Facebook gedeel is

ʼn Facebook-gebruiker wat sy idee vir ʼn fooitjie in ʼn restaurant op dié sosialemediawebwerf gedeel het, het meeste persone (veral enigiemand wat al ʼn kelner was) warm onder die kraag.

Die man het een aand, toe hy en sy vrou gaan uiteet het, sy plan uitgevoer en die uitslag op Facebook gedeel. Volgens hom is dit ʼn manier om “die beste diens ooit” te kry.

Hy het verduidelik dat hy, aan die begin van die ete, vyf $1-note op die tafel neergesit het vir die kelner om te sien. “Moenie enigiets vir hulle sê nie,” skryf hy. “As hulle ʼn fout maak, dan vat jy een van die note weg en so aan. Teen die einde van die ete – wat ook al oor is, is die fooitjie.”

Volgens hom kon hy sien sy kelnerin wonder oor die geld. Hy het ʼn noot weggevat toe sy vergeet het om broodjies na die tafel te bring, maar dit teruggesit toe sy ekstra broodjies gebring het. “Haha dit was toe ʼn lekker aandjie uit met my geliefde en ʼn goeie eksperiment. Probeer dit – jy sal verbaas wees!”

ʼn Skermskoot van die man se plasing is deur ʼn omroeper in Atlanta, Mark Arum, op Twitter gedeel met die boodskap: “As ʼn voormalige kelner, moet dit asseblief nooit doen nie. Nooit.”

Talle persone het met skok en verbasing op Arum se plasing reageer met verskeie persone wat nie kon glo dat ʼn klant boonop ook slegs $5 as ʼn fooitjie wou aanbied vir ʼn ete van twee persone nie. Talle het ook hul verbasing uitgespreek dat die persoon “so openlik onbeskof” kon wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

132 Kommentare

wilma ·

‘n Vriendin het ‘n tydjie gelede ‘n ooievaarspartytjie met ‘n buffet-ete in ‘n restourant gereël. Na afloop van die ete het sy ‘n 10 % fooi gegee net om daarna op die rekening te sien dat daar reeds ‘n fooi van 15% ingesluit was by die finale rekening. ‘n Mens moet maar jou rekening nagaan voor betaling aangesien daar nog ander restourante is wat ‘n fooi by jou totale rekening insluit.

Stuiwer ·

Wilma,

Die meeste restaurante vra ‘n minimum van 10% fooi as die groep 10 of meer persone is. Dis dus belangrik om dit voor die tyd te weet.,

koos1 ·

Ek hou van die idee, maar ek sal onderskeid tref tussen foute van die kelner en die persone wat die kos maak en die wat jou drankies gooi. Hulle foute mag nie die kelner benadeel nie! Verder sal die fooitjie grooter as die $5 moet wees.
Kelners moet ook besef dat daar ‘n verantwoordelikheid op hulle rus om ‘n fooitjie te verdien, en nie net te kry nie, dit is immers ook ‘n werk.

christa ·

ek gee geen fooi nie. Nie vir motorwagte of kelner nie. Ek gaan uit en begroot vir die ete. Ek verwag van die restaurant om my te bedien as dit nie ‘n selfhelp diens is nie. otorwagte hoef nie my voertuig op te pas nie. Ek het alarms en anti hijack en en sluit ook nog my motor. Ek los my motor nooit langer as 30 minute alleen nie of vra dan spesifiek iemand om dit op te pas. As ek oral moet fooitjies uitdeel, waar gaan dit my testaan kom?

marco polo ·

Hulle praat van regte restaurante, nie KFC of MacDonalds nie. Kelners kry meestal net n baie klein salaris en maak op fooitjies staat.

Ben ·

Baie restaurante betaal nie die kelners nie. Baie kelners werk die hele aand of dag en kom by die huis met niks nie, inteendeel hulle moet nog hulle vervoerkoste betaal. Jy verwag die kelner moet jou bedien? Hierdie gedrag is skandelik en onaanvaarbaar. Hoe gaan jy voel as jou werkgewer jou nie betaal nie – vinnig CCMA toe hardloop.

Cryosphear ·

Ek stem. Ek is nie bevoordeel nie ek werk damn hard vir my geld. Een sal sê ‘Ek het nie gesê jy moet in dié soort bedryf gaan nie’, waar ‘n ander sal sê’ werk is skaars, jy kry wat jy kan’. Ek was ook ‘n bediener gewees en het geweier om ‘n’ fooitjie’ te vat. Beginsels. En boonop, die ‘fooitjies’ is afkomstig van slawerny af waar die enigste geld wat slawe gekry het was sulke tipe ‘fooitjies’ vir goeie werk. Ek hits nie slawerny aan nie lol.

ai ai ·

Christa ek was vir lank n waiter terwyl ek studeer het. Dis daai mense wat my getip het wat gehelp het dat ek vandag 2 grade agter my naam het.

Die meerderheid eetplekke betaal nie die waiters nie en kry hulle net hulle tips.

As jy nie eers 10% kan tip nie moet jy maar liewer by KFC of Romans gaan kos kry.

Leigh ·

Sies vi jou?? Kelners word nie altyd salaris nie – hulle werk net op tips!

Stuiwer ·

Christa, ek dink dis swak maniere om nie ‘n fooitjie te betaal vir ‘n goeie diens nie. As jy nie ‘n fooitjie kan bekostig nie, stel ek voor jy gaan eet dan eerder ook nie uit nie.

Ruby ·

Nee ek stem nie saam hiermee nie, ek gaan eet uit om tyd saam met ‘n geliefde te spandeer, nie om woer woer met die kelnerin te speel nie.

Restaurant eienaars maak genoeg geld veral met hulle drank pryse of self die werkers se salarisse te betaal.

Hoekom moet ek dit doen, so as ek PnP toe gaan of waar ookal moet ek hulle 10% ekstra gee?

Die werkers behoort ‘n vasgestelde salaris te kry soos in enige bedryf.

Estelle de Jongh ·

Ek stem 100% saam. Betaal hulle n salaris. Winkels moet ook motorwagte salarisse betaal.

Nettie ·

@Ruby – “Restaurant-eienaars maak genoeg geld” ……..

Jy is DUIDELIK NIE in die restaurant-bedryf nie. Jy weet nie wat ‘royalty fees’, oorhoofse kostes, huur en verbruike (water en elektrisiteit), salarisse, ‘shrinkage’ (ja, daai ‘steak’ of slaai wat jy terugstuur kombuis toe en diefstal van suiker/versoeter, sout/peper, slaaisouse, gebreekte glasware en borde) asook noodsaaklike instandhoudingswerk e.d.m. beloop nie.

Restaurante mag in omset dalk ‘miljoene’ maak, maar trek al bogenoemde af en jy sal sien dat die ‘restaurant-eienaars’ dikwels nie eens ‘n noembare salaris huistoe kan neem nie. O ja, ek is OOK nie in die restaurantbedryf nie; ek weet net bietjie meer van die “insides” van hierdie bedryf.

Hannes ·

Ek stem saam
Ek eet uit om n aand te geniet nie om kelners te betaal nie
Gee n fooi vir goeie diens maar die 10% is belaglik
Die rest eienaar moet sy mense betaal Nie ek nie
Die rest eienaars is te ingat en buit die kelners uit

Tilda ·

Ek gee soos ek kan, dit is lekker om te gee en iemand se dag beter te maak. Dit kan nie altyd lekker wees om so lank op jou voete te wees en ander te bedien nie. Ek gee graag, dis net ‘n plesier.

Liza ·

Tilda, as daar maar net meer mense soos jy was…… mense is te inhalig, maar deur te gee, kry mens baie meer terug en dit kan nie in GELD gemeet word nie.

Nina ·

Ek verstaan nie die bohaai nie. Jy werk vir ‘n salaris. Fooitjies is ‘n VOORREG!

Z ·

Dis waar jy die fout maak. Meeste kelners werk slegs vir fooitjies en kry glad nie n basiese salaris nie

Ilze Boshoff ·

Kelners verdien nie ‘n salaris nie hulle werk vir fooitjies. So volgende keer as jy weer sit en iemand dra kos aan agter jou dink aan hoe jy dit self kon gedoen het as jy maar net by die huis gebly het.
‘n Kelner is daar om n diens aan jou te lewer die betaling wat jy op die bill doen is vir jou kos en die staff wat dit voorberei die kelner sien niks van dit nie.

