ʼn Man wat sy wasmasjien wou herstel, se kop het in die masjien vasgesit toe hy dit in die drom ingedruk het.
Brandbestryders in Fujian, China, is Sondagmiddag na die woonstel ontbied waar die man, wie se naam nie bekend gemaak is nie, in die wasmasjien vasgesit het.
Die man was besig om die drom te herstel en wou beter sien, toe hy sy kop ingedruk het, het die Fujian-brandweer op sosiale media berig.
Die man se vriende het hom op die vloer gevind en sy kop met seep gesmeer in ʼn poging om hom te bevry, berig die Mirror. Toe dit nie werk nie, het hulle die reddingspan ontbied.
Ses brandbestryders het 40 minute lank gesukkel om deur die masjien te saag voor die man bevry is.
Volgens die Metro het die man slegs geringe snywonde opgedoen.
Hoe Dòm kan ‘n mens nou wees!!!
Die arme ou kort nou ‘n nuwe wasmasjien.
Ek hoop iemand het hom deeglik “die kop gewas” oor sy dom optrede!?
En die wenner van die Darwin prys is………….
Los hom maar vir ñ rukkie nog daar. Dan kan hy sien hoe smerig vuil daardie wasmasjien is. Die vriende moes die seep vir ñ beter doel aangewend het…. was die wasmasjien?
Nou kan hy vir almal se…..ek weet hoe n wasmasjien van binne lyk….en julle nie
Wat wou hy nou eintlik sien?
Sy nuuskierigheid het hom kop eerte in die moeilikheid gehad.
Mense wat dink doen nie sulke dinge nie!!
Jy druk nie jou kop in gate nie!
As die kop in kon gaan, moet hy mos weer uit kan kom of het hy bakore?
Dis nou wat jy n Brood noem….mense siele…
As die kop dom is , moet die lyf sukkel……..
wtf my ou!!! lmga dis skreeu snaaks…