[Meeste gelees] Top10-vreemdhede vir 2015

Die besonderse foto wat Dwayne Schmidt geneem het Foto: Dwayne Schmidt Photography, Facebook

Die besonderse foto wat Dwayne Schmidt geneem het Foto: Dwayne Schmidt Photography, Facebook

Onthou jy nog die rok wat die internet gebreek het? Of die skattige foto’s van die volwasse broers wat foto’s uit hul kinderdae herskep het vir ʼn kalender vir hul ma? Talle stories het ook Maroela Media lesers laat gryp na die sneeusdoekies. Kyk hier na die toptien-vreemdhede wat in 2015 op Maroela Media verskyn het.

  1. Troufoto versprei soos ʼn veldbrand

ʼn Foto van ʼn Amerikaanse soldaat en sy bruid wat gou voor die diens bid, maar om die hoek van mekaar staan sodat hulle mekaar nie voor die seremonie moet sien nie, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

  1. ‘Die rok wat die internet gebreek het’

Sosiale media het behoorlik ontplof… en dit oor ʼn rok. Dit is die rok se kleur wat ʼn groot debat ontlok – met sommige mense wat meen die rok is blou en swart en ander sê die rok is beslis wit en goud.

  1. [Video] Van kurkdroog tot massa water

ʼn Video op Facebook wat wys hoe die Limpoporivier afkom, is baie gewild op sosiale media.

  1. Foto’s: ‘Ek wens my juffrou het geweet…”

ʼn Onderwyseres was nie voorbereid op die hartverskeurende briefies wat sy sou ontvang as kinders die sin “Ek wens my juffrou het geweet…” voltooi nie.

  1. Video: Jy sal nie glo hoe dié vrou ʼn TV steel nie

Kringtelevisiebeeldmateriaal van ʼn vrou wat ʼn platskermtelevisiestel steel, maak opslae op sosiale media.

  1. Dié ‘bedelaar’ laat Rosestad se motoriste twee keer kyk
    Ammiël Smith (23) het besluit om sy trouvrou op straat te gaan soek deur met ’n kartonbordjie by ʼn verkeerslig in Bloemfontein te gaan staan.
  1. Broers herskep kinderfoto’s vir maDrie volwasse broers het besluit om foto’s van hul kinderdae te herskep en vir hulle ma ʼn spesiale kalender daarvan te maak.
  1. Video: Net in Suid-Afrika!
    Beurtkrag en ʼn bakkuzzi en karwagte… daar is talle dinge wat Suid-Afrika uniek maak.
  1. Egpaar deel foto’s van doodgebore baba op sosiale media

“Op daardie oomblik het ek vasgevang gevoel asof die dak op my ineenstort. Ek kon nie asemhaal nie. Ek het uitgebars, ek het geskree, ek het goed gegooi, ek het opgegooi … en toe is ʼn deel van my saam met haar dood.”

  1. Ongewone verloofring maak wyd opslae

ʼn Amerikaanse vrou se ongewone verloofring wat sy Maandag op sosiale media gewys het, het sedertdien wyd opslae gemaak en internasionaal die media se aandag getrek.

Kyk wat is alles meeste gelees op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gerrie ·

Hierdie links werk nie een nie. Herstel asb sodat ek nostalgies kan raak!

Mariné Lourens ·

Dagsê Gerrie

Ons het al die skakels getoets en alles werk 100% aan ons kant. Probeer asseblief weer op die skakels klik. Indien dit steeds nie wil oopmaak nie, stuur asb. ‘n e-pos aan [email protected], dat ons web-span kan kyk hoe ons die probleem kan oplos.

Vriendelike groete
Mariné
nms Maroela Media

Gerrie ·

Hi
Om die waar heid is te sê, ek kry nie item “me este gelees in 2015 ” op die rekenaar nie. Maar die links werk definitief nie op die android foon nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Tony

Het jy die skakels op ‘n rekenaar probeer oopmaak? Alles werk 100% reg hier aan ons kant.
Of wou jy die skakel deur die app op jou foon oopmaak? Ek het twee ander navrae gekry van Android-gebruikers wat sukkel met die skakels, maar dit werk wel reg op die iPhone-app. Kan jy my dalk asseblief laat weet by [email protected]? Ons sal graag wil ondersoek instel. Die tegniese span is Maandag weer terug op hul pos.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Drinie

Kan jy dalk ook asseblief bevestig of jy die skakels op ‘n rekenaar probeer oopmaak het? Ek bevestig alles werk 100% reg hier aan ons kant.
Of wou jy die skakel deur die app op jou foon oopmaak? Ek het twee ander navrae gekry van Android-gebruikers wat sukkel met die skakels, maar dit werk wel reg op die iPhone-app. Kan jy my dalk asseblief laat weet by [email protected]? Ons sal graag wil ondersoek instel. Die tegniese span is Maandag weer terug op hul pos.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerrie, Tony en Drinie

Dit wil voorkom of dit spesifiek ‘n probleem is met die app op Android wat nie meer as vyf skakels per artikel wil hanteer nie. Daar is dus nie ‘n fout met die skakels nie, maar wel ‘n verstelling wat op die app gedoen moet word.

Besoek gerus die webwerf direk by http://maroelamedia.co.za om die skakels oop te maak.

Ons tegniese span stel verder ondersoek in.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.