Ek is verstom dat mense so suinig kan wees en nie eers 10% kan neer sit vir n tip nie dan moet jy nie geld op uiteet spandeer in die eerste plek nie.
Skaam julle hoe sou julle gevoel het as julle base vir elke fout wat julle maak geld aftrek.

Francois Joubert ·

Z, dan is dit die kelner se probleem om met die werkgewer uit te klaar. Jy kan nooit van ‘n klant verwag dat daar ‘n fooitjie gaan wees. Ek gee graag maar dan moet geregverdig kan word.

Diens ·

Ilze Boshoff—Jou stelling maak nie sin nie. As jy gaan uiteet dan betaal jy ongeveer 2 to 3 keer meer vir iets (Steak, Vis, ens) as wat jy dit self by die huis sou voorberei het. As ek gaan uiteet dan verwag ek my kos word agter my aangedra. Dis ‘n Kelner se werk. Is jy miskien een van die restaurant eienaars wat hulle kelners uitbyt en geen salaris betaal nie? Tips is ‘n voorreg as jy my bedien in my taal en op my standaard. Ek vra niks meer nie.

Daan Erasmus ·

Ek weet nie wat petrol joggies se salaris is nie. As ‘n reël gee ek nie ‘n fooi vir ‘n petrol joggie nie. Almal dink dit is reg. Of nie? Nou wat van kelners. Die antwoord is nie so logies nie.

Teleurgesteld ·

Ek kan nie glo mense is so eenvoudig nie, die meeste kelners is studente en hulle enigste sakgeld of petrolgeld of even kosgeld is hulle fooitjies…ek het n kind wat waiter en hulle kry nie salarisse nie…so as mens so inhalig wil wees koop asb kfc…regtig…glo my dis die aakligste werk onder die son, want mens kry vrek ongeskikte mense…soos julle seker.

Ilze Boshoff ·

@Diens Nee ek is nie. En as ek was sou ek kelners n salaris betaal het wat hulle werk hulle gatte af. Ek was wel n kelner kan sien jy was in jou lewe nooit een nie, want dan sal jy weet hoe dit voel om vir ure op jou voete te wees en te hoop ju maak genoeg geld om vir een dag te sorg.
Ek sal my skaam as ek ooit moet op staan in n restaurant en uit loop sonder om te betaal. En ja jy betaal meer want sjefs en barmense kom nie verniet nie. Jy betaal vir die gemaklikgeid.
Ek waardeer restaurante wat tips in sluit in hulle rekeninge maar dis mense soos jy wat moan dat n R20 of R40 ekstra jou sal armer maak.
Sies vir sommige mense is dit hulle inkomste of manier vir studies betaal. Jy praat van mense uitbuit maar deur hulle nie te tip nie doen jy presies dieselfde ding.

Besemryer ·

Ek gee geen fooitjies nie. Dit is ‘n skande dat restaurante van ONS verwag om hulle personeel te betaal!

Daan Erasmus ·

Salig is die wat arm van gees is. En die wat suinig is.
My fooi is natuurlik meer as ek in Afrikaans bedien word.

Stuiwer ·

Snaaks, as mense oorsee is met vakansie, pla dit hulle nie om ‘n fooitjie te betaal nie . Waarom moet dit anders wees in ons land?

Manie ·

Ek dink die man was baie ongeskik. Ek dink ook nie kelners moet net vir n fooi werk nie. Hoe dit ook al sei, ek betaal gewoonlik n fooi – die bedrag sal afhang van my ondervinding met die persoon. As ek voel iemand het dit verdien sal ek ekstra gee, as ek nie tevrede was nie sal dit n minimum bedrag wees.

Elma ·

When your hand is open to give it’s open to receive. Ek leef volgens daardie motto asook “there but for the grace of God go I” Ek gee oral fooitjies en moenie dink ek’s ryk nie. Alleen my 3 kinders grootgemaak deur elke sent 2 keer om te draai. My kinders het ook gewerk as kelners om te help met hulle verdere studies. Tot op kersdag gewerk met die hoop om n goeie geldjie te maak VOORDAT verpligte salarisse wet geword het . Nie n dooie sent gekry vir n dag se werk omdat baie mense wat kan bekostig om uit te eet op kersdag neerkyk op sulke tipe werkers. Gelukkig het ek kinders met empatie vir alle soorte mense grootgemaak. My 1 kind vra altyd die kelner se naam want hy sê dit was altyd erg as mens jou nie eers in die oë kan kyk as jy hulle bedien nie.My dogter wat ook leer en self haar studies betaal met n karige salaris, betaal baie keer in winkels vir mense se brood of melk as sy sien hulle betaal met geldjies wat hulle met moeite moet aftel want hulle het dalk te min. My oudste het al n serp en baadjie by die huis gaan haal vir n wag in wat in -2 grade karre by n eetplek in die nag oppas. Hierdeur wil ek nie bewys dat ons n super wondelike gesin is nie! Dalk as almal net meer omgee sal ons in n wonderlike land leef!

Empatie ·

Elma, dankie vir jou positiewe komentaar, dit sal my volgende keer twee keer laat dink, en met ander oë met na die kelner laat kyk.

Mariska Meyer ·

Elma, ek salueer julle. As mense eers die goedheid en guns van God in hulle eie lewens begin ervaar, kom jou siening sommer vanself. Dit gaan nie oor die hoeveel nie maar om wel te kan gee omdat daar weer vir jou ook gegee word deur ons Here. Beginsel van saai en maai.

nannie ·

@nina waar kom jy daaraan dat hulle n salaris verdien? Kelners of kelnerinne werk net vir fooitjies.

Nina ·

Want dis wet. En as hulle slegs fooitjies kry, is daar instansies wat die eienaar kan aanvat.

Ben ·

@Nina, wie is daardie instansies? Het jy al probeer om by hulle aan te klop?

Piet Pompies ·

Nogal ‘n kreatiewe idee, hier in SA gaan dit nie veilig wees om geld op die tafel te los, dit kan vooraf deur iemand geneem word….

JAN ·

Beterhelfte kry die groen en bruin Mandellas en die silwer vir vensterwas en kosdiens en karwag.
Ek kry die suuur lekkers.

charlene ·

Ek is geskok om te lees party mense gee nie ‘n footjie nie. liewe hemel hoe suinig is jy nie. Daai kelner lewer vir jou ‘n diens en hardloop seker op en af agter jou orders aan want ek is seker as jy so houding het teenoor die footjie het jy seker ‘n vieslike houding teenoor die kelner ook en dan op die einde gee jy nie eers ‘n sent nie. ek hoop jy kry ‘n “special order” volgende keer

koos1 ·

Charlene, net ‘n vraag. Gee jy geld vir die persoon wat jou pakkies pak by die supermark, of die persoon wat jou by die bank help, of die persoon wat versekering aan jou verkoop, of………. en so kan ek aangaan. Hulle lewer ook ‘n diens of hoe?
Ek verstaan wat hierbo geskryf staan, dit is belaglik dat die kliente die restaurant se personeel moet betaal. As kelners nie salarisse kry nie maar net footjies, dan is hulle mos nie in diens van die restaurant of hoe? Dan kan enige persoon mos inloop en begin om die kliente bedien?
Dalk is dit tyd dat die hele bedryf hersien moet word. Verhoog pryse met 10% en stel ‘n geen “verpligte” fooitjie beleid in. BETAAL dan die WERKNEMERS ‘n salaris.
Ek dink studente en ander gewilligges word misbruik met die huidige sisteem!

Johan H. ·

Ek gee graag vir die paddas wat in my pot swem, Ek hou nie van n ooreiwerige laspos bediener nie, Moet my ook nie vra” how are you” nie, Om uit te eet is al klaar n fortuin, ek dink ook altyd hoeveel maak hulle werklik per aand,, nou die dag gepraat met een , Belastingvry was dit vir my nogal n helse verassing.

