Merkwaardige foto van arend het internet gaande

Foto: Steve Biro

ʼn Fotograaf se unieke foto van ʼn Amerikaanse Bald Eagle oor ʼn meer word wêreldwyd geloof vir die perfekte simmetrie daarvan.

Die Kanadese fotograaf Steve Biro se foto van die arend, met sy vlerke gesprei en ʼn weerkaatsing daarvan in die water, word wyd op sosiale media gedeel.

Biro het die foto op 4 Mei by die Canadian Raptor Conservancy in Vittoria geneem. Hy is al 10 jaar lank ʼn amateur-fotograaf en het die skoot in gedagte gehad toe hy die oggend die reservaat besoek het. “Daar was vantevore baie rimpels op die water en ek kon nie die perfekte skoot kry nie,” het hy aan CBC News gesê. “Hierdie keer het ek reg by die water gaan sit. Ek het ʼn klip by die water se rand neergesit en gewag.”

Duisende persone het op Facebook en Instagram op die “like”-knoppie gedruk en dit is selfs op sosialemediaplatforms soos Reddit gedeel.

Biro het op sy Facebook-blad gesê hy is verstom oor die terugvoer wat hy met dié foto gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maria ·

wow! perfek! kyk vlerk raak net net op die water ongelooflik

Patch ·

WOW! WOW! WOW! Ek het al baie mooi fotos van visarende gesien maar hierdie een is die beste ooit. Die fotograaf verdien ‘n toekenning!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.