Man se goedhartige daad in sy tyd van rou

Die oorspronklike Reddit-foto

Die oorspronklike Reddit-foto

‘n Groter weergawe van die foto volg onderaan die berig. ʼn Wewenaar het onlangs ʼn jong paartjie se rekening by ʼn restaurant betaal, en net ʼn briefie met sy rede in vir hulle agtergelaat.

Die gebruiker Turboturtle08 het Woensdag ʼn foto van die briefie, wat op ʼn servet geskryf is, op Reddit gelaai. Die byskrif by die foto lui: “ʼn Vriendin het ʼn klant gehelp om dié briefie vir die egpaar langs hom by ʼn restaurant te gee, nadat hy hulle rekening betaal het.”

“Julle ken my nie, maar my pragtige vrou, met wie ek 43 jaar lank getroud was, is verlede week oorlede,” begin die brief wat slegs deur die naam “Lee B.” onderteken is. “Ek het vanaand vir die eerste keer alleen geëet. Julle herinner my so baie aan ons jare gelede. Vergun my asseblief om julle aandete vanaand te betaal. Geniet! Dit sal Carol laat glimlag, en my ook, vir die oomblik, geluk bring. Voorspoedige Nuwejaar!”

Hy skryf ook onderaan: “Pay it forward!”, ‘n uitdrukking wat gebruik word wanneer ‘n begunstigde van ‘n goeie daad dit “terugbetaal” deur iets soortgelyk vir iemand anders te doen. Die konsep is al oud, maar dit is moontlik dat Lily Hardy Hammond die frase vir die eerste keer in haar boek In the garden of delight gebruik het. Daar was ook intussen ‘n rolprent met dieselfde naam.

Die oorspronklike Reddit-foto

Die oorspronklike Reddit-foto

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ria Maritz ·

Hierdie vat aan mens se hart !

Klein gebaar met die allermooiste bedoeling !

meg ·

my man lief om dit vir mense te doen , om te gee is lekkerder as om te ontvang

Hennie ·

Wonderlike voel-goed-nuus ondanks die hartseer van Lee. Liefde is die enige ding wat vermeerder as mens dit deel, so pay it forward

AmY ·

Dis so lekker om goeie (dog hartseer) nuus te lees.

Maar dan sien ek die brief sê aan die einde: PAY IT FORWARD.

So, daai paartjie nou weer aan ander goed gaan doen.

En ek is seker hulle gaan dit doen.

Lynette ·

Dit is regtig fantasties. Dit wys jou dat die “mooi in die lewe nog daar is”

Ediaan ·

Dit was ‘n baie goeie guns wat hy hulle bewys het.
Mense met daardie tipe karakter is skaars! Ek glo daar word ‘n spesiale plekkie in die Hemel voorberei vir ‘n engel soos Lee B*

Lillian ·

Kry mens werklik nog sulke mense in die ou wereld …? pragitge gebaar …

Leon ·

Jy kry sulke mense en ja dit is `n wonderlike gevoel as iemand jou rekening vir jou betaal en jy weet nie eers wie dit is nie. Dit het met myself en my vrou op Nelspruit gebeur.

Avra ·

Ek het eendag vir ‘n ouer dame ‘n sjokelade gekoop wat sy so graag wou hê en nie ‘n geldjie gehad het nie. Sy het in die winkel in trane uitgebars (en ek het saam met haar gehuil) Dis wonderlik om te gee as mens kan. Wonderlike jaar vir ieder en elk.

Braam ·

Twee stewige hand drukke vir Lee B. Een vir die mooi gebaar en die ander net om te se “Sterk wees in die hartseer stadium van jou lewe, ou vriend.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.