Mense wil nie ʼn werklike ‘Jurassic Park’ hê nie

(Grafika: ELG21/Pixabay)

As jy al ooit gedroom het oor ʼn wêreld waar ʼn tirannosourus weer op die Aarde rondloop, is jy deel van ʼn klein minderheid.

YouGov het onlangs ʼn opname onder 2 000 volwassenes in die VSA gedoen oor hoe hulle voel om bedreigde spesies te help of om uitgestorwe spesies terug te bring. Die meerderheid het egter bevestig dat hulle nie ten gunste daarvan is om ons planeet met dinosourusse te deel nie.

Uit die peiling is daar bepaal dat:

  • Amerikaners graag bedreigde dierespesies wil help en verhoed dat hulle uitsterf. Sowat 74% het gesê hulle stem gedeeltelik of ten volle saam dat wetenskaplikes alles in hul vermoë moet aanwend om die diere te red.
  • Om uitgestorwe diere deur genetika terug te bring, was slegs 32% van Amerikaners ten gunste van die idee. Mans het meer van die idee gehou as vroue (37% teenoor 27%).
  • Oor dinosourusse was slegs 10% wat aan die peiling deelgeneem het, opgewonde om ʼn tirannosourus in lewende lywe te sien. Daar was effense hoër getalle vir die pterodaktiel (11%) en trikeratops (12%).
  • Ander uitgestorwe diere het hoër persentasies gehad: 50% is ten gunste daarvan om die reuseskilpad terug te bring; 44% elk vir die trekduif en noordelike witrenoster; 39% vir die dodo; en 37% vir die Karibiese monniksrob.
  • Meeste mense sê hulle wil nie dinosourusse terugbring nie, omdat hulle dink hulle is reeds hier. Volgens ʼn onverwante OnePoll-opname wat verlede jaar vrygestel is, is 46% van die 2 000 Amerikaners wat aan die peiling deelgeneem het, oortuig dat dinosourusse steeds in afgeleë dele van die planeet bestaan, en 22% dink dit is ʼn moontlikheid, aldus FOX 29.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
JohanR

Daar was ‘n rede dat ‘n hengse groot meteoor geval het en die dinosourusse uit gewis het. Die Here weet wat hy doen in dat die mens nie op die aarde kon lewe saam met die dinosourusse . Maar net een lelike ding het oorgebly na die meteoor en dit is die lelike krokodil!