Stuiwer ·

Johan H, ek is seker NIE ALMAL kry baie fooitjies in ‘n aand nie en as almal dieselfde redeneer, sal kelners NIKS kry nie. Ek beskik nie oor die nodige kennis om te kan sê of kelners vaste salarisse kry, al dan nie (diegene wat aandui dat hulle wel salarisse kry, laat weet tog waar julle die inliging gekry het sodat ek ook myself op hoogte van sake kan bring). So lank as wat ek kan onthou (vandat ek in restaurante begin eet het – en ek is in my veertigerjare), is dit die norm om 10% fooitjie te betaal (mits jy tevrede is met die diens). As die diens nie na wense is nie, dan kan jy besluit om minder as 10% te gee of niks.

Nettie ·

@Johan H – daai “how are you” irriteer die blou flitse uit my!! As iemand my skakel (gewoonlik daai oproepers wat iets aan jou wil verkoop) en vra: “How are you?” dan sê ek sommer: “Bad enough to know that if I tell you, you can’t do anything about it” Woeps-waps, tjoepstil.

Cindy ·

My berekening vir kelners werk gewoonlik so: As diens nie heeltemal tot my smaak was, of iets fout was met my bestelling, dan kry hulle minimum (10%, want dis tog standaard) As ek uitstekende diens kry, kry kelner meer. Dis ‘n aaklige ondankbare werk wat ek nooit sal kan doen nie, so ek gee met graagte daai fooi

Dee ·

Die mense wat so ruiterlik erken hulle gee geen fooitjies vir kelners nie het duidelik nog nie n kind gehad wat tydelike werk na ure moet doen om hulle klasgeld by die universiteit te help betaal nie. Wel my seun moes, hy het verskeie deeltydse werke gehad wat hom in staat gestel het om twee grade te verwerf en ek as n enkelouer nie veel kon bydra vir sy studies nie. Hy beklee vandag n senior bestuurspos in n internasionale maatskappy in NZ. Sy werk as kelner vir baie jare hey hom in staat gestel om vandag met moeilike klante te kan werk maar ook om met geld te kan werk. Dit het my hart gebreek as hy soms na 12 in die nag by die huis gekom het met niks in sy beursie nie. Die eienaars word deur die wet beskerm om slegs n min. salaris te betaal waarvan n rits aftrekkings elje aand gemaak word o.a. die bestelboek, kombuis personeel bydrae, breekskade al breek jy niks, die univorms ens. ens. Kelners stry al vir jare vir hulle regte maar as n klagte teen die eienaars gele word, word die kelner summier afgedank. So meneer en mevrou wat so selfvoldaan aanvoer jy betaal nie fooitjies nie want hulle word mos n salaris betaal, dink volgende keer twee keer. As jy wil uiteet reken ten minste 10% by vir n fooitjie en meer as die kelner uitstekende diens lewer. As jy dit nie kan bekostig nie eet by jou eie huis.

Cathy Kotze ·

Net vyf dollars?! Wat ‘n vrek suinige kêrel! Die aanvaarbare fooitjie is 15%. Waar ek woon is die kelners gewoonlik hoërskoolkinders wat werk vir ekstra sakgeld. Hulle is deur die bank vriendelik en hardwerkend, want onmiddellike afdanking is ‘n werklikheid in Noord Amerika. Ek gee met liefde.

Netso ·

Julle eet lekker en goedkoop uit in SA! Ek skaam myself vir daai 5 dollar kan hy ñ ander kelner soek om sy vuilwerk te doen. Dis ñ skande dat daar ook somtyds meer kelner/s in veral “franchises” as klante en dan moet jy nogsteeds jou nek breek om aandag te kry!

Dee ·

n Bietjie wyse raad vir die wat so selfvoldaan se hulle betaal geen fooitjies, jy sal nooit weet wat als in jou kos agter die skerms beland nie.

Andre ·

Het, iemand al, gedink om die sjef n fooi te gee as die kos lekker is want n kelner bring maar net die kos vir jou

Stuiwer ·

Andre, het jy al gedink om die skottelgoed te was na die tyd, want jy maak mos net die borde vuil?

Anoniem ·

Restaurante se kosse is nou al so duur dat as jy n 10% fooi betaal dan loop die kelner met n bree glimlag want om jou kos te bestel en aan te dra is minder as n uur en as n kelner 4 tafels kan bedien in n uur en sy fooi is gemiddeld 50 rand per tafel dan kry hy 200 rand per uur en dit nog belasting vry. Glad nie sleg nie wat se jan taks daarvan.

Deon ·

Ongelukkig weet jy ook nie. Die fooitjie kom mos eers op die einde lol

Dee ·

Ongelukkig loop jou geskiedenis van geen fooitjies jou vooruit. Jys gemerk glo my veral as jy n gereelde besoeker is.

Conrad ·

Kelners is in diens van restaurante. Restaurante betaal kombuispersoneel ‘n salaris. So sal ‘n goeie restaurant ook vir skoonmaakdienste, kelners, kassiere en bestuurders betaal.

Koos ·

Vir almal wat so aangaan oor die arme kelners en hoe mens hulle moet betaal want hulle kry niks anders nie:
Kelners is, volgens wet, veronderstel om minimum loon te kry by hulle werkgewer, synde DIE RESTAURANT. Hulle kan nie gaan bedien met die verwagting dat die klante hulle moet betaal nie.
Verder is daardie kelner deur die RESTAURANT aangestel en dis die werkgewer se verpligting om self sy personeel te betaal. Soos al die barmhartige Samaritane dit sien, is dit die klant se verpligting om meer as die geadverteerde prys (op die spyskaart) te betaal vir die produkte (die kos). Die restauranteienaar skuif dus sy loonkoste oor na die klante toe. Nogal gerieflik, né?
Daardie fooi is MY prerogatief; die NIE die kelner se reg nie. Indien jy MEER doen as wat verwag word, sal ek dit oorweeg. En dan ook nie ‘n % nie, maar ‘n bedrag. Daar is mos geen verskil in die dra van ‘n R60 hamburger en ‘n R150 steak nie, of hoe? So waarom verskillende belonings?
En ons het as studente dieslefde ding gedoen: stapel die munte op en sê vir die kelner: daar is hy. En elke keer wanneer hy fout maak, verdwyn een. Glo my – jy vat net een of miskien 2 weg

Stuiwer ·

Koos, dit klink nie vir my of jy dit geniet om by ‘n restaurant te eet nie. Jou kommentaar bewys dit….,

Ben ·

Blykbaar geld jou wet nie vir die Toerisme bedryf in die Wes Kaap nie…

izak boonzaier ·

Ek is ook teen fooitjies. Ek moet my mense betaal so hoekom nie die restaurant eienaar ook nie. Ek moet voorsiening maak in my pryse vir my personeel ,so hy moet ook. Geen van die verskonings wat geopper is reverdig die uitbuiting van ander deur hulle nie n salaris te betaal nie. Die keuse is dan die persoon wat die werk wil doen of hy kans sien om vir die salris te werk al dan nie. Sleg dan sal die koring van die kaf geskei word- om goeie diens,goeie kos ens. Die ouens wat nie hulle personeel kan of wil betaal nie is die mense wat ook nie in die bedryf hoort nie.

Roekie ·

Niemand gee vir my ‘n fooitjie omdat ek my werk doen nie. Ek gee wel fooitjies, maar dit stuit my teen die bors, omdat dit van my as kliënt verwag word – en as ek dit nié doen nie, is ek die vark in die verhaal.

jou brood ·

Roekie, so jy kry dan seker ook nie n salaris vir die werk wat jy doen nie. As jy nie dit kan bekostig om n waiter te tip nie bly by die huis.

Koffie winkel eienares ·

Ek het gelees wat almal se opinies is oor n ‘tip’ vir n kelner en respekteer dit. As eienares van n klein koffie winkel in n normale dorpie, nie stad, kan ek jul belowe dat daardie fooitjie soveel meer beteken vir n kelner as wat n mens besef. Dis n spaar geldjie vir n kind se nuwe skoene of n geskenk vir n verjaarsdag. Dit klink dom maar dis die waarheid.

