Man skei ná hy vrou sonder grimering sien

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgetroude man van die Verenigde Arabiese Emirate het van sy vrou geskei, omdat hy haar glo nie sonder grimering herken het nie.

Die Arabiese paartjie het by die Al Mamzar-strand in Sharjah in die VAE gaan swem en die 34-jarige man was geskok toe sy 28-jarige vrou se “gelaatstrekke verander het” toe haar grimering afgespoel het.

Die man het gemeen sy lyk nou nie meer so mooi as voor die troue nie, en het haar daarvan beskuldig dat sy hom bedrieg het deur soveel grimering te dra, het die Gulf News berig.

Dr. Abdul Aziz Asaf, sielkundige, het gesê die vrou het sy kliniek gekontak om haar te help om die trauma ná die egskeiding te verwerk.

Die man hou vol hy kon sy vrou nie herken nadat haar grimering afgewas is nie. Die vrou het glo vals wimpers gedra en kosmetiese sjirurgie ondergaan voor die troue.

Volgens Asaf was die vrou van voornemens om haar man die waarheid te vertel, maar toe is dit te laat.

“Die man het dadelik van die vrou geskei en geweier om te probeer om te versoen.”

Die paartjie was ses maande lank verloof.

Bron: Gulf News, Cosmopolitan, Times of India

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Soekie ·

En as sy vrag die dag skuif van borskas na hangkas?. Beter dat hy gaan. Wag tot sy hom in die kraamkamer beetkry. Lagwekkend, sommige mense. Eish

Marianne ·

Gremeering? Regtig?
Ja nee as vrou wat die goed soms dra, het ek al Rocky Horror Picture Show vroue sonder die lae en kleure gesien.
Tog, die metro man, deesdae het ook before and after looks.
Well done Charley en Revlon.

Before and after ·

Sal graad n before and after foto van die vrou wou sien hehe, dit klink erg

Voorlaaier ·

Ja nee kyk!…ou voorlaaier skrik homself ook party oggende nugter wakker as ek di ” affere” langs my op in di bed aanskou.. Mense!..dis ni i mooi gesig ni!…?

Leeutjie ·

Voorlaaier jy het my nou laat skater! Jy moet maar net bid dat sy nie een oggend voor jou wakker word nie!!!

Adamsrib ·

wat het geword van ” for better or for worse” , die vrou moet nou ook iemand dagvaar want duidelik het kosmetiese sjirurgie nie gehou na swem nie hahahaha……lollllllll

Uvonka ·

En so duik narre oral op, tot in die VAE, wat ‘n grap!!!!!

BOLANDER ·

Het jy al in jou lewe van so iets gehoor. Die wêreld is besig om heeltemal mal te word!!!!!!!!!!!!!!!!

Leon ·

Soos die ou grappie: Die oom vat sy vrou dokter toe vir ‘n ondersoek. Na die tyd kom die dokter by die oom en sê:- “Oom, ons het hier met ‘n lelike ding te doen!” “Ja”, sê die oom, “ek weet dokter, maar sy is darem goed vir die kinders!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.