Man wou 2 000 km roei vir liefde

Argieffoto (Foto: David Nisley/Pixabay)

ʼn Man van Viëtnam wou 2 000 km van Thailand na Indië roei om sy vrou te sien. Hy is aan die kus van Thailand gered, het ʼn senior vlootbeampte aan AFP gesê.

Ho Hoang Hung het in ʼn opblaasbare rubberbootjie van Phuket vertrek, met water en kitsnoedels, maar geen navigasiestelsel nie. Hy was van voornemens om die Golf van Bengale oor te steek, naby die aanvang van die sikloonseisoen.

ʼn Vissersboot het die 37-jarige man Woensdag naby die Similan-eilande, sowat 80 km van die kus van Thailand, gevind en die vloot se mariene veiligheidseenheid gekontak. Hulle het die man kom red.

Ho het aan beamptes gesê hy wou na sy vrou toe gaan, wat in Mumbai werk. Hulle het mekaar twee jaar laas gesien weens Covid-19-reisbeperkings, het kapt. Pichet Songtan van die Thaise bevelsentrum aan AFP gesê.

Pichet sê die man het nie enige kaart, kompas, GPS of ander klere by hom gehad nie; slegs ʼn beperkte hoeveelheid vars water.

Hy het aanvanklik van Viëtnam na Bangkok gevlieg, maar sonder ʼn visum kon hy nie na Indië reis nie. Hy het daarna met ʼn bus na Phuket gery en die rubberbootjie aangeskaf.

Hy het teen 5 Maart weggespring, maar ʼn wind van voor het hom teruggehou en hy het baie beperkte vordering gemaak in die twee weke voor hy gevind is.

Thai-beamptes sê Ho sal na Phuket terugkeer vir verdere ondervraging.

“Ons het met die Viëtnamese ambassade en die Indiese ambassade kontak gemaak, maar nog nie ʼn reaksie gekry nie,” het Pichet bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.