Man wou glo by tiers se hok inbreek

(Foto: Franklin Park Zoo/Facebook)

ʼn Man is Maandag in hegtenis geneem toe hy by die tiers in ʼn dieretuin se hok wou inbreek.

Die polisie in Massachusetts sê die 24-jarige Matthew Abraham het omstreeks 09:00 die oggend oor ʼn hek geklim om by die Franklin Park-dieretuin in Boston in te kom. “Hy het verskeie waarskuwingstekens geïgnoreer en oor drie verskillende heinings geklim. Hy kon egter nie by die tiers uitkom nie.”

Die dieretuin het in ʼn verklaring gesê die man was in ʼn gebied agter die tiers se hok – wat nie vir die publiek toeganklik is nie. Toe personeel hom nader, het hy weggehardloop. Sekuriteitsbeamptes het hom egter gou opgespoor.

Toe die polisie hom ondervra, het hy gesê hy stel slegs baie belang in tiers. Hy is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van oortreding en wanordelike gedrag.

Boston-nooddienste het hom ondersoek en bepaal dat hy medies geskik is.

Abraham het skuld ontken in die Dorchester-distrikshof. Die staatsaanklaer het egter vrae gevra oor Abraham se geestelike welstand. Hy is vrygelaat op borgtog en ʼn regter het hom beveel om van die dieretuin weg te bly.

Abraham, ʼn student aan die Worcester State University, het Maandag aan WBZ-TV gesê hy het nie besef hy is in ʼn gebied wat nie vir die publiek toeganklik is nie, tot veiligheidsbeamptes hom voorgekeer het. “Die hek moes nie oop gewees het nie; ek het net ingestap. Ek wou nie enigiemand seermaak nie, ek wou nie die tiers seermaak nie. Ek wou ook nie myself seermaak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Benn

Tiers? Tiere…