Meer as R16 miljoen vir ʼn bottel whisky

Danny McIlwraith van Bonhams-afslaers met die bottel Macallan Valerio Adami, (Foto: Andrew Milligan/PA via AP)

Die wêreld se duurste bottel whisky is Woensdag by ʼn veiling in Skotland verkoop vir £848 750 (byna R16,2 miljoen).

Die 60 jaar oue bottel Macallan Valerio Adami is by die Bonhams-whiskeyveiling verkoop. Die whisky is in 1926 gedistilleer en in 1986 gebottel. Kenners beskryf dit as die “heilige graal” van whisky, weens die seldsaamheid daarvan en unieke kunswerk op die bottel, aldus die BBC.

Die vorige rekord was ook ʼn bottel Macallan Valerio Adami 1926 wat in Mei by Bonhams Hongkong vir £814 081 verkoop is.

Die Skotse distilleerder Macallan het popkunstenaars Valerio Adami en Peter Blake versoek om kunswerke te ontwerp vir ʼn beperkte oplaag van 24 bottels en die twee kunstenaars was elk verantwoordelik vir 12 bottels.

Die genoemde twee bottels is ontwerp deur die 83-jarige Italiaanse skilder Adami wat bekend is vir sy kleurvolle kunswerke wat met swart omlyn is.

Die Blake-bottels het nie so goed gevaar by veilings nie, aldus die luukseleefstyltydskrif The Robb Report. Dié Engelse kunstenaar is veral bekend daarvoor dat hy die kunswerk behartig het vir die Beatles se “Sgt. Pepper’s Lonely Hearts Club Band”-album.

Dit is nie duidelik hoeveel Adami-bottels nog bestaan nie. Een is vermoedelik in 2011 vernietig tydens ʼn aardskudding in Japan en minstens een is reeds oopgemaak en gedrink, het die BBC berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Herman ·

Teen R 533 333.00 per sopie sal ek sooibrand in die hoogste graad kry..

Netso ·

Hou daai bottel vêr van jou verkeerde vriende op ñ laatnag weg asb!

christa ·

kan nie glo mense kan nog geld mors op gemors nie. Daar is duisende arm blankes wat
sal smag na ‘n stukkie brood maar geld word so vermors. Ak soek net my kettie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.