Meeste gelees: Vreemd en fantasties

Skermskoot uit die video Foto: Albert Bredenhann, Pixel Pro Photography

Skermskoot uit Gerdi McKenna se video Foto: Albert Bredenhann, Pixel Pro Photography

Hierdie video’s was in 2014 die gewildste in die kategorie “vreemd en fantasties” op Maroela Media. Klik hier om alles te sien wat interessant was in 2014.

1. Video: Enigiets vir liefde
Gerdi McKenna van Pretoria se vriendinne het vir haar ‘n groot verrassing gereël nadat sy met borskanker gediagnoseer is.

2. Video: Nuwe Bell’s-advertensie laat kykers sprakeloos
‘n Bell’s-televisieadvertensie het kykers met hoendervleis gelaat en ʼn traan het al selfs oor ʼn hardebaard se wang gebiggel oor dié aangrypende verhaal.

3. Video: Groot ongeluk in die fliek!
Bemarkers krap gewoonlik kop oor hoe om hul boodskap tuis te bring, maar Volkswagen het dalk met dié skokkende advertensie die spyker op die kop geslaan.

4. Video: Groot verrassing vir paartjie ‘n internetsensasie
‘n Video van ‘n bruid en bruidegom wat tydens hul huwelikseremonie ‘n groot verrassing gekry het, is byna 40 miljoen keer op YouTube gekyk.

5. Video: Só groet pa sy dogtertjie as hy tuis kom
‘n Video van ‘n pa wat saam met sy dogtertjie dans nadat hy van die werk af tuis gekom het, word wyd op sosiale media versprei.

6. Video: Wat gebeur as jy Coke kook
Die Russiese YouTube-gebruiker, Taras Kulakov, wou weet wat is in ‘n botteltjie Coca-Cola, en het dit gekook.

7. Video: Die wêreld se ergste werk
Onbeperkte ure. Geen pouses of vakansie nie. ʼn Maatskappy het ʼn pos “uitgedink” en ʼn advertensie daarvoor gepubliseer. Daar is egter ʼn kinkel in die kabel.

8. Video: “Dis net meisies, meisies, meisies!”
ʼn Pa het sy seun en twee dogters afgeneem toe hy aan hulle bekend gemaak het dat ʼn babasussie op pad is. Die aankondiging het egter nie afgeloop soos die pa beplan het nie…

9. Video: As dit nie jou tyd is nie…
ʼn Video is op sosiale media vrygestel met verstommende beeldmateriaal oor mense wat noue ontkomings gehad het.

10. Video: Ongelooflike optiese illusie
Dit lyk aanvanklik soos ‘n eenvoudige wiel wat in ‘n sirkel draai, maar die video wys uiteindelik ‘n verstommende patroon wat jou mond sal laat oophang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.