Mapstieks! Kyk dié vyfjarige se haredos

Mia Aflalo is maar net vyf jaar oud, maar sy het reeds haar merk gemaak in die modebedryf met haar haredos.

Aflalo is in Tel Aviv, Israel gebore en het reeds meer as 54 000 volgelinge op Instagram wat haar haarmodes volg. Haar foto’s is ook al op die British Vogue se webwerf gepubliseer.

Talle sosialemediagebruikers meen dit is nie goed dat ‘n vyfjarige só aan die kollig blootgestel word nie, maar Mia se haarstilis, Sagi Dahari, het aan die Daily Mail gesê sy is alles behalwe ʼn “diva”. “Prinses Mia” (soos hy haar noem) kla of baklei nooit nie. “Sy wag geduldig en glimlag vir almal,” het Dahari gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Retha ·

Pragtige klein pop!! Pappa en Mamma mag maar gerus spog met hul kleinding.

Amelia ·

En die bohaai oor die hare??????
Sy is net oor die algemeen sommer pragtig. Dai ogies en mondjie….te pragtig.

Pragtige GESIGGIE ·

Gesiggie is pragtig.
Mense moenie bohaai maak oor hare nie – sy is n mooi dogtertjie
— weet van kinders wat probleme opgetel het met TE dik TE lang hare… hoofpyne, beperkte groei ….

Pragtige ogies

Myra ·

Baie koslik, hare wow.
Dink net, raak haar nekkie nie seer nie?

Andrea ·

Sjoe, wat m pragtige poppie met die ongelooflikste hare. Wens ekt net n kwart daarvan gehad! ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.