Man verkoop bottels ‘skoon lug’ aan rykes

John Green van Brittanje. Foto: thelocal.ch

John Green van Brittanje. Foto: thelocal.ch

John Green van Brittanje bedryf ʼn onderneming wat skoon lug aan rykes verkoop.

Die onderneming, Mountain Air from Switzerland, belowe skoon lug aan mense wat in lande bly waar lugbesoedeling ʼn groot probleem is.

“Hierdie is die beste geskenk vir mense wat reeds alles het” sê hy op die webwerf.

Volgens John is sy teikenmark rykes in lande soos China, waar lugbesoedeling erger raak by die dag. Die lug word in Switserland gebottel en John sê hy klim so hoog as 3000 voet om dié lug te versamel.

“Ons besoek ʼn plek naby Zermatt, bottel die lug, plak die etiket op en stuur dit na plekke regoor die wêreld,” vertel John.

Selfs die koördinate van waar die lug “gebottel” is, word op die bottel se etiket gedruk, saam met ʼn sertifikaat wat egtheid belowe.

Nou hoe gemaak wanneer jy die bottel het?

Die bottel moet eers in die yskas gesit word, want dit is blykbaar die beste manier om jou skoon lug te geniet as dit koud is. Dan moet jy jou bottel oopmaak en diep asemhaal. En siedaar!

John belowe 25 persent van alle wins aan ʼn niewinsgewende organisasie in Afrika, maar het blykbaar nog nie vreeslik baie bestellings ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cara ·

LMK! :) :) Nou het ek al alles gehoor. Jy se ‘skoon lug’ in n bottle. Mense ons sal hier in SA ook skoon lug in die berge moet gaan vasvang en verkoop….goeie entrepeneurs. LOL.

ANNALIE CONRADIE ·

Ag nee wragtie, nou het ek alles gehoor. Kan nie glo mense is so desperaat om geld te mors om dit te koop nie. Daar is mense wat nie eens geld het om kos te koop nie.

Valerie ·

Haha, soos omtrent elke handelsnaam gebottelde water wat van ‘n geheime fontein “êrens” in die Drakensberg kom. Wil tog so graag al daai plekke in die ‘Berg sien…het seker almal krane en is in iemand se “yard” in Benoni of Durban.

Reinhardt ·

100% valarie. Gebottelde water kos meer water om te maak as wat daar in die bottel is. En ekt nog nooit dood gegaan van ons kraanwater nie. Koop liewer n filter as dit jou pla.

Rest my case ·

Ek het n video gesien an n vroue pastoor, sy verkoop n bakkie ysblokke vir n R100, ……..kerk se naam with a lot of cash. Maar die kerk vat nie sekere lande se geld nie, Dis holy ice, as jy vanaand gaan slaap sit jy die ys langs jou, sodra jy wakkee word i al jou probleme weg gesmelt. Nou wonder ek net, ek sien darem nog die ys (hahaha), maar as ek sy skoon lug koop sien ek niks. Watter een van die twee vat die koek. Nee jy moet regtig dom wees om een van die twee se bollie te koop. Wat nog?

TDW ·

Almal het presies dieselfde gesê van gebottelde water, nou koop almal hul water in bottels.

Reinhardt ·

Gebottelde lug… amper soos, wat noem mens dit nou weer? Oh ja… water.

Maggie ·

Daai man se gesigsuitdrukking sê :”Ek kan nie glo die ouens val sowaar vir my geldmaakfoefie nie.”

Laans ·

…hiehie dit klink kompleet asof hy Aloysius O’Hare se idee in Lorax fliek gesteel het :-)

Magda ·

Ek gaan nou smarties verkoop aan al die minder slim mense. Mens mag mos nie se dom nie!

Mariana ·

Ek is seker blond rerig, maar hoe op aarde sal hy weet die bottel is vol lug, en die mens wat dit moet inasem, suig hy die lug uit wat hy nie kan sien nie…dis die malste waarvan ek nou nog gehoor het…

Oudste ·

Vir die wat oud genoeg is om te onthou: Baie mense in die RSA het destyds geval vir Adriaan Niewoudt van Garies se vrot melk skema, so dit is nie so vergesog nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.