Man speel bal met witdolfyn

Skermgreep uit die video

ʼn Video word wyd op sosiale media gedeel waar ʼn man bal speel met ʼn witdolfyn, ʼn Arktiese walvisagtige soogdier.

Die video is in die Arktiese oseaan verfilm toe ʼn groep rugbyondersteuners ʼn rugbybal begin gooi het vir die witdolfyn, ook bekend as ʼn beloega. Hulle het glo ʼn amptelike 2019 Rugbywêreldbekerbal gebruik vir die ongewone speletjie.

New Zealand Herald berig die video is deur bemanningslede aan boord die Gemini Craft verfilm.

Die video, wat intussen reeds meer as 20 miljoen keer op Twitter gekyk is, begin met die witdolfyn wat die bal aan die man op die boot teruggee. Die man gooi dan weer die rugbybal in die water en die vriendelike beloega jaag die bal en bring dit weer terug.

Volgens die National Geographic is beloegas bekend vir hul vriendelike geaardheid en gebruik klikke en fluite om te kommunikeer. Hulle is bekend vir hul gekwetter.

Baie walvisagtiges sal soms die lewe skenk aan albino kleintjies wat dan verkleur namate hulle ouer word, maar die witdolfyn word al witter namate dié ouer word. Witdolfyne kan tot 5 m lank word en het ‘n kenmerkende boggel op sy kop.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wit Willie ·

Dit is die enigste berig wat ek nou vandag geniet het. Pragtig.

Hennie Visser ·

Vir ‘n lang tyd was ek sonder ‘n rekenaar, met gevolg dat ek in daardie tyd nie Maroela Media gelees het nie. Nou is ek terug en dis ‘n “lekker tuis” gevoel . Dankie vir jul nuusbrief, Hennie Visser

J ·

“…kenmerkende boggel op sy kop.” Herinner my aan ‘n voormalige president.

Kanadees ·

dis nie n wit dolfyn nie ….dis n Beluga Whale aka White Whale

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.