Klein besighede kry nie n groot inkomste nie en daarom kry die kelners normaalweg salaris volgens wetgewing wat ook nie baie is nie. Die tips help BAIE!!

As ek enige plek gaan eet, dan huiwer ek nie om my deel te gee om dankie te se nie. Nie omdat die persoon sy werk gedoen het nie, maar om dankie te se vir die diens. Daar is soveel wat aangaan in n restaurant of koffie winkel dat dit onregverdig is vir die kelner om gepenaliseer te word daarvoor. Seën die persoon met die geld want hoeveel te meer sal aan jou gegee word as jy vir ander kan gee. Nie om iets te verwag uit wat jy gee nie, maar vir die blessing daarvan.

Boerdery ·

Ek het n Klein plasie en het ook werknemers. Hulle staan ook heeldag op hulle voete en werk in warm son en wind en koue. Ek word elke jaar deur dept arbeid geoudit oor hulle salaris. Ek gee huisvesting en water gratis. Ek voorsien koopkrag. Ek moet behuising en riool en water op my koste in stand hou. Ek gee werk klere en skoene. Soms styg ons produk prys net 2 of 3 % pj en soms sak die inkomste maar ek word verplig om minimum loon te betaal al gaan dit op my 10 of meer %. Niemand gee my werkers enige fooi nie en ek is 100% self vir hulle verantwoordelik. Hoekom moet ek nog iemand anders se werknemers ook betaal? Verder word ons deur Wieta en IPW ook geoudit. Word restaurant ook elke jaar deur dept arbeid geoudit? As ek nie aan minimum standaarde vol doen nie kan ek nie my produk lewer nie. Hoekom is n fooi vir n R150 steak meer as fooi vir n R60 burger maar dieselfde werk word gedoen? So maklik word gese dis n skande dat jy nie fooi wil gee nie. Ek glo dis n groter skande dat restaurante van klante verwag om hulle werknemers te betaal. Is dit reg dat die kelner meer tip kry vir bottel wyn se 3 minute werk as wat ek vir die wyn as boer kry vir die wyn na n hele jaar se werk?

Pop ·

Werk is skaars en restaurante betaal nie die kelners, kelnerinne nie. Hulle moet soms kinders en hulself aan die lewe hou met jou fooitjies. Ek geen mildelik want ek weet hoe swaar dit is met bitter lang ure en onbeskofde base. Mense betaal hulle asb maar die fooitjies. Hulle het net jou geldjie om te oorleef terwyl julle geld het om uit te eet. ?

Nel ·

Almal het n opinie …. Maar ek gee my 10%tip vir die kelner, of hy dit verdien of nie. Waar ons uitstekende diens van n kelner kry, tip ek nog meer. Ek betaal die karwagte ook, alhoewel hulle nie altyd so suksesvol is nie. Aan die einde van die dag, is dít tog n lekker gevoel as mens weet jy kon daai persoon gehelp het. Om met publiek te werk is glad nie maklik nie, en kelners en karwagte loop ongelukkig baie deur met ongeskikte mense. So ek tip, en doen dit met n blye hart!!!

Ruben ·

As jy nie wil tip nie….eet by die huis gin wonder die land is so in sy glorie in nie regtig te veel snobistiese suinige Afrikaners hier.

Oop oge ·

Akkoord met jou, Ruben en al die ander vrygewiges sonder lemiete….

`n Mens word geken aan die motiewe van jou hart en DIT is waarvoor jy geoordeel word deur God – Die Skepper en Instandhouer van al Sy eie Wette.

Jou oordele (resultate of aksies van jou denkwyse) kom in baie vorme en is direk verwant aan – “Wat jy saai SAL jy maai” …vroeër of later in `n vorm wat 7 maal groter is as wat jou saailing was….

God se Hand is oop vir vrygewiges (en vrywilliges), mense sonder persoonlike oordeel en eiewaan en gesluit vir suiniges, snobs en selfregverdigers.

Die verval van `n land lê in die skoot van selfvoldanes en die redding daarvan in die hand van die barmhartiges.

Antifooitjie ·

Moet mens op BTW ook fooi betaal?
Hoekom fooi betaal as jy aansit by n tafel maar n fooi word nie verwag as dieselfde kos by dieselfde rest as wegneem ete bestel word nie. Hoekom betaal die rest nie self sy werknemers nie….. Eintlik is die restaurant eienaar of bestuurder die vark in die verhaal en nie die persoon wat nie fooi wil gee nie.

Sarel ·

Vir die wat so.kla oor fooitjie. Probeer jy , soms tot 12 ure ‘n dag, op jou voete wees om die publiek se onbeskofte behandelimg op te vreet.

Boer ·

Wat is so spesiaal daaraan om tot 12 ure op n dag te werk. Ons werk hier op die plaas ook lang ure en dit is ook staan werk en dit soms in temperature van meer as 40 grade en niemand gee vir ons n fooitjie nie.

Ilze Boshoff ·

@ Boer Ek werk ook elke dag maar sê nie in n restaurant vir n kelner niemand tip my as ek meer doen as wat in my werk beskrywing staan nie. Dis jou beroep wat jy self gekies het, van die mense het nie ‘n keuse nie hulle moet dit doen nie omdat hulle dit geniet nie, maar daar is studies wat betaal moet word, of kinders wat moet kos kry.
Jou betaling per maand vir daai 12 ure staan is ek seker is baie meer as die betaling wat n kelner huis toe neem.

Colin ·

‘n Fooitjie is nie ‘n reg nie, dis ‘n voorreg. Jy weet dit as jy ‘n kelner word, en ek weet dit as ‘n klient. As dit jou pla, dan soek ‘n ander tipe werk of moenie gaan uiteet nie.

As ‘n kelner, doen jou werk goed en maak seker jy maak jou kliente gelukkig. As ‘n klient, weet jy betaal vir ‘n diens. As dit swak is, moenie daarvoor betaal nie. As dit OK is, betaal ‘n OK fooitjie. As dit fantasties is, dan moenie suinig wees nie.

As dit ‘n probleem is dan moet restaurante 10% tot 15% bylas op elke rekening en dan kan kliente self besluit om meer te gee as hulle wil, of om net glad nie uit te gaan eet nie.

n ·

Ek kan nie glo dat hier mense is wat nie kelners of karwagte ‘n fooitjie wil gee nie. Genade, kan mense so suinig wees? Al kry hulle ‘n salaris of nie, dis niks minder as reg om ietsie te gee nie. Maar dis elke persoon se keuse. Maar wanneer ek en my gesin gaan uiteet, sorg ek altyd dat ek ekstra geldjie het om die kelner ‘n fooi te gee nie.

Leyla ·

O nee genade, kan jy jou indink hoe verskriklik dit moet wees om met ‘n toegeklemde handjie en bitter hart deur die lewe te moet gaan. Voel vreeslik jammer vir sulke mense, wat ‘n donker bestaan!

Elize ·

Sies Christa. En as een van jou kinders studeer en as kelner werk bietjie inkomste, gaan jy dan van ander mense verwag om vir jou kind ‘n fooitjie te gee?

Anoniem ·

Die gehalte van kos en diens in baie restaurante is skokkend, daarom het ek ‘n standpunt ingeneem waarvan ek nie afwyk nie en basta. Wanneer ek ‘n halfgaar biefstuk @ R150-00 bestel en ek ontvang ‘n stuk harde koue rubber, stuur ek dit eenvoudig terug, want dit is nie wat ek bestel het nie, dus weier ek om dit te aanvaar, dis my reg want ek betaal daarvoor. Dieselfde geld indien ek my kos 15 minute later as die res van my geselskap ontvang, ek stuur dit terug en bly sonder kos, klaar en gedaan. Die kelner wat my bedien het net so ‘n verantwoordelikheid soos die sjef om toe te sien dat ek ontvang wat ek bestel het. Swak gehalte kos en diens= GEEN FOOI en ook andersom. Goeie gehalte kos en diens = GOEIE FOOI.

