‘Menslike oorskot’ toe eintlik ʼn aartappel

(Foto: Northumbrië Polisie/Facebook)

ʼn Vrou in die noordooste van Engeland het ʼn grootskaalse polisiesoektog veroorsaak nadat sy glo menslike oorskort in ʼn modderige veld gevind het.

Dié oorskot was egter veel meer onskuldig.

Spesialisspanne en snuffelhonde is na die veld in Gateshead toe gestuur nadat die vrou ʼn foto van die beweerde menslike oorskot vir beamptes gestuur het, sê die polisie in Northumbrië.

Die foto wys iets wat lyk soos ʼn toon wat uit die grond uitsteek.

“Uiteindelik het ons by die ‘toneel’ aangekom, net om te ontdek dat die toon eintlik ʼn aartappel is met ʼn sampioen wat langsaan groei,” het ʼn polisiewoordvoerder gesê.

Beamptes het glo lekker gelag oor die voorval, maar die vrou se paraatheid geloof.

“Ons kan net die waaksaamheid van die vrou wat die oproep gemaak het prys en as iemand vermoed dat daar menslike oorskot in die omgewing is, moet hulle die polisie in kennis stel.

“As dit uiteindelik net groente is, sal die polisiehonde jou ook hartlik bedank vir die bederf.” – AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.