Mans sê hulle is byna 80 jaar gelede met geboorte omgeruil

Jackie Lee Spencer (links) en John Carr

Twee mans voer aan hulle is byna 80 jaar gelede met geboorte omgeruil en saam met die verkeerde gesinne huis toe gestuur.

John William Carr III en Jackie Lee Spencer is op 29 Augustus 1942 by die Rooms-Katolieke St Joseph-hospitaal in Buckhannon, Wes-Virginië in die VSA gebore. Hulle het Vrydag die bisdom van Wheeling-Charleston gedagvaar vir pligsversuim en nalatigheid.

Volgens die hofdokumente is die fout verlede jaar ontdek toe DNS-toetse bewys het Carr en Spencer het geen genetiese verbintenis met die gesinne by wie hulle grootgeword het nie, maar hulle pas mekaar se gesinne.

Carr, Spencer en hul families het “ʼn leeftyd se gevolge gely” weens die omruiling en hulle eis skadevergoeding.

Die bisdom reageer nie op hangende hofsake nie, het woordvoerder Tim Bishop gesê.

Spencer het meer as 50 jaar lank gesoek na die man wat op sy geboortesertifikaat aangedui word as sy pa. Hy het gehoor die man het sy ma net voor sy geboorte verlaat. Ná hy familielede van die man opgespoor het, het Spencer ʼn DNS-toets laat doen om te bepaal of hy verwant is aan hulle, en gehoor hy is nie hulle bloedfamilie nie. ʼn Bykomende DNS-toets het gewys hy is boonop glad nie verwant aan enigiemand wat hy gedink het is sy gesin nie.

Toetse het bewys hy is eintlik verwant aan Carr se familie en ʼn verdere soektog het bevind dat Carr op dieselfde dag by dieselfde hospitaal gebore is.

Spencer en sy vrou het met Carr kontak gemaak, wat op sy beurt ook ʼn DNS-toets gedoen het om te wys dat hy is verwant aan Spencer se familie.

Spencer voer in die hofdokumente aan hy het nooit kans gehad om sy familie te leer ken nie.

“Talle van die persone wat Jack sy lewe lank moes ken, is nou al reeds weg,” lui die dokumente. “Hy voel asof meeste van sy familie eensklaps dood is. Hy treur oor die verlies van die lewe wat hy veronderstel was om te lei, terwyl hy dié gevoelens probeer balanseer met die liefde en dankbaarheid vir die familie by wie hy grootgeword het.”

Carr, met sy blou oë, sê hy lyk anders as die gesin wat hom grootgemaak het en het altyd gevoel hy pas nie in nie. “Ek het nooit gevoel of ek inpas nie, want my ma en pa het bruin hare en bruin oë gehad, net soos my broer en suster,” voer Carr aan in die hofsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Renier

die Rooms katolieke kerk se “personeel” doen baie dinge verkeerd.

Scalla

Wat gaan dit help om te dagvaar???

Tienie

Dit is die mees onmenslikste ding wat jy as mens aan n pasgebore baba kan doen.

Dagvaar hulle vir miljoene.

Verlore tyd kan jy nie inhaal nie…..

Ons Skepper het nie verniet DNA geskep nie.

Hêl. Dit is hartseer…

Zelna

Ek dink dieselfde, ek gebore in SWA in Tsumeb. Daai dag ook net 2 dogters gebore. Ek voel ons is ook dalk omgeruil, Ek lyk glad nie na een van my) broers of sisters nie. Maar niemand kon my meer. Inligting gee nie.

JM

Só tragies!