Stuiwer ·

Manie W, ek dink jy moet van restaurant verander. Klink my die standard is oor die algemeen maar swak…

christa ·

ek gee geen fooitjie vir resturantbedienning nie. Ek verwag van die restaurant om hul eie mense te betaal. Ek weet dis studente wat daar werk, maar dan moet hulle dit met die resturant self uitklaar, of wat van toi-toi. Die eienaars sal gou mense ‘n salaris betaal want seer sekerlik sal die eienaar nie self die bediening kan doen nie

Besemryer ·

Christa, ek stem saam. Ek raak liries van woede want so word die klient uitgebuit vir die gerief van die eienaar. Ek eet selde ooit uit en het ook as kelnerin gewerk toe ek nog op skool was. Karwagte kry hulle fooitjie as ek VRA dat hulle my motor oppas. Ek het ‘n oop hand vir behoeftiges maar ek gaan NIE vir iemand anders se werknemers sorg NIE. Ook gaan ek NIE skuldig daaroor voel nie. Die onus rus op die eienaar/werkgewer om te betaal en basta met die res. Dis kommerwekkend dat sommige mense uit die staanspoor aanneem dat iemand wat NIE ‘n fooitjie gee nie nou sommer ‘n karakter probleem het!

Stuiwer ·

Christa, as die kelners begin toi-toi, dan verloor hulle hulle werk en die meeste kelners kan nie bekostig om sonder werk te sit nie. Goeie voorstel, maar nie uitvoerbaar nie.

christa ·

Elize, my kind het wel vir graad studeer. Hy het gewerk en ook so geleer spaar vir wat hy wil he. Daarom waardeer hy elke ding wat hy in die lewe bereik het. As daar een ding is wat ek haat, is dit vandag se bakhand om elke hoek en draai. Die kelners kan ook werk kry by plekke wat salarisse betaal. Eetplekke is nie die eenigste plekke waar student hoef te werk nie.

Leon ·

Die manier waarop die kelner, karwag, petroljoggie, my benader bepaal grootliks hoe groot ek die fooitjie maak. By ‘n eetplek, maak ek punt daarvan om die kelner/in se naam te onthou tydens my besoek, en elke keer as hy/sy daar is, noem ek hom/haar op die naam. Dit is verbasend om te sien hoe gedrag en optrede verander as jy die doen! Tog nie so moeilik nie. By ‘n vulstasie doen ek dieselfde, veral as hulle naamplaatjies dra. By ons is daar een vulstasie wat nou my gereelde volmaak plek geword het, eenvoudig omdat ek die joggie op sy naam noem, indien moontlik. In die winter tyd het ek een aand laat daar volgemaak, en die joggie, al is dit sy werk, was net so vriendelik en het selfs die ruit skoon gemaak. Ek het net daar uit geklim, die winkel ingestap en vir hom ‘n beker koffie gekoop.
Hy kon dit nie glo nie, en het net daar en dan gevra of ek gaan omgee as hy die koffie met sy spanmaats kan deel. Deesdae, is dit ‘n plesier as ek daar aankom, nie oor die koffie nie, maar duidelik oor die omgee!
Het JY dit al probeer, en sal jy daai werk doen, 24/7/365?

Zachrys ·

1. 5 dollar is ‘n fooi van R75 ek dink dis oorgenoeg veral as ‘n ete in Amerika 20-30$ kos,
2. Fooi kom van T. I. P – to insure promptness. Dis net ons SAners wat die idee verdraai het of selfs nie eers weet hoekom ons tip nie. Swak diens – praat met die bestuurder, swak kos kry die chef beet, as jy jou kos vinnig wil hê tip die kelner….

Pandora ·

Zachrys, soveel sin in so ‘n kort antwoord, Dankie. Hy wat baie praat kry niks gesê nie.

Laurika ·

Ek is ‘n restaurant eienaar wat as 14jarige as kelner begin werk het. Daar is eienaars wat werkers uitbyt. Ek is nie een van hulle nie. My werkers kry almal ‘n uurlikse loon (onthou daar is tye wat daar nie kliente in die restaurant is nie) Ek laat hulle nie breakages shortages ens betaal nie. Sondae kry hulle 1,5 en publieke vakansie dae dubbel hulle loon. My kelners is almal intelligente, vriendelike, ingeligte mense (meestal studente) wat werk om geld bymekaar te maak vir hulle toekoms. Hierdie ouens sal nie werk vir net daai salaris nie. Dit is tyd weg van die boeke! Sonder fooitjies kry jy ongemotiveerde, negatiewe mense wat nie belangstel nie. Dit is nie ‘n maklike werk nie. Hulle is ure op hulle voete en hardloop rond om kliente gelukkig te maak. Jy wat nie ‘n fooitjie wil los nie, bekommer jou oor R50! Weet jy wat beteken dit vir daardie ouens? Jy “invest” in iemand se toekoms elke keer dat jy vir GOEIE DIENS ‘n fooi laat. As daar swak diens is kla by bestuur, maar onthou jou kelner is ook ‘n mens.

VanAfrika ·

Daardie R50 beteken vir my net so baie, as mens meer as eenkeer uiteet, tot drie maal dan jaag dit klaar R150 uit my sak uit,vir kelner, dan die karwag buite R15.00 dis buiten die bedrag van die ete. Kom ons sê vir drie mense so om en by R600X3+R1800.00 Kom by die kafee elke dag vir brood en melk en ek moet R5 gee is dit R155. Dan wil mens dalk nog winkel sentrum toe vir n ditjie an datjie en dit kos tot R10 by die boom of die karwag verwag R5. Se nou ek gaan drie keer winkel sentrum toe die boom is R30 of karwag R15.00. Dan wil hul nog jou kar was vir R70 dalk drie keer was jy by die sentrum is dis R210. Wat van as ek dan nou nog moet na n troue toe-R5.00 min, n verjaardag party R5.00 min, n begrafnis-R5.00 min. As mens klaar is met al die getippery kan dit mens +- R2390.00 uit jou sak jaag in een maand. So almal van julle wat n tip verwag, dink daaraan waar orals ons nog moet tip. Mens gee en gee en gee maar julle eienaar en julle wat geld het dink die daaraan nie.

Riaan ·

Hoekom sal die resturant eienaars n salaris betaal as die mense wat daar kom eet dit vir hulle doen.Dit is dieselfde as persone wat omkoop geld betaal,sal nooit ophou nie want die mense betaal.

KanekVra? ·

Suinige mense op die kommentaar hierbo. As jy kan uiteet en drank bekostig, kan jy maar ‘n fooitjie los vir goeie diens. Die publiek wat nie in daardie bedryf werk nie, sal self te lui wees om heeldag op hulle voete te staan. En dan kan die publiek tog so onbeskof en grof wees met die kelners. Elkgeval is onbeskof en ongeskik mos deesdae deel dan die Suid-Afrikaanse kultuur? Kyk net hoe behandel motoriste mekaar op die paaie, en hoe praat die publiek met winkel personeel, en kassiere. Ek skaam my oë baie keer uit my kop, as ek sien hoe onbeskof Afrikaans sprekendes baie keer kan wees, en baie keer oor ‘n kleinigheid.

Anoniem ·

@ Kanekvra. Gee jy jou tandarts se assistant n fooi of jou petroljoggie by die pomp of jou tuindienste se personeel of jou motorwerktuigkundige se assistant of die ou by wie jy jou koerant koop en so kan dit aangaan? Nee jy doen nie, nou hoekom moet ek vir n kelner gee as hy/sy in diens is van n restaurant. Wat maak sy diens nou so spesiaal. Gaan werk uit wat vra n restaurant soos die Spur vir jou bord kos. 1kg biefstuk kos jou R129.00 by die slaghuis en party plekke nog goedkoper dus kos n 300 gram biefstuk R38.00 a aartappel se R5.00 en n ui R3.00 dus kos die bord R46.00 nou ry jy na Spur dan vra hulle jou R140.00 vir daai kos ,wat nog van die koeldrank of drankies wat jy drink. Hulle maak 300%+ dus kan hulle die kelners betaal en nie verwag die klieent moetnog hulle betaal.

