Mapstieks! Rys wys hoe ryk Bezos is

Jeff Bezos (Foto: Steve Jurvetson via Wikimedia Commons)

Hoe ryk is Jeff Bezos, stigter van Amazon? ʼn Video op TikTok beantwoord dié vraag met behulp van ryskorrels en dit laat sosialemediagebruikers stom staan.

Humphrey Yang, ʼn 32-jarige e-handelkonsultant van San Francisco, het rys gebruik om Bezos se fortuin met rys uit te beeld.

Een korrel rys verteenwoordig $100 000. Om dus $1 miljoen uit tebeeld, het hy 10 korrels rys gebruik. ʼn Miljard dollar is dus 10 000 korrels rys.

Yang het in ʼn eerste video gewys hoe $1 miljard lyk – net omdat mens nie eintlik ʼn begrip het van hoeveel dit is nie.

Sy aanhangers op TikTok het hom toe gevra om ʼn tweede video te maak waar hy Bezos se fortuin uitbeeld. Bezos se welvaart het ten tyde van die video op ongeveer $122 miljard gestaan.

Yang het bygevoeg hy het ‘n paar gesinne wat die rys kan gebruik wat hy gekoop het, so dit sal nie verkwis word nie. Sedert hy sy video verlede week Vrydag op Twitter gedeel het, is dit reeds meer as 2,6 miljoen keer gekyk.

Jeff Bezos (56) is ‘n Amerikaanse internet-entrepreneur en mediamagnaat. As stigter en uitvoerende hoof van Amazon.com, oorspronklik ‘n aanlyn boekwinkel wat intussen ‘n wye verskeidenheid produkte en dienste aanbied, het hy ‘n beslissende rol in die groei van e-handel gespeel. Hy is een van die rykste mans in die wêreld.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vriendelike Frikkie ·

As jy my rykdom uitbeeld as 1 korrel per Rand gaan ek baie vinnig van honger doodgaan… ;-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.