Maroela Media se 10 gewildste gedoriewaar-stories vir 2018

Hierdie 10 artikels is in 2018 die meeste gelees op Maroela Media se Gedoriewaar-afdeling.

10. Man se fooitjie-idee het meeste warm onder die kraag

ʼn Facebook-gebruiker wat sy idee vir ʼn fooitjie in ʼn restaurant op dié sosialemediawebwerf gedeel het, het meeste persone (veral enigiemand wat al ʼn kelner was) warm onder die kraag. Lees meer

9. Spiertier se vrou: Ek is soveel meer as my lyf

Jenna Kutcher, ʼn troufotograaf van Wisconsin in Amerika, was onlangs in die kollig nadat iemand op Instagram vir haar gesê het hulle kan nie glo dat sý so ʼn aantreklike man kan kry nie. Lees meer

8. Groot boerpot, en toe begin alles skeefloop

Daar is gedurig stories oor teenspoed wat mense tref net nadat hulle ʼn groot boerpot gewen het. Lees meer

7. Identiese tweeling trou met identiese tweeling

Twee stelle identiese tweelinge sal hierdie naweek trou aan mekaar beloof nadat hulle saam verlief geraak het op mekaar. Lees meer

6. Slaap binne twee minute met dié tegniek

ʼn Weermaggeheim om slapelose nagte te voorkom, het aan die lig gekom. Lees meer

5. Groot debat oor vrou se streng reëls vir haar man  

ʼn Vrou het ʼn omstrede lys van reëls vir haar man op sosiale media gedeel en dit het intussen groot opslae gemaak. Lees meer

4. Eerlike doodsberig laat die wenkbroue lig

ʼn Vrou van Minnesota se doodsberig het vandeesweek aandag getrek nadat haar kinders eerlik was oor hul gevoelens. Lees meer

3. Dalk die domste diewe ooit?

ʼn Groep rowers loop in ʼn winkel in. Die eienaar vra hulle om later terug te kom wanneer hy meer geld vir hulle sou hê… Lees meer

2. Foto’s: Dié gesinsfoto’s het almal aan die lag

ʼn Professionele fotograaf se swak redigeerwerk van ʼn gesin se groepsfoto’s het almal aan die lag. Lees meer

1. Ooievaarstee gekanselleer toe almal vir baba se naam lag

ʼn Swanger ma het skielik ʼn ooievaarstee gekanselleer toe haar familie grappies gemaak het oor die naam wat sy vir haar babaseuntjie gekies het. Lees meer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.