ʼn Foto van ʼn eend met ʼn allemintige 76 baba-eendjies word wyd op sosiale media gedeel, telkens met die reaksie: “Hoe is dit moontlik?”
Brent Cizek, ʼn amateur-natuurfotograaf, het dié eend en haar kleintjies op die Bemidji-meer in Minnesota afgeneem.
Die gebeurtenis is seldsaam, omdat mens gewoonlik net tussen 10 en 20 kleintjies agter hul ma aan sien swem. “Dit was absoluut verstommend,” het Cizek aan die New York Times gesê. “Ek het nie geweet ʼn eend kan vir soveel kleintjies sorg nie.”
ʼn Foto van dieselfde eend is op 13 Julie deur die National Audubon Society in ʼn artikel gebruik en het verklaar dat eende soms hul eiers in ander eende se neste plaas en die kleintjies neem dan die “nuwe” hen as ma aan.
Dis egter nog steeds nie duidelik hoe dié eend soveel kleintjies gekry het nie.
“Almal sê sy is die ma van die jaar!” het Cizek bygevoeg.
Lees meer: New York Times
Sien nog foto’s: Brent Cizek
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Pragtig! Surrogaat eend. ? dis een(d) te veel….
Hulle het ook kleuterskool, waar een na die kleintjies omsien terwyl die ander eet, of rus. Elke ken sy moeder…
Wonderlike artikel. Dankie Maroela Media.
Seker nie die regte foto by die berig nie want ek sien nie 76 baba-eendjies nie.
Ai mense sy is die plaaslike swem instruktrise. Hulle is almal na die foto weer na hulle huise toe.