Afrikaner ·

@KanekVra—-Ek is ‘n trotse Afrikaner die een waarvan jy praat. Vir my gaan dit nie oor suinig on nie suinig nie. As Afrikaner aanvaar ek en baie ander nie meer slegte diens nie as ons vir produk betaal nie. Goeie diens is ‘n vereisde en dis nie nodig om ekstra te betaal vir goeie diens nie. Dis ‘n Kelner se plig om goeie diens te lewer want sy is in diens van die restaurant. Slegte diens = Bankrot restaurant. Dis my geld en ek maak die besluit hoe ek dit bestee. Uit die bogenoemde standpunte het ek nou ook besluit om nie meer te tip nie. My hoof rede is omdat mense soos jy wat wil besluite maak wat oor ander mense se geldsake. Jy wil besluit vir ander om te tip al is die nie jou geld nie. Sies man.

KanekVra? ·

@Danien en @Afrikaner julle antwoorde op my opinie, bewys presies wat ek sê. So het ons almal ons eie opinie, julle hoef nie van my opinie te hou nie. En ek hoef nie saam te stem met julle nie. Dis die vreugde van ‘n ope forum.

Cathy Kotze ·

Jy kan vra, maar die antwoorde sal menige verstom laat. Een ding is seker, ek sal nie saam met een van hierdie mense wat weier om ‘n fooitjie te betaal gaan uiteet nie. Die meeste redenasies daarteen is belaglik. Hulle moet tog nooit eendag in die buiteland gaan toer nie. En as hulle gereelde klante by ‘n spesifieke restaurant is, beter hulle die kos eers baie mooi bekyk voordat hulle begin eet. Die aanvaarbare footjie is 15% van die rekening. Gee dit, en wees verseker van voorkeurbehandeling. Dis ‘n baie klein prys om te betaal vir goeie verhoudinge.

Jack ·

Kelners is nou maar eenmaal van fooitjies afhanklik. Meeste inhaliges hier op die kommentare het duidelik nog nooit kelner werk gedoen nie. Ten minste het kelners die eerbaarheid om ‘n inkomste te probeer verdien. My dogter doen dit terwyl sy studeer. Soms werk sy bietjie vir goeie geld, soms werk sy haar alie af op ‘n dubbelskof en kom met feitlik niks huistoe nie. Soms kom sit ‘n groep verveelde huisvroue daar en suip en slinger daar uit sonder om ‘n sent te laat, andere beset ‘n tafel vir ure en los R10. Groepe is gewoonlik die ergste. Dit gesê, ek het wel ‘n probleem daarmee dat ‘n fooi op jou finale rekening gebaseer is. Hoe duurder die plek, hoe meer moet ek betaal vir basies dieselfde diens? Ek was onlangs in ‘n restaurant met ‘n R29 000 bottel wyn beskikbaar. Moet ek nou R3 000 opdok net omdat die kelner dit vir my bring? Ek het juis gisteraand met my eie nuwe idee vorendag gekom. Ongeag die plek gaan ek voortaan R25 per kop per uur betaal. So as ek en my vrou vir 4 ure ‘n tafel beset is dit R200 betaal.

Afrikaner ·

@Jack—dit wil voorkom of jy nou regtig die bottel bestel en gedrink het. Jy vra raad met jou vraag so hier is dit. Die maklikste oplossing is om nie ‘n kerner te tip nie. Jou stelling van R25 per kop per uur is ook verregaande. Werk ‘n bietjie harder dan kan jy jou eie kind meer geldelik bystaan en dan hoef sy nie afhanklik te wees van inhalige (Jou eie woorde) mense soos ek se fooitjies nie

Linda ·

Dit is NIE die publiek se probleem vir hoe lank n kelner op sy of haar voete staan nie. Kelners het self hulle werk gesoek !!! Die publiek ondersteun die restaurant waar hul eet en kan nie nog elke straat kat ook onderhou nie, die lewe is duur en die restaurant moet die publiek se ondersteuning waardeer. Die ideale fooi is R10 per tafel, net as jy wil !!! Moet nie toelaat dat ander mense vir jou voorskryf wat om met jou hardverdiende geld te doen nie !!! OF restaurante moet dan n self-bedienings sisteem inbring waar jy self jou bestelling plaas en self jou kos gaan haal wanneer dit gereed is, n sisteem kan aandui tafel 6 se kos is gereed !!! Soos baie Amerikaanse restaurante reeds doen !!! Jy is hier om vir jou eie gesin te sorg en nie vir ander nie !!!!

Afrikaner ·

Hospitality sector minimum wage for 2017/2018
by lloyd — last modified 2017-07-03 13:11

3 July 2017

The minimum wage for South Africa’s vulnerable sector of hospitality has been revised upward with effect from 01 July 2017.

The new Hospitality Sectoral Determination which governs minimum wage rate in the sector will be effective until 30 June 2018.

The minimum rate for employers with 10 or less employees will be a monthly wage of R3 193.12 (2016/2017: R2 959.35); a weekly rate of R736.92 (2016/2017: R689.97); and an hourly rate of R16.36 (2016/2017: R15.17).

The new wages for employers with more than 10 employees will be a minimum monthly rate of R3 559.10 (2016/2017: R3 298.52); a weekly rate of R821.34 (2016/2017: R761.25); and an hourly rate of R18.25 (2016/2017: R16.91).

The latest increase was arrived at using the consumer price index of 6.4 percent plus 1.5 percent. The total increase is 7.9 percent.

Issued by:

Department of Labour Spokesperson

Teboho Thejane

082 697 0694

A Waiter/Waitress earns an average salary of R35,851 per year.

Ben ·

Dit is miskien wat die wet se, die praktyk is ‘n heeltemal ander storie. Wie is veronderstel om die kelner te help as hy nie betaal word nie? DIe CCMA of die departement van Labour? Vergeet dit. DIe kelner verloor net.

HN ·

Ek het nou so deur die kommetaar gelees & is erg geskok. Ek het lank ge-“waiter” ek weet waar deur die arme mense gaan. Tot vandag toe gee ek my min 10% fooi as dit swak diens is & dan natuurlik as die diens goed is gee ek baie meer. As daar fout is op my kos of wat ook al vra ek vir die bestuurder. Praat met hom/haar as ek dan nog steeds nie happy is nie vra ek vir die eienaar. As jy kan bekostig om te gaan uit eet kan jy ‘n fooitjie los.
Iemand moet die klient se “crap op vreet”. Die ongeskikte dronk man / vrou se “abuse” hanteer. Ongemanierde klein “brats” (kinders) se gemors skoonmaak, keer dat dat nie warm borde, koffie, tee, hot chocolate, warm-water of selfs ‘n skinkbord op die gillende “onder-die-voete” brats val nie want mamma & pappa sit met ‘n drankie want DAAR IS MOS ‘waiters” wat na hulle monsters sal kyk. 95% of the time is dit die ongeskikte klient wat demand dat dit of dat gedoen word of wie se brats in die pad is wat nie ‘n fooitjie gee nie. Jy as ‘n “waiter” gee 100000% aan ‘n tafel selfs daai brats wat in die pad is maar jy kry nie ‘n dankie of ‘n fooitjie nie.
In die meeste klein dorpies word die fooitjie in elk geval gedeel met die kombuis personeel & die cleaners want as hulle nie daar is nie is daar nie besigheid

Lize ·

As die kelners net op n fooitjie werk voel ek moet jy behoorlike daarvan ingelig word want soos ek is daar baie mense wat dink die kelners kry salarisse so n fooitjie by my is opsioneel

Magaretha van heerden ·

Na my mening is dit die eienaar van die Restaurant wat tot skande gemaak behoort te word. Die Bybel se die arbeider is sy loon werd. Die kelner werk nie vir die klient nie maar vir die eienaar. Hulle moet beter betaal word. Restaurante maak genoeg geld. Dit is n skande hoe mense hul werkers kan misbruik. n Fooitjie is reg vir uitsonderlike goeie diens en vriendelikheid.

Stuiwer ·

Magaretha van Heerden, ongelukkig steur baie mense hulle nie aan die Bybel nie. Dus sal dit ongelukkig nie “gebruik” kan word nie. Die Bybel sê ook dat ons ons naaste moet liefhê. Daar is baie mense wat neerkyk op ander en graag kommentaar wil lewer, maar staan nie in daardie persoon se skoene nie.

