Meisies mag ook nou ‘Boy Scouts’ word

Boy Scouts en Cub Scouts (29 Mei 2017) Foto: Jake May/The Flint Journal – Mlive.com via AP

Ná ʼn eeulange tradisie het die Boy Scouts van Amerika vandeesweek aangekondig dat meisies ook van volgende jaar in dié program toegelaat sal word.

Die BSA het Woensdag in ʼn verklaring op sy webwerf gesê meisies kan van 2018 by die Cub Scouts-program aansluit. Die besluit word egter aan bestaande spanne oorgelaat om te besluit of hulle net seuns wil bly, of hulle seuns en dogters gaan toelaat en of hulle slegs meisies gaan toelaat. Kleiner Cub Scout-spanne, van slegs ses tot agt kinders, sal slegs óf seuns óf dogters toelaat.

“Hierdie unieke benadering laat die organisasie toe om die integriteit van die enkelgeslag-model te behou, terwyl die behoeftes van vandag se families ook aangespreek word,” het die BSA gesê.

Die BSA is een van die grootste jeugorganisasies in Amerika met meer as 2,4 miljoen deelnemers en nagenoeg 1 miljoen volwasse vrywilligers. Die organisasie is in 1910 gestig en meer as 110 miljoen Amerikaners het sedertdien aan dié program deelgeneem.

Die doel van die BSA is om die jeug op te lei in verantwoordelike burgerskap, karakterontwikkeling en selfstandigheid deur verskeie buitemuurse aktiwiteite, opleidingsprogramme en selfs loopbaangerigte programme in samewerking met gemeenskapsorganisasies. Die BSA wil geloofwaardigheid, goeie burgerskap en natuurlewe-vaardighede oordra.

Die besluit kom ná die organisasie al jare lank versoeke ontvang om meisies toe te laat.

Die Girl Scouts van Amerika het nog nie reageer ná die BSA se verklaring Woensdag gepubliseer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Eish ·

Begrip ontbreek by my oor die stap synde daar n soortgelyke instansie vir dogters bestaan wat ek seker is, aangepas is om pragtig by hul behoeftes aan te sluit. Die volgende wat by die BSA aangepas gaan word is die program en infrastruktuur, ten einde voorsiening te maak vir dogters se behoeftes. Of gaan hul dalk die Obama toilette gebruik?

Paul ·

Iets wat baie mense mis oor hierdie skuif, is dat dit tot ‘n groot mate gaan oor die gerief vir die ouers. Nou sal hulle net hul kinders na een plek toe hoef te karwei, in plaas van gedurig na twee verskillende plekke.
Vergelyk met die Voortrekkers in Suid-Afrika. Al jare seuns en meisies gemeng, en dit pla niemand nie en is meer gerieflik.

Boy van Mafikeng ·

Presies my sentiment

Waarom is nooit daarop aangedring dat seuns deel word van die Girl Scouts of Girl Guides of Brownies nie?

Omdat dit ‘n linkse feministiese anti-man veldtog is.

Ex-Scout/Padvinder Leier ·

Nou aangesien die “belange”van vroue ook nou voldoen is aan, kan die seuns dan van volgende jaar ook die “Girl Guides” by aansluit want dan is ons nou mos op gelyke voet. Cubs/Scouts het al jare lange interaksie met mekaar gehad so om nou almal in een groep te gooi gaan die verstand te bowe. Die kommetaar hierbo wat aandui dat ouers nou net na een plek moet ry is ‘n redelike selfsugtige gebaar want ‘n goeie ouer sal enige iets vir sy kinders doen. Ek stel voor daardie ouers bly sommer by die huis want dan hoef hulle glad nie te ry nie.
Doen uself die guns en gaan lees waar het die Boy Scouts begin, U sal redelik verras wees veral op eie bodem. Voortrekkers was ongelukkig nie naby ons nie maar wel die Padvinders/Scouts heens die aansluiting daaraan. Tot vandag toe gebruik ek die tegnieke wat ons daar geleer het.

Paul ·

Die afstande in die VSA, en die verkeer, is nie sommer hierjy nie.

Ek weet waar het die Scouts begin. Die “Boys Brigade” van Smith, die “Woodcraft Indians” van Seton en die “Sons of Dan’l Boone” van Beard. Dis by hulle, en by die Amerikaner FR Burnham wat Baden-Powell die idee gekry het. Die Suid-Afrikaanse konneksie is vanuit die Beleg van Mafeking waar Baden-Powell ook vasgekeer was en hy ‘n groep jong seuns opgekommandeer het om boodskappe te herlei.

Die Scouting organisasies in die VK, Australië, meeste van Europa, ensovoorts is al dekades lank seuns en meisies saam. Uit die 155 verskillende lande wat Scouting organisasies het, laat minstens 129 van hulle reeds vir meer as ‘n dekade lank beide seuns en meisies toe.

Storm in ‘n teekoppie.

Paul ·

Scouts Australia is wel oop vir meisies, Tom. Dit kom direk van hul eie webwerf af. Dis al sedert 1971 die geval.

Theresa ·

Stupid om meisies by “boys scouts”en andersom toe te laat. Verander dan die naam? ‘n Meisiesskool gaan tog (hopelik) nie skielik seuns toelaat om te registreer nie.

Nee wat, simpel.

Tom ·

Dit gaan baie meer oor die uitwissing van geslagsonderskeid as enigiets anders. Gaan lees gerus wat met die Safe Schools program in Australie aan die gang is. Jy wil liefs nie jou kind in ‘n sg. Safe School hê nie.

JC ·

Een van die dae is gender- verwarde kinders ook meer as welkom/s.

Pieter ·

Gaan seuns nou by die Girl Scouts kan aansluit. Meisies is baie nuuskierig en sal enige iets doen om te sien wat die seuns aanvang.Dink maar terug aan jare gelede se bendes wat seuns gehad het. Naskool by hulle geheime den huis bymekaar gekom en seunsdinge gedoen. Daar was altyd n meisie of 2 wat met alle mag en geweld wou uitvind wat hulle doen. O en dan het die meisies nog geklik ook. Die arme seuns kon nie eers in hulle onnies swem in die gwarriegat.
Die Boys Scouts kampe is nou gedoen tot haardroeers, stilleerkammer, grimering en meisie onderklere. Die seun kan nou nie meer eers bungeloo to glip sonder n handoek na n stort. Meisie oe orals

Trots Afrikaans ·

So, wat van net Scouts? ….. duh

Die Voorstekkers is ook verdeel tussen seuns en dogters op spesifieke stadiums van groei.

Ontdekkers is saam (Voorskool)
Penkoppe (Seuns) en Drawwertjies (Dogters) is apart (Laerskool)
Verkenners is saam (Hoërskool)
Staatmakers is saam (Na Skool)

Boerseun ·

As ek jonk was sou ek aandring om by die Girl Scouts aan te sluit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.