Man sit in wasmasjien vas

Die man wat in die wasmasjien vasgesit het

Die man wat in die wasmasjien vasgesit het

ʼn Man wat sy wasmasjien wou herstel, se kop het in die masjien vasgesit toe hy dit in die drom ingedruk het.

Brandbestryders in Fujian, China, is Sondagmiddag na die woonstel ontbied waar die man, wie se naam nie bekend gemaak is nie, in die wasmasjien vasgesit het.

Die man was besig om die drom te herstel en wou beter sien, toe hy sy kop ingedruk het, het die Fujian-brandweer op sosiale media berig.

Die man se vriende het hom op die vloer gevind en sy kop met seep gesmeer in ʼn poging om hom te bevry, berig die Mirror. Toe dit nie werk nie, het hulle die reddingspan ontbied.

Ses brandbestryders het 40 minute lank gesukkel om deur die masjien te saag voor die man bevry is.

Volgens die Metro het die man slegs geringe snywonde opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hennah ·

Ek hoop iemand het hom deeglik “die kop gewas” oor sy dom optrede!?

Estelle ·

Los hom maar vir ñ rukkie nog daar. Dan kan hy sien hoe smerig vuil daardie wasmasjien is. Die vriende moes die seep vir ñ beter doel aangewend het…. was die wasmasjien?

Jef ·

Nou kan hy vir almal se…..ek weet hoe n wasmasjien van binne lyk….en julle nie

neelsie ·

Wat wou hy nou eintlik sien?
Sy nuuskierigheid het hom kop eerte in die moeilikheid gehad.
Mense wat dink doen nie sulke dinge nie!!
Jy druk nie jou kop in gate nie!

Pieter ·

As die kop in kon gaan, moet hy mos weer uit kan kom of het hy bakore?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.