Casper Labuschagne ·

Ek gee nog altyd ‘n fooitjie gelykstaande aan 10% van die rekening. Sommige kelners glo dit is nie genoeg nie en dit is ‘n polemiek waaroor ek nie hier gaan uitbrei nie. Maar, daar is twee soorte kelners – die wat dit doen as ‘n heeltydse werk en hul werk goed doen en dan is daar diegene vir wie dit ‘n tydelike werk is. Al my probleme lê by ‘n segment van die tydelike werkers. Die hele aand sal daar regdeur my gekyk word asof ek onsigbaar is sodra ek die hulp van ‘n kelner benodig, en dan as die rekening uiteindelik aankom word sulke mooi boodskappies op die rekening geskryf in die hoop op ‘n groot fooitjie. Nee, nee, nee! Skryf eerder niks op die rekening en gee eerder goeie diens want dit is waarvoor ek ‘n fooitjie wil gee.

Afrikaner ·

Volgens Mannekrag se wette is die minimum loon vir Kelners R17.34 per uur, Weeklikse salaris van R781.14 en ‘n maandelikse salaris van R3 384.71 as die restaurant minder as 10 Kerlners het.
Ek dink restaurant eienaars hou nie by die wette nie en moet tot aanspreeklikheid geroep word

Stuiwer ·

Afrikaner, ek vermoed daar is baie restaurante met tydelike werkers wat nie ‘n maandelikse salaris ontvang nie.

Afrikaner ·

@Stuiwer—-Ek stem saam oor hierdie een. Restaurante wat tydelike werkers misbruik moet vasgevat en vervolg word deur die Wet. Hulle stel gewoonlik tydelike kelners aan en fire hulle net voor hulle permanent aangestel moet word. Hopelik skyn die lig helderder op die Restaurant bedryf na hierdie artikel.

GM ·

Maak nie saak waaroor mens in die lewe praat (of stry) nie, daar sal altyd ‘n groepie wees wat dink hulle is reg, en die ander groepie, wat nie dieselfde oor die saak voel nie, afmaak as die varke. Luister na mekaar se opinies sonder om beledigend te raak, en respekteer mekaar se besluite! Geez, ek, as Christen, het in my eerste jaar op universiteit ‘n kamermaat gehad wat ‘n antichris is. Ons het wonderlik oor die weg gekom, want ons kon kommunikeer oor ALS en mekaar respekteer, selfs al glo ons nie in dieselfde goed nie. Kyk net hoe sleg laat almal ma’s voel wat borsvoed, en hoe sleg laat die ander groepie ma’s voel wat weer nie borsvoed nie. Of werkende ma’s vs. nie-werkende ma’s gesprekke, en moenie eers begin met hoe jou baba gebore is nie. Die skande! Ek gee altyd fooitjies, nie omdat ek ALTYD voel ek wil graag nie. Want glo my, dit maak my briesend as daar nooit ‘n karwag in sig was nie, en dan ‘pop’ ene eweskielik agter jou in as jy wil ry. Ek wag altyd vir een as ek sien hy was besig by ‘n ander motor, maar as daar nooit enige vorm van lewe was voor die tyd nie, dan vat daai een mos kanse? Netso is party kelners/kelnerinne regtig nie ‘n fooitjie werd nie, so ek verstaan hoe party glad nie wil ‘tip’ nie.

Danie ·

n Eetplek is nes enige ander besigheid en om in n eetplek te sit en te bedien te word is mos nie “spesiale diens”nie, dit is mos standaard en dis tog hoekom jy soontoe gaan en nie na KFC se deurry gaan nie. Hoekom voel mense dat n ekstra fooitjie betaal moet word nadat die wins mos tog al klaar op die kos/drank gesit word. Tog is die restuarant verandwoordelik vir die vergoeding van hulle werkers of moet Jan publiek nou betaal vir die staf salarisse en die winste op die kos? My opinie is dat die vergoeding van werkers met die werkgewer uitgeklaar moet word. dan moet daar mos tog ook verwag word om elke keer die petroljoggie ook n fooitjie te gee nadat hy brandstof in jou motor gegooi het of die persoon wat jou goedjies in n sak pak by die winkel of die man/vrou wat jou laat ry of stop by padwerke?

Stuiwer ·

Uit al die kommentare kan ek net die afleiding maak van hoe beïnvloedbaar mense is. Die idee van ‘n fooitjie aan kelners betaal, kom al jare aan. Nou het hierdie suinige ou van Amerika hierdie post geplaas en nou wil baie mense nie meer fooitjies betaal nie. Waarom het julle dan in die eerste plek fooitjies betaal? Oorsee vra goeie restaurante ook fooitjies. Waarom nou eweskielik ‘n issue daarvan maak. As julle dit nie kan bekostig nie, bly by die huis. Ek, egter, geniet dit om uit te eet en sal aanhou fooitjies betaal. Ek wonder maar net ook op hoeveel “onbenullighede” mense geld uitgee en dan is dit nie ‘n probleem nie (apple horlosies, state of the art selfone, duur motors en huise, ens.) As jy nie ‘n fooitjie by ‘n ordentlike restaurant kan betaal nie, gaan na fast food plekke toe. Daar is nie kelners om jou te bedien nie, maar as jy daai bietjie ekstra aandag soek, gaan na ‘n ordentlike restaurant en moenie kla oor die fooitjie nie.

Anti-Welsyn ·

Ek lees hierbo van almal se voorkeure en afkeure oor fooitjie en ek stem saam. Betaal die kelners ‘n basiese salaris en fooitjies sal dan dienslewering afhang. Ek gee ook baie keer fooitjies wat grens aan belaglik, beide baie of min. Maar die een wat my onderkry is KFC wat jou vra of hulle R2-00 kan bysit vir welsyn. Hulle vra jou reeds R18-00 vir ‘n R10-00 bottel koeldrank. Weet nie eers wat die kos se winsgrens is nie. Op daai punt sê ek elke keer hulle moet maar self R2-00 vat van die koeldrank se geld.

Niel ·

ek eet glad nie meer uit nie, maar wanneer ek uiteet dan gee ek ‘n gemiddelde 10% of bietjie meer – afgerond bygeseg. vir een persoon bv is dit dalk so R200 – so tip is dan maar net ‘n R20… en jy weet… mens voel goed as jy ‘n tip los, al voel dit dalk baie is dit darem so – ek eet ook so min uit, hoekom sal ek nie sommer ‘n tip los ook? Vir jare is dit “algemeen bekend” dat kelners nie goeie salaris kry nie. Hierbo word egter ‘n paar belangrike punte genoem – werknemers moet ‘n salaris ontvang volgens dept van arbeid met ‘n minimum loon? So, dit sal goed wees as mens dan bv voor jy instap by die restaurant dan vra vir die bestuur – word jou kelner betaal met ‘n salaris of nie? (of daar moet ‘n aanduiding wees) dan kan mens daarvolgens weet – ahh, hier werk die kelners sonder ‘n salaris, of met ‘n salaris – en dan diensooreenkomstig betaal. Dit is egter so dat baie keer daar verskuilde kostes ingebring word – groot frustrasie veral as mens ‘n groep vriende is, en party van die vriende gee nie hulle 10% nie, en die eind bedrag is heelwat minder sonder die 10% of glad nie gelyk met wat die rekening noem. elk geval – dis ‘n interresante debat wat hier eengegaan word – en dit sal goed wees as maroela media ‘n kundige advies kan inbring ens.

E.K. die eerste ·

Die meneer was “dapper” om dit op fb te plaas – nou kan hul uitvind wie hy is en van nou af sal kelners in sy kos spoeg voor hul dit bring! Hy wou mos! :D

Johanna ·

Ek wonder soms waar het die 10% footjie idee ontstaan. Die Restaurant eienaars weet dat die kelners wel footjies ontvang en ek dink dis dan ook seker die rede dat die salaris dalk net n basiese salaris is. ek gee gewoonlik n fooi soms minder as 10% – na gelang van wat ek bestel en hoe lank ek vertoef in die restaurant. Ek gee selfs n fooitjie by die petrol pomp stasie vir goeie diens gelewer. maar is van mening dat dit nie so behoort te wees nie. as jy n werk het, doen dit ten beste.

christa ·

Johan jy is so reg. Almal vra gewoonlik, “how are you” Vreemdes stel nie regtig belang nie, dis net ‘n gewoonte. Ek verpes dit net so. Ek vra dadelik waarmee kan ek help.

