Meisie weier om dié verloofring te dra

Argieffoto (Slegs ter illustrasie) (Foto: Mike Lukin/Pixabay)

ʼn Man word op sosiale media skerp veroordeel nadat hy sy meisie se oorlede ouma se trouring gebruik het om ʼn verloofring te laat maak – sonder om eers haar toestemming te kry.

Die man sê sy meisie, met wie hy al ongeveer drie jaar lank in ʼn verhouding is, is “dol oor juweliersware” so hy wou vir haar iets baie spesiaal kry voordat hy haar die jawoord vra.

Sy meisie se ouma is verlede jaar skielik oorlede en sy het haar ouma se trouring geërf, omdat sy die enigste kleinkind is.

“Sy en haar ouma was baie naby aan mekaar, so ek het haar ma gevra of sy dink dit sal ʼn goeie idee wees om een van die diamante in die ring te gebruik vir my meisie se verloofring,” het hy op Reddit verduidelik. “Sy het baie van die idee gehou, maar was onseker of my meisie daarvan sou hou. Sy het gesê ek moet dalk nog bietjie daaroor dink.”

Hy kon egter nêrens anders enigiets kry waarvan hy hou nie. “My meisie het nie haar ouma se ring gedra nie, omdat sy bang was sy verloor dit. Sy het dit net in ʼn boksie in ʼn laai gehou. Dit was dus maklik vir my om die ring sonder haar medewete te vat. Dit was uiteindelik ʼn pragtige ring en ek het gedink sy sal dol wees oor die sentimentele waarde daarvan.”

Toe die man sy meisie vra om met hom te trou, het sy dadelik “ja” gesê. Sy was baie bly, totdat sy die ring gesien het.

“Sy het gesê ek het die enigste betekenisvolle ding van haar ouma geruïneer en dit gevandaliseer en sê ek moes eers gevra het. Ek het by haar ma gaan aanklop vir ondersteuning, maar sy hou vol sy het my gewaarsku my meisie sal dalk nie van die idee hou nie.”

Die man wou by Reddit-gebruikers weet of dit reg was van sy meisie om die ring te verwerp en hy het hom baie kritiek op die hals gehaal.

“Jy was te suinig om jou eie ring te koop en nou wil jy dit laat blyk dat jy aanstoot neem omdat sy nie van jou poging gehou het nie,” het een gebruiker gesê. “Dís hoe jy te werk moes gaan: Jy vat die ring en kry die grootte diamante. Dan sit jy die erfstuk terug. Dan laat maak jy ʼn verloofring wat daardie grootte steen gebruik asook wat ook al jy wil byvoeg. Wanneer jy dit vir haar gee, dan kon jy vir haar gesê het julle kan die ouma se diamant byvoeg as sy dit wil doen, maar jy wou vir haar ʼn ring gegee het wat net van jou af kom.”

Wat dink jy?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

TRP ·

Genade, ek verstaan presies hoe sy voel, ek sou verseker ook so gevoel het, seer is my hart nou sommer vir haar.

Miets ·

As hy regtig goeie bedoelings gehad het, sou so iets my glad nie gepla het nie. Aan die ander kant is dit maar altyd beter om doodseker van iets te maak voordat mens act op iets.

Prontuit ·

ag nee regtig ek sou ge eerd gevoel het om my ouma se ring te dra en nog te meer omdat hy hom uniek gemaak het – niemand anders gaan so ring he nie – best of both worlds

Johan ·

Ja wees maar versigtig met dié tipe verrassings. Gewoonlik werk dit net in die movies. Moet ook nie jou meisie in die openbaar vra om te trou nie. Hou dit intiem en privaat.

Evelyn ·

Nee kyk hier boet. As jy my oorlede ouma se vlekkelose een karaat diamant uit haar 1940 trouring haal en in ‘n ander ring set, gaan jy om die wereld moet vlug om my te ontwyk.

JohanR ·

Jy het groot opgemors my ou! Koop vir haar ‘n Porsche 911 dan is alles weer reg.

Toy ·

Ek dink hy moes maar liewers ‘n ring vir haar laat maak het, maar nie met die ouma se diamant nie. Die ring van haar ouma kon sy self verander het soos sy daarvan sou hom om net as ‘n ander dra ring te en nie ‘n verloofring nie.

Petrus ·

Die punt is dis ‘n erfstuk en een van geweldige sentimentele waarde. Die idee op sigself is nie sleg nie, maar jy moes eers haar toestemming vra. Punt.

Windhond ·

Geen pille vir stupidgeit nie, dan is hy nog bombasties ook – neewat as ek daai meisiekind is jaag ek hom weg en kla hom aan vir saakbeskadiging, rooi liggies flikker al klaar hier

Sarel ·

Jy het die ” gefandalideer” en dit sy wasrde ontneem.
Nee Pal herstel die ring en vat die pad

donsie ·

My dogter het haar ouma se trou en verloofring aan haar vinger, sy baie trots daarop om haar ouma se ringe aan haar vinger te dra. gewaardeer vir astronomiese bedrag. Haar gevoel was dat hulle liewers meubels kan koop met die geld wat die verloofring sou kos. Haar troue was ook eenvoudig, net 20 pelle gehad wat gebraai het en bobs your uncle. Hulle het heelwat meubels gekoop met die geld wat hulle gespaar het vir die troue

Boekwurm ·

Die ondankbare meisie. Ag nee wat tjomma, dump haar en kry iemand anders

Niel ·

punt is: sy was baie erg oor daai ring van haar ouma. En dit was van die min wat sy na kon kyk en weet dis haar ouma se ring. Nou kom jy en “skend” daardie mooi herinninge. as jy rerig iets spesiaals wou gemaak het, moet jy eerder gekyk het vir ‘n tipe van ‘n tweeling ring wat sy kan dra of iets wat amper soortgelyks is.

Lize-marie ·

Sy het klaar die ring geerf so dit is reeds haar ring, nee ou dit werk nie so nie. So goed jy gee vir my n kar vir my verjaarsdag maar dit is reesds my kar ????. As daar ooit iets gebeur en die verlowing kom op n einde het die ring slegte memories wat eintlik net goed moes wees. Jy moet maar opdok en ñ ring gaan koop boet, dit werk ongelukkig in die “real world” nie so nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.