Man se ‘swangerskapfotosessie’ het internet gaande

Chris Urena. (Foto: C.U. Imagery)

Chris Urena. (Foto: C.U. Imagery)

ʼn Fotograaf van Allentown in Pennsilvanië in die VSA het die ganse internet op hol met grappige “swangerskapfoto’s” wat hy van homself en sy boepens laat neem het.

Die 29-jarige Chris Urena is so opgewonde oor die koms van sy eersteling dat hy besluit het om namens sy kamerasku vrou, Angie, te poseer vir swangerskapfoto’s.

Metro het berig Urena het drie van sy vriende, Nilo Hodge, Agustine Rivera en Kalief Robinson, genader om dié foto’s te neem. Die fotosessie het twee uur geduur.

“Al wat ek moes doen, is om op te daag en mooi onderklere te koop,” het hy geskerts.

Urena het aan die Press Association vertel hy het met die idee vorendag gekom, en sy fotograafvriende met die res van die voorstelle.

“Die fotosessie was skreeusnaaks,” het hy gesê. “Ons kon deurentyd nie ophou lag nie en dit was iets nuuts vir ons almal.”

In die foto’s poseer Urena kaalbolyf met handdoeke en pels en hou sy maag en bors vas terwyl hy die verwagte geboortedatum van sy baba teen sy maag hou.

Hy het nog nooit iets op so ʼn groot skaal gedoen nie en sy vriende en familie aanvaar dié lawwigheid as deel van sy aard, vertel hy. “Hulle sou niks minder van my verwag het nie.”

Die webwerf Reddit het die foto’s gedeel en dit het binne ure van Urena ʼn internetsensasie gemaak. “Dit is alles baie onwerklik,” het hy op Facebook geskryf. “Ek het gisteraand Reddit ‘gebreek’. Ek weet nie wat om hierna te verwag nie!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Valerie ·

Soek aandag om aandag af te trek van sy ware probleem. Strange but true.

Saartjie ·

Liewe aarde… die lewe raak al meer en meer weird. Dit is absoluut n totale teenstryd op normaal

Ai ·

Dis snaaks. As sy vrou nie wil poseer nie,dan capture hy dit namens haar.Onthou hy het dit nie vir die wêreld gedoen nie,maar vir sy vrou as ‘n grap.

Daan ·

Stem saam jou wynand. Dit gril vi my so my toonaels wil uit vibreer … Fooi

Johan. H. ·

Internet gaande,, Weet darm nie,,, Dit se baie van die mensdom!!

Oujongvrou ·

Al wat ek kan se is gaan dringend op dieet. Ek sou nie my oorgewig lyf so ten toon stel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.