Theresa ·

10% is nie so erg nie en help darem om die persoon wat die keuse uitgeoefen het om ‘n kelner te wees om iets in die werkstyd op te bou.
Net soos in elke werksplek, kan slegte werk/diens egter nie vergoed word bloot omdat die samelewing so voel nie. Ander werknemers word afgedank. ‘n Kelner sal vir slegte of lui diens nie maklik meer as 10% kry nie? Weet van min mense wat nie bereid is om ‘n goeie fooi te betaal vir goeie, flinke en korrekte diens nie.

Sparkie ·

Ek werk by Eskom. Ek hou die ligte aan. Ek loop die ekstra myl vir my kliente want julle cellfone is gecharge en julle rekeraars werk. Die aircons en heaters werk mooi in julle kantore waar julle almal sit en die artikel lees en julle opinies op ander wil afdwing.
Ek het hulp of “Tips” nodig
Kan ek my bank rekening no vir julle stuur dat elke persoon ook vir my ‘n 10% op jy maandelikse elektrisiteit rekening kan stuur? Glo my ek verdien dit netsoos die kelners dit verdien.
Ek sukkel om uit te kom met my klein staats salaris.
Elke Woensdag aand word ek geboelie deur die restaurant eienaar deur ‘n onaanvaarbare ete rekening. Ses biere kan nie R200 kos nie. Daana moet ek 10% betaal aan kelners wat my heelaand misgekyk het as ek nog n bier vra.
As ek uitkom wag die carwatch by my motor deur met ‘n bak hand. R5 in sy hand gee jou ‘n gesig wat jou bangmaak, dit lyk amper net soos my skoonma.
Op pad huis toe trek die spietcops my af want hulle soek ook 10% want ek het te vinnig gery. Uit moedeloosheid stop ek by die plaaslike kuierplek waar ek ook die barman moet tip dat hy stilbly as die vrou bel. Dit alles in een aand. My hele lewe gaan om tips uitdeel. Op die ou einde het ek niks oor van my klein staats salaris nie.
Kan iemand my asb. help met ‘n paar “tips”?

Ben ·

Sparkie, jy kry ‘n salaris. Groot mederheid van die kelners nie.

Mariska Meyer ·

Elma, ek salueer julle. As mense eers die goedheid en guns van God in hulle eie lewens begin ervaar, kom jou siening sommer vanself. Dit gaan nie oor die hoeveel nie maar om wel te kan gee omdat daar weer vir jou ook gegee word deur ons Here. Beginsel van saai en maai.

Jozi ·

Kelners word uitgebuit deur sommige restaurant eienaars en suinige kliente
Punt. End van die prent.
Sonder kelners gaan geen restaurant hul kos tot by die kliente kry nie. So dit maak glad nie vir my sin dat hierdie arme kelners hulself in ‘n ‘stupid’ in werk en nie ‘n salaris en byvoordele ontvang soos enige ander werknemer nie.
Tweedens, ek glo maar aan daardie 10% of meer fooi. Ek gee met liefde meer as die diens goed is. As die kos goor is, blameer die ouens in die kombuis.
Ek is ‘n redelike persoon en gaan nie ‘n vloermoer gooi as daar ‘n probleem is met die eetgoed nie.
Maar moet nie met koue kos by my tafel aankom omdat dit vir ‘n wyle gestaan en “idle” het terwyl die kelners staan en chit chat nie.
Soos ek se. Daar sal nie ‘n tantrum wees nie, ek sal dit op ‘n ordentlike manier hanteer, maar die fooitjie gaan dalk nie heeltemal so “generous’ wees nie.
Dis egter ‘n skande wanneer sommige mense aangaan asof hulle die enigste kliente in d restaurant is, en die kelner beledig met ‘n lousy R2.00 of iets om die bedrag af te rond.
Daardie mense moet maar eerder by die huis bly of in die ry gaan staan by KFC.

Johann cb ·

Die fooitjie is min, maar die beginsel heel goed! Ek persoonlik gee wat ek kan bekostig en doen dit met ‘n goeie hart. Wat my bring by die volgende:
Hoe lyk jou bydrae vir die Kerk?
Ja, jy is reg – die Tiende!

Oop oge ·

Johann cb,
Jy sal die selfvoldanes en klemmende hande hartversaking gee met so `n stelling ! :)

Tiendes en offerhandes loop hand aan hand en offerhandes word nie gemeet aan wette en persoonlike beginsels (gevoelens) nie …jy gee dit vir die Here as `n dankoffer vir Sy Genade aan jou.

Peanut ·

Sjoe maar daar is baie mense wat sê hulle is onkundig oor bedieners se salarisse.
Ek was vir jare, as enkel ma, self n bediener om ekstra geld te verdien want pappie het besluit vroutjie no.2 se spa besoeke is belangriker as sy kinders se kos en skoolgeld.
Restaurante stel bedieners as ‘casuals’ aan en jy word nie as n werknemer indiens geneem. Jyt nie goed soos oortyd, al sit daai dronk hond wat nie tip nie tot 2 am, jy moet glimlag en vriendelik bly, wetend jy maak nie n sent.
By verskeie restaurante kry die bedieners n 2% of 3% kommissie op verkope, excl.VAT.
As dit n stil aand is gebeur dit dikwels dat jy met niks huistoe gaan, plus n negatiewe inkomste vir die aabd, want die ‘breakages’ ens.word steeds afgetrek, tot soveel as R25 per aand.
Maar ek kla nie, ek het 3 kinders grootgemaak, privaatskool se fooie betaal en studies en is nie n oomblik spyt. My kinders waardeer my want hulle het menige middae ma se bloedblase op haar tone salfie gesmeer. Vandag bedank hulle hul bediener elke keer wat hulle uiteet, hulle gee n goeie fooi in lyn met die diens en word oral en deur alle bedieners op die hande gedra.

Naas Vermaak ·

Julle wat vrygewig en met ‘n goeie hart tip….hopelik kruis ons paaie iewers en wees dankbaar want julle het The Secret ontdek….die res van julle ….I really hope and pray I never have the misfortune of meeting you….

Antifooi ·

Ek is anti fooi gee. Ek sien daar word geskryf dat oorsee se tips so groot is. Waar oorsee? My seun het vir 2 jaar n suid Korea gewerk. Daar word nie fooitjie gegee nie. Kelners sien dit as klap in die gesig as jy wil top gee. Daar word gese iemand is suinig as hy nie tip wil gee nie. Ek help liewer n boer met droogte hulp van R2000 per maand te gee, wat ek vir 6 maande gedoen het, as om n kelner R10 te tip. Ek gee liewer R10 000 vir ons ouetehuis se fondsinsameling as om te tip. Dis teen my beleid om ander werkgewer se werkers te betaal want ek het my eie werksmense vir wie ek moet betaal. Vir wie gee jy die tip by restaurant as een vir jou tafel aan wys, ander een bring spyskaart, 3 de een neem bestselling, 4 de een bring kos, 5 de een dek af en n 6 de een het die wyn bestselling behartig…….dit het al met my gebeur

Jaco ·

Op die sitkom “Third rock van the sun” wat stok oud is, was daar n episode waar Dick dit met n kelner gedoen het….die ou het die idiee daar gekry.

Ben ·

Nie net word Kelners nie betaal nie maar gaan kyk bietjie hoe word hulle werkure wat ook volgens wet veronderestel is om te werk – verkrag. Waar is die sogenaamde wets toepassers? Wette sonder toepassing is ‘n mors van die papier waarop dit gedruk is. Hierdie is maar die tip van die ysberg. Hoe meer ‘n mens gee hoe meer ontvang jy…. probeer dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.