Sosialemediagebruikers oor die hele wêreld het die feestyd afgeskop met ʼn nuwe internet-uitdaging wat gegrond is op die Elf on the Shelf-kinderboek.
Dié boek vertel die verhaal van hoe Kersvader se klein helpers bedags kinders dophou, net om later terug te keer na die Noordpool om aan Kersvader te meld of hulle wel soet of stout was.
Sosialemediagebruikers het die Elf on the Shelf-konsep egter ingespan om lagwekkende memes te maak, en niemand is veilig nie, nie eens die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, nie.
Yaaseen Barnes, bekroonde Suid-Afrikaanse komediant, het ʼn foto van Ramaphosa wat op ʼn eekhoring sit op Twitter gedeel.
“Jy weet van Elf on the Shelf, maar weet jy van:”
You know Elf on the Shelf, but do you know pic.twitter.com/jfJeN3iTfV
— Yaaseen Barnes (@Ya_a_seen_Him) December 17, 2020
Suid-Afrikaners was gaande oor die lagwekkende twiet en party gebruikers moes net die grap met almal deel.
“Dis Cyril on a squirrel,” lag een gebruiker.
Die twiet is intussen meer as 500 keer gedeel en byna 3 000 mense hou daarvan.
Bekendes in Amerika wil ook die pret deel en het mekaar uitgedaag om hulle eie Elf on the Shelfs te maak.
“Haai @elizabethbanks! Ek sien jou Hanks-on-Banks en gee jou ʼn Grease-on-Reese,” het Reese Witherspoon op Instagram geskryf. – ANA
- Hanks-on-Banks. (Foto: Reese Witherspoon/Instagram)
- Grease-on-Reese. (Foto: Reese Witherspoon/Instagram)