Mapstieks! Apie vlieg ʼn vlieër in dié video

Skermgreep uit die video

Video’s van diere se gedrag word deesdae, tydens die afsonderingsperiode, wyd op sosiale media gedeel. Miljoene mense moet binnenshuis bly om die verspreiding van die koronavirus te voorkom, maar dit lyk of diere buite hul gate uit geniet.

Een van dié video’s is ʼn apie wat op ʼn dak sit en ʼn vlieër vlieg.

Dié buitengewone toneel het die tonge dadelik laat klap toe dit Donderdagoggend vroeg op Twitter gedeel is. Die apie trek aan die tou van ʼn vlieër terwyl ʼn skare in die agtergrond hom aanmoedig en lag vir die ongewone toneel.

Die video eindig wanneer die apie uiteindelik die vlieër in die hande kry.

Susanta Nanda van die Indiese bosboudienste, het bevestig dit is beslis ʼn apie op die dak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jan ·

Dit is baie duidelik in die video dat die aap nie die vlieër vlieg nie. Dit is duidelik dat hy maar net eenvoudig die ding aan die end van die lyn intrek om dit is sy dier natuur van nader te bekyk. Ook is daar nie mense wat hom aanmoedig nie. Om “hey hey” te skree beteken nie aanmoedig nie, dit beteken “los uit”. Die aap trek aan die tou om die ding aan die einde daarvan te bekyk, en daar is geen mens naby om hom te verwilder nie, dus is dit ook niks buitegewoon nie. So hier is geen sprake van ape wat mens begin word nie en binnekort regop gaan loop en praat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.