Mia Aflalo is maar net vyf jaar oud, maar sy het reeds haar merk gemaak in die modebedryf met haar haredos.
Aflalo is in Tel Aviv, Israel gebore en het reeds meer as 54 000 volgelinge op Instagram wat haar haarmodes volg. Haar foto’s is ook al op die British Vogue se webwerf gepubliseer.
Talle sosialemediagebruikers meen dit is nie goed dat ‘n vyfjarige só aan die kollig blootgestel word nie, maar Mia se haarstilis, Sagi Dahari, het aan die Daily Mail gesê sy is alles behalwe ʼn “diva”. “Prinses Mia” (soos hy haar noem) kla of baklei nooit nie. “Sy wag geduldig en glimlag vir almal,” het Dahari gesê.