Meer as R18 000 vir denim met grasvlekke

Die skouerbroek en denim wat Gucci verkoop

Die luukse handelsmerk Gucci laat wenkbroue lig met sy jongste produk – ʼn denim en ʼn skouerbroek wat “spesiaal behandel is” sodat dit lyk of dit ʼn grasvlek het.

Die denims was deel van die Italiaanse modehuis se Herfs/Winter 2020-versameling vir mans. Dit lyk of die denims ʼn grasvlek by die knieë opgedoen het.

Dit is egter die prys wat Twitter-gebruikers op hol het. Die denim jaag jou £600 (byna R13 000) uit die sak en die skouerbroek sal jou £850 (meer as R18 000) kos.

Volgens Gucci se webwerf word die broeke in Italië vervaardig en word beskryf as ʼn “ligte blou eko-gewaste organiese denim met ʼn vlek-effek”. Dit word vervaardig deur prosesse “wat biodiversiteit en ekostelsels respekteer”.

“Gucci is mal met dié grasgevlekte denims,” skryf een Twitter-gebruiker. “£600 wanneer ek dit gratis in my tuin kan doen?”

ʼn Ander gebruiker wonder: “Hoe ryk moet jy wees as jy iemand anders moet huur sodat dit lyk of jy buite was?”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kadotjie ·

Hoe belaglik gaan hulle nou nog word. Ek wil dit nie eers present hê nie. Dit lyk vuil en n mens gaan nie met vuil klere uit nie.

Frederik C ·

Dit lyk na ‘n soortgelyke kopie as ‘n buffel vir R 45miljoen.

Die Goodwoodianer ·

Om stukkende klere te koop (en nou vuil klere ook) is so… wel… so oppervlakkig soos die goud-en-diamant-gesigmasker. Daar’s nie woorde nie. Ook nie pille nie.

Mieke ·

Ag neewat… los maar daai lelike denim wat soos ou wasgoed lyk …. en mens weet nie eers hoe lank daardie denim sal hou nie!!!

Smurf ·

Ten minste sal ek in die mode wees as ek op n Saterdag na n tuin sessie net so vuil na die mall toe gaan. Ek dink dit gaan n sensesie veroorsaak veral so met die gras en die stof so in my hare…..

LiveAndLetLive ·

Ek het so paar in die garage in n baie ou tas op die rak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.