Maroela Media se 10 vreemdste stories vir 2017

In Maroela Media se “Gedoriewaar”-kategorie publiseer ons al die eienaardighede, die vreemde stories, seldsame verskynsels, en stories wat jou na jou asem laat snak of sal laat lag van plesier.

Hier is die stories wat vanjaar die meeste in dié kategorie gelees is.

10. [Foto’s] Dié rokkies wil sy beslis nié dra…

Dit is vreeslik gerieflik om inkopies aanlyn te doen, maar daar is sommige dinge wat liefs nie oor die internet bestel moet word nie. Hier is ʼn paar voorbeelde van meisies wat dit gewaag het om hul matriekafskeidrokke op dié manier te koop. Ai tog… Lees meer.

Foto: BoredPanda.com

9. [Foto’s] Die spinnekop wat vir ete opgedaag het

ʼn Spinnekop, so groot soos ʼn bord, het onlangs aan ʼn paartjie se agterdeur “geklop”, net toe hulle wou aansit vir ete. Lees meer.

Foto: Lauren Ansell verskaf aan Daily Mail (via ANA)

8. [Foto’s] Bielie van ʼn baba verower harte

Foto’s van ʼn yslike babadogtertjie in Keystone Heights in die Amerikaanse deelstaat Florida wat by geboorte byna 6 kg geweeg het, verower duisende harte wêreldwyd. Lees meer.

Baba Carleigh (Foto: Sweet Smiles Photography Studio)

7. Dirty Dancing-roetine loop skeef vir dié paartjie

ʼn Paartjie is bewusteloos gelaat toe ʼn dansbeweging uit die bekende 1980’s Dirty Dancing-fliek, wat hulle vir hul troudag wou oefen, skeefgeloop het. Lees meer.

Foto: Elle Hardy, Twitter

6. Ses vroue daag toe met dieselfde rok op

Ses vroue het met dieselfde rok opgedaag by hul vriendin se troue – en hulle was nie die strooimeisies nie! Lees meer.

Foto: Debbie Speranza, Facebook

5. ‘Liggaam’ in oprit het bure op hol

ʼn Oënskynlike liggaam van ʼn man wat in ʼn huis se oprit onder ʼn motorhuisdeur vasgevang is, het paniek in Greenville in Texas in die VSA veroorsaak. Lees meer.

Dié Halloween-versiering het tot talle oproepe aan die plaaslike polisie gelei. Foto: Facebook via Greene County TN Sheriff’s Department

4. Vonds in motorhuis maak hom ʼn miljoenêr

Dit klink soos iets uit ʼn rolprent, maar ʼn vonds wat in ʼn motorhuis gevind is gaan moontlik van die eienaar ʼn miljoenêr maak. Lees meer.

3. Foto’s: Is dit die mooiste dogtertjie in die wêreld?

ʼn Sesjarige van Rusland is as “die mooiste meisie in die wêreld” aangewys. Lees meer.

Foto: anna_knyazeva_official, Instagram

2. [Foto’s] Boer se blink plan trek selfs oorsee aandag

Ons weet nou al ʼn boer maak maklik ʼn plan, maar ʼn Vrystaatse boer het omtrent ʼn kreatiewe plan gemaak. Lees meer.

Foto: Facebook

1. [Foto’s] Kinders moet gesien word…

Enigiemand wat al klein kindertjies in die huis gehad het, weet al as daar ʼn lang, vreemde stilte is, om dadelik te gaan ondersoek instel. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Helene Smuts ·

mooiste dogtertjie defnitief die mooiste. engel gesiggie

HPV ·

As ek so na daardie mielies kyk, megaboer, jy verdien daardie blaaskans deur en deur! Jy mag maar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.