Mens is nooit te oud vir liefde nie!

John en Phyllis Cook (Foto: Skermgreep uit die video)

John Cook (100) en sy nooi, die 102-jarige Phyllis, van Kensington Residence in Sylvania, Ohio, het mekaar onlangs ewige trou beloof.

John en Phyllis was ʼn jaar lank nooi en kêrel en hulle is ʼn bewys dat mens nooit te oud is vir liefde nie! Hulle het verlief geraak toe hulle besef het hulle het dieselfde belangstellings en geniet dit om tyd saam met mekaar te spandeer.

Die onthaal is sommer in die tehuis vir verswakte bejaardes gehou ná hul huweliksbevestiging.

Hulle eet graag saam en sit graag saam in die son. Hulle beplan egter om albei hul woonstelle te behou, omdat hulle weet hoe belangrik “persoonlike ruimte” is.

John is ʼn veteraan van die Tweede Wêreldoorlog. Phyllis, oorspronklik van Wes-Virginia, vier haar 103e verjaarsdag op 8 Augustus. As ʼn stoere Christenvrou, het Phyllis daarop aangedring dat hulle trou, al weet hulle dit sal vir sommige mense “verregaande” klink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Ek respekteer hul standpunt. Almal weet op daardie ouderdom gaan dit om kameraadskap en vriendskap. Hulle stel ‘n mooi voorbeeld.

Oujongvrou ·

Ag hulle is te dierbaar. En sy maak haarself nog mooi. Dis fantasties!!!niks vaal vis aan haar nie

Molly ·

So n spesiale iemand doen wondere vir die bejaardes se gemoed en daaglikse bestaan. Ek wens al die kinders van die bejaardes in die tehuise wil dit besef en nie hulle ouers “verbied” om spesiale vriende te he nie. Ek kies 100x eerder dat my 82jarige moeder n “boyfriend” in die tehuis het as wat sy eensaam is. Ons kinders kan haar nie elke dag van die week besoek nie. Geniet dit ouma!!!

Lou ·

Ag tog hoekom wil hulle trou om saam in die son te sit. Wees net goeie pelle en geniet die bietjie van julle lewe wat nog oor is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.