Messi se gebruikte sneesdoekie te koop vir $1 miljoen

‘n Emosionele Lionel Messi het Sondag op ‘n mediakonferensie bevestig dat hy FC Barcelona gaan verlaat. (Foto: Facebook)

Die Argentynse sokkerster Lionel Messi (34) het die sokkerwêreld geskok tot hy Barcelona vaarwel toegewens het.

Maroela Media het vroeër berig dit was ʼn emosionele perskonferensie en Messi het gesukkel om die trane terug te hou. Messi sluit ʼn kontrak van twee jaar met Paris Saint-Germain (PSG) in Frankryk nadat hy aangekondig het dat hy FC Barcelona gaan verlaat. Dit kom nadat Barcelona aangedui het hy kon weens “geldelike en strukturele uitdagings” nie Messi se kontrak vir nog vyf jaar verleng nie.

Die sneesdoekie wat Messi tydens dié perskonferensie gebruik het, kom nou onder die hamer op ʼn webwerf genaamd Meikeduo. Dit word vir $1 miljoen (sowat R15,38 miljoen) aangebied.

ʼn Anonieme persoon het die sneesdoekie uit die asblik gehaal, berig Gulf Today. Die persoon het daarna advertensies op gewilde webwerwe geplaas en dié verstommende prys aangekondig.

Messi was 21 jaar lank by FC Barcelona. Toe hy tydens die perskonferensie op 8 Augustus trane in sy oë gekry het, het sy vrou Antonella Rocuzzo die sneesdoekie vir hom gegee om sy trane af te droog. Die sokkerster sou waarskynlik nie kon raai watter storm die sneesdoekie sou ontketen nie.

Die advertensie is steeds op die internasionale afslaers se webwerf en die sneesdoekie is nog nie verkoop nie, aldus Sport Bible. Volgens die beskrywing vir die veiling bevat dié “kosbare” Messi-verbruiksartikel sy genetiese materiaal. Voornemende kopers sal dus in ruil vir hul geld sy gene ontvang en kan moontlik nog ʼn sokkerster “kloon”.

Messi se nuwe ooreenkoms met PSG behels glo ʼn bedrag van £25 miljoen (sowat R512 miljoen), waaronder bonusse, per jaar en kan verleng word vir ʼn derde jaar. Hy sal ook ʼn ondertekeningsfooi van £25 miljoen ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

piet ·

Die ergste wat ek ooit gehoor het, was die ou wat vir Agnetha (van ABBA) ge”stalk” het. Die ou het haar ontlasting uit die rioolstelsel uitgehaal. Erg……

Sandra ·

Wel dis ‘n slim idee, as jy die ding verkoop kan kry. Want deesdae sal ryk mense enigiets koop. Hy sal ‘n domoor kry wat te veel geld het, wat die snesie sal koop. Ek hoop dis net trane op die ding ; – 0

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.