Mense met honde leef glo langer

Argieffoto (Foto: aganyga, Pixabay)

Jou beste (vierpotige) vriend kan jou dalk help om langer te leef!

Wetenskaplikes in Swede het oor 12 jaar navorsing gedoen oor meer as 3,4 miljoen inwoners wat nie enige hartsiektes onder lede het nie. Van die persone het honde as troeteldiere gehad.

Uit die getal sterftes oor die 12 jaar, het die wetenskaplikes die risiko van afsterwe vir dié persone bereken (relevante faktore soos ouderdom en geslag is ook in gedagte gehou).

Persone met honde as troeteldiere het ʼn 20% laer risiko gehad om te sterf as persone sonder enige hondetroeteldiere. Die voordele geld veral vir persone wat alleen bly: hulle het ʼn 33% laer kans gehad op afsterwe, en 8% laer vir hartsiektes soos beroerte of hartversaking.

Navorsing wys dat persone, wat met troeteldiere saamleef, sekere gesondheidsvoordele geniet: mense met honde is byvoorbeeld gewoonlik fisies meer aktief en het laer bloeddruk.

ʼn Studie in Scientific Reports wys ook dat troeteldiere ʼn teenvoeter is vir persone wat eensaam is en moedig persone aan om gesonder te leef.

Lees ook: AJPH, PubMed,

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marius ·

Interresant genoeg het n soortgelyke studied bevind dat dieselfde verlengde lewe ook bemerk is by honde wat mense het… Gedoriewaar!

Piet Pompies ·

Ons kinders is al groot en uit die huis en ons het twee Pincher mens honde. Ons is baie lief vir die honde en hulle het goeie maniere. Kuier in die huis en slaap buite in hul hokkies, as dit laat word in die aande dan sê ek net “slapenstyd” dan staan die twee honde op en stap uit na hul hokkies toe. Ek dink die interaksie en stimulasie tussen mens en hond dra by tot die langer lewe.

Gina ·

My worskind is voorwaar ‘n groot ligpunt in my lewe. Die vreugde en geesdrif waarmee sy elke nuwe dag aanpak is so aansteeklik. Ek hoop van harte ek en sy leef sommer albei langer bloot net van die liefde wat ons deel.

honourable member ·

Diere gee nie stres nie mense doen. Dis sooo lekker om by die huis te kom na werk en my honde kind wag vir my by die hek. Mens vergeet sommer van jou moeilike dag.

Naz ·

Reken dit sit jou vrou saam met jou hond in jou kar se bagasiebak ry vir n uur rond stop maak die bagasiebak oop sien jou vrou se reaksie dan kyk na jou hond se reaksie…wat meer is daar om te se. Die beste tyd ooit in my lewe was saam my vier voet vriend liefde , respek en vertroue alles was daar vandag het ek 15 groot vier voet vriend wat my alles is sonder stress. Natuurlik leef mens langer want elke dag verseker hulle n glimlag en so veel liefde………

susan ·

Naz, ek is ‘n vrou maar ek is mal oor jou kommentaar en weet jy …… ek stem saam met jou!!!

JMC ·

Nee hulle doen nie. Navorsing het bevind katte is klein vroutjies in pelsjasse wat jou uitstres met hulle halstarrigheid.

Meraai ·

My honde is naas my man my ligpunt in die aand as ek tuis kom. Ek het nog nooit ‘n 8weke klein ding so bly gesien om sy ounooi tuis te he nie.

Eish ·

Hoekom? Het jy hom beter afgerig?
Die artikel sê baie spesifiek dat die voordele VERAL geld vir persone wat ALLEEN bly. Jy kan nie botter albei kante van jou brood smeer en verwag jou hande moet skoon bly nie. Jou opmerking druis in teen die bevindings van n baie groot en wetenskaplike navorsingsprojek.

Lizelda ·

Al wat ek weet is my diere laat my altyd geliefd en gewaardeerd voel. Na n moeilike dag sodra Hulle stert swaar of maau is my blood drug terug na normaal.

Eish ·

Die artikel sê dat die voordele veral geld vir persone wat alleen bly. Die afleiding is dus geregverdig dat n getroude of saamblyery NIE die voordele geniet nie. Heeltemal